|
DIE varkie braai op die spit, die brode is in die oond en die tafel kreun onder die geregte vir die feesmaal.
En nie sommer so 'n maaltyd nie. Dis 'n ware Middeleeuse banket, nie uit die vergange eeue in Europa nie, maar verlede week op die plaas Uitkyk buite Wellington.
Die gasvrou van die aand was Wellington se koskunstenaar Jeanette du Plessis en haar gaste die hele breër Du Plessis familie.
Pa Niel het besluit hy wil darem nie so ver in die geskiedenis teruggaan nie, toe daag hy as Napoleon daar op, met sy Josephine aan die arm.
Broers en swaers en kêrels moes as ridders diens doen terwyl susters, niggies en skoonsusters in die rol van hofdames gepryk het.
Die Wellingtonse hitte het gebrand, en die gaste het gesweet in die geleende vere, soveel te meer onder die hete ligte van 'n kameraspan.
Die feesmaal was immers voorberei op versoek van die televisieprogram Top Billing.
Die kameramanne het gesukkel in die hitte, maar die aansit om die welig gedekte tafel ná die opname, het al die harde werk die moeite werd gemaak.
Die opname word aan die einde van die maand uitgesaai om die Nuwejaar te vier.
* A medieval New Year's party held in Wellington recently, will be highlighted on TV. |