safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 19 December 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 16 January 2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Nuus - News


Goot opkoms by Liggiefees

[ Top ]


wlights51MEER mense as ooit tevore het Donderdagaand saamgedrom in Lady Greystraat, Paarl, vir die aanskakel van die Kersliggies deur burgemeester Herman Bailey.

'n Geskatte 15 000 mense het saamgedrom in die middedorp en op Patriotplein, waar 'n pretpark die jongspan laat gil het van plesier en opwinding. Die groot aantal stalletjies het fluks sake gedoen.

Vrydagaand, met die bekende sanger/komediant Alvin Bruinders as ster

van die optredes, was daar weer 'n samedromming van sowat 13 000 mense.

Saterdagaand was daar effe minder mense, maar sowat 10 000 feesgangers

SKARE. Die Paarlse middedorp was in rep en roer met die aanskakeling van die Kersliggies met meer as 10 000 besoekers elke aand. Foto: Leon Steenkamp

het nogtans opgedaag vir die aand se gratis vermaak.

Hoewel Kinders van die Ses op die nippertjie gekanselleer het, was daar hope jong sangers en dansers op die verhoog te sien en mense kon hulle verkyk aan die talentvolles.

Ten spyte van die reuseskare was die gedrag in die algemeen goed, met streng sekuriteit.

Enkele mense is gearresteer vir drank en dwelms. Twee winkels se ruite is ook beskadig tydens onderonsies.

'n Jong man, Shahid Marinus (20) van Lansdowne, wat Saterdagaand voor die verhoog ineengestort het, is deur noodhulpwerkers behandel en na die hospitaal geneem deur die ambulansdiens. Hy is gister ontslaan.

* More than 35 000 people celebrated the Paarl Christmas Light Festival last week.


Paarl Mall still waits for off-ramp approval

[ Top ]


ALTHOUGH the proposed N1 off-ramp at Cecelia Street giving access to the proposed Paarl Mall has received the nod from the SA National Roads Agency Ltd (Sanral), the provincial roads authorities are opposed to the closure of the Main Street on-ramp to Worcester.

The developers of the mall to be constructed on the old Langeberg site in Cecelia Street, have applied for permission to construct the off-ramp at their own cost.

This would have entailed closure of the Worcester on-ramp at Main Street as it is closer than 1300 metres to the proposed off-ramp.

A number of objections were received to this proposal and the provincial roads authorities have declined to approve the closure of the on-ramp.

This meant that there could be no direct access to the proposed Paarl Mall from the N1, although the mall itself had already been approved by the Drakenstein town council.

Now the developers have proposed that the on-ramp from Main Street towards Worcester be replaced by a loop ramp on the Cape Town side of Main Street, which will mean that the distance from the Cecelia Street off-ramp is increased by 200 metres to about 900 metres.

This distance is considered adequate to allow the northbound traffic to merge before the next off-ramp at Cecelia Street.

The change will entail the widening of the bridge over Main Street at considerable cost to the developer.

Province has not yet indicated whether this change would be acceptable.

The shopping centre of about 35 000 square metres including six cinemas, is planned on 15 hectares near Paarl railway station, at a total cost of R220 million.

A number of major national retailers have expressed interest in becoming anchor tenants in the mall.

Municipal officials hope that an off-ramp at Cecelia Street will provide a new access route to the Paarl CBD, relieving the heavy traffic on the southern section of Main Street.


Occupiers now legal

Susan Botha

[ Top ]


MOST of the so-called "Borners" occupying 181 houses in Edube, Mbekweni, will probably stay on as legal homeowners.

In a dramatic turnabout last week, the Drakenstein Municipal Council accepted a recommendation from the ANC/NNP coalition that the houses be transferred to qualifying occupiers.

Previously, the council had taken legal steps against the occupiers and attempted to eject them from the houses by force.

The national housing policy criteria for qualification will now be applied and the housing ministry will be informed of the decision to grant the houses to the occupiers.

Council also agree that the occupiers be informed of the decision and that they had to sign an agreement prior to the execution of this decision.

All Council's policies applicable to service users and ratepayers will apply to the new homeowners and strictly enforced.

It was also decided to urgently review Council's housing allocation policy.

Several representatives from Edube attended the meeting and there was joy and embraces between them and Councillors at the conclusion of this issue, which has dragged on since March 2000.

The 181 houses were originally constructed as part of the hostels upgrading programme. The hostels were originally erected to house imported labourers from Transkei in single sex accommodation.

The Council decided to redevelop the hostels into family units. In the case of B and C hostels in Mbekweni, a subsidy was granted to establish 344 housing units.

This entailed the upgrading and subdivision of the existing 128 hostels into family units as well as the provision of 216 new houses to accommodate the overflow of hostel dwellers.

The first 181 houses had just been completed when, in March 2000, the houses were illegally occupied by the so-called "Borners", who alleged that hostel dwellers were receiving preferential treatment as far as the allocation of houses was concerned.

They argued that people born in Mbekweni were entitled to the houses, while the hostel dwellers were regarded as "Incomers".

Various negotiations came to nothing and in August 2001 the Paarl town council obtained a court order for their eviction. In November last year they were evicted under police surveillance.

However, two days later, as soon as the police had withdrawn, they evicted the beneficiaries and re-occupied the houses.

This exercise was a costly one to Council, running to more than one million rand. Since then negotiations to move the occupiers had failed.

The "Borners" demanded that all houses be transferred to them, but agreed to the appointment of a facilitator after pressure from the provincial housing department which had funded the houses.

The occupiers continued to act militantly, burning tyres and damaging municipal buildings, demanding that the services to the houses be connected. On several occasions Councillor's houses had to be guarded by police.

The Edube residents indicated that they did not want a facilitator and it was agreed that Council would take a final decision on their future.

Minutes after starting the meeting, Councillor Titus Williams (NNP) requested a recess for the ANC/NNP coalition to discuss the matter.

On their return after half an hour, deputy mayor Anthea Sheldon (ANC) made the surprise recommendations.

The DA did not vote on the issue and warned that it was not in accordance with the court verdict that the houses had been illegally occupied.

In a report before Council, officials of the municipal housing department warned that if all or some of the houses were given to the "Borners", all future housing projects would be in jeopardy.

There was no discussion on the future of the hostel upgrading.


Motor boer op wapad

Malané Bosman

[ Top ]


DIE derde keer kon die ou karretjie nie uit motordiewe se hande teruggebid word nie - nog nie.

Maar Wellington prokureur Deon van der Spuy sal nie sommer ophou glo aan die wonderwerk dat hy sy Corollatjie weer sal sien nie.

Hy het die motor splinternuut aangeskaf in 1984, en is sommer erg geheg aan die getroue blou karretjie.

Vyf jaar gelede het Van der Spuy in Johannesburg gewoon toe die einste blou Toyota die eerste keer gesteel is.

Hy en sy vrou was by 'n samekoms van 'n selgroep van hul kerk. Toe hulle later die aand buite kom, was daar van die karretjie geen teken nie.

"Maar ons het hom teruggebid," vertel hy.

"Ons het almal gesoek en sowaar, daar staan die ou karretjie, 'n straatblok verder, op die sypaadjie. Die diewe kon hom nie aan die gang kry nie."

Een jaar en tien maande gelede was dit weer so.

Die prokureur het van die werk af gekom en het sy aldag-se-rondry-motor onder 'n afdak by die Van der Spuys se woning in Jordaanstraat gelaat.

"Half ses het ek gewaar die kar is weg. Ses-uur het ek dit by die polisie aangemeld. Toe is ek maar huis toe waar ek en die vrou en die kinders weer gebid het.

"Sewe-uur het 'n polisieman uit Khayelitsha gebel. 'n Vrou het daar 'n vreemde motor sien staan in Site C en toe die Misdaadnommer geskakel.

"Die diefstal was al op die polisieradio uitgesaai en toe sê die man in die beheerkamer, my genade, dis mos die motor wat nou net op Wellington gesteel is."

Die volgende oggend om 11:00 is Van der Spuy en insp Francois Manus van Wellington na Khayelitsha en siedaar, die blou Corollatjie is weer veilig in sy baas se hande.

Byna twee jaar lank is die motor met rus gelaat om elke dag getrou tussen die howe en die huis te loop. Tot Maandag verlede week. Toe kom Van der Spuy laatmiddag tuis en laat die motor in die oprit.

"My skoonma se motor was in die motorhuis getrek en toe los ek myne buite. En daar vergeet ek toe om die 'rotor' uit te haal, iets wat ek altyd doen sodat hy nie weggery kan word nie.

"Die volgende oggend was hy skoonveld - tot nou toe. Nou hoop en bid ons maar weer."

* A Wellington man has lost his car to thieves for the third time.


Kinders mors by museum

[ Top ]


VAN satanistiese tekens en woorde op die mure tot gebreekte bottels en gebruikte kondome - dit is waarmee die personeel van die Paarl Museum daagliks gekonfronteer word.

In die jongste voorval is die sonwyser voor die gebou onherstelbaar beskadig en die tydmeganisme van die besproeiingstelsel is ook losgeruk.

"Ons weet nie meer watter kant toe nie," sê Jaline de Villiers, kurator.

"Die meeste van die oortreders is skoolkinders, ons vang hulle soms in hulle skooldrag dat hulle hier sit en rook."

Die oortredings word veral oor naweke en snags gepleeg en hieroor is hulle baie bekommerd (sien brieweblad).

"Ek dink nie die jongmense besef hoe gevaarlik dit snags hier is nie. Heelparty huislose mense slaap in die omgewing en daar word gereeld bewerings van drank- en dwelmsmokkelary gemaak.

"Mense in die omgewing kan ook getuig dat daar dikwels in die nag skote gehoor word.

"Ek hoop ouers neem kennis van hierdie gevare en waarsku hul kinders voordat iemand seerkry."

* Young vandals are making a mess of the Paarl Museum premises.


Min petrol, duur vrag skape

[ Top ]


'n BOER wat in Paardeberg gestop het om twee mans met 'n onklaar motor te help, het Donderdag verlede week 'n onverwagse fonds gemaak.

In die kattebak van die Ford Escort met die Ceres registrasienommer was vier lewendige SA Vleismerino skape.

Dieselfde tyd dat die behulpsame boer by die motor gestop het, het die polisie  'n man met 'n leë petrolkan langs die pad gesien.

Die twee by die motor is in hegtenis geneem, maar van die derde was daar geen spoor meer nie.

Joseph Joji en Chester Morto is van veediefstal aangekla en aangehou.

'n Veeboer van Malmesbury versorg nou die tweetand-ooi en die drie volbek-skape terwyl insp Cassie Carstens van die Paarl oral na die regmatige baas van die skape soek.

Die linker-oorpunt van die skape is stomp en twee het geel en groen plaatjies, waarvan die nommers afgeskuur is, in een oor.

Skakel insp Carstens by 807-4000.


Chicago staan op teen geweld

Megan Rossouw

[ Top ]


WOEDENDE inwoners van die Chicago-woonbuurt in Paarl-Oos het verlede week betoog nadat 'n inwoner,  Lizzie Scholtz (40), in kruisvuur tussen bendelede doodgeskiet is by Springbokwoonstelle.

'n Agttienjarige buurtwaglid, Rodley Rippenaar, is in die rug getref terwyl hy in Klipbokstraat gestap het.

Dit was klaarblyklik die laaste strooi, en die gemeenskap van Chicago het besluit om iets aan die saak te doen. 'n Optog teen geweld is Woensdag gehou om aan te dring op optrede deur die polisie om geweld tussen bendes te stop.

Die vasberade inwoners het hul optog gehou, ten spyte van die polisie se teenstand omdat daar nie aansoek gedoen is vir die optog nie.

Tydens die optog het die ontstoke inwoners hul woede weerspieël met plakkate soos "Genoeg is genoeg!", "Ons is nie meer veilig in ons eie huise nie!" en "Onskuldige mense sterf as gevolg van geweld."

Hulle kla dat bendelede van so jonk as agt jaar die hele gemeenskap, oud en jonk, vreesbevange laat oor wie die volgende slagoffer sal wees.

Dis juis waarom die kindertjies nie meer so gretig is om by die parkie in Vredespark te speel nie, uit vrees vir die bendes wat hulle van die swaaie afgooi, seermaak of dreig indien die seuns nie aan die bendes wil behoort nie.

Baie ouers vrees die invloed van bendes op hul kinders se toekoms.

Nogtans het 'n knapie trots bevestig: "Ek sal nooit 'n gangster word nie, ek gaan 'n pastoor word."

Vreesbevange inwoners van Chicago kan net hoop op uitkoms.

Soos een inwoner, Moira Adonis, egter wanhopig sê: "Ek gee dit net aan die Here."

Volgens haar sal optogte nie die bendes se gesindheid teenoor ander mense verander nie. Die ouers moet hulself bekeer sodat hulle hul kinders kan aanmoedig om die regte pad te volg.

* Residents of Paarl's gang-ridden Chicago neighbourhood protested the death and maiming of the innocent caught in the cross-fire.


Misdaad-nagmerrie knou woonbuurte

[ Top ]


GEEN borg vir booswigte en volgehoue samewerking van die gemeenskap is al wat die misdaad-nagmerrie in die Chicago woongebied sal hokslaan.

So meen geregsdienaars wat hul hande vol het met bendes en drankmisbruikers, en dringend na ooggetuies van voorverlede naweek se vlaag moorde en pogings tot moord soek.

Lizzie Scholz (40) van Springbokwoonstelle is Sondagaand verlede naweek in die maag gewond nadat sy in kruisvuur beland het. Sy is twee dae later in die hospitaal oorlede.

* Daardie Saterdagnag is Shaun Farao (16) van Kuduwoonstelle met 'n mes doodgesteek in Steenbokstraat. Sy vermeende moordenaar, 'n 17-jarige, word deur insp Graham Adams gesoek.

* Daar is gepoog om in Blesbokstraat, Chicago, op die 19-jarige Daniel Kitt te skiet. Ene Ysters en Enrico, ook van dié omgewing, kan help met die ondersoek.

* Daar is op Elmarco Harris (16) geskiet op die oop land aan Steenbokstraat, Chicago, om 11:45 Sondagoggend verlede naweek.

Lantana

* In die Lantana woongebied is 'n vrou, Yolanda (Bobby) Solomons van Poinsettiastraat oorlede met meswonde in die kop en nek. Die verdagte in die moord is Jolene (Joster) Agulhas van Plumbagostraat.

Daar word ondersoek ingestel na 'n liefdesdriehoek, met ene Annie wat by die oorledene gewoon het, ook betrokke. Die vroue is almal in hul dertigerjare.

* Elroy Filander (22) van Plumbagostraat is Saterdagaand dood nadat hy by 'n woning ingestap het.

Hy is in die daaropvolgende bakleiery met 'n mes doodgesteek. Een van die huisbewoners (39) is van moord aangekla.

* Curwil Conradie (15) van Bauheniawoonstelle is Sondag om 15:15 in die sy en hand geskiet. Hy sterk in die hospitaal aan. Belonings word aangebied vir inligting wat lei tot suksesvolle arrestasies.

Skakel inspekteurs Shane Pietersen en Graham Adams by 807-4000.


Bedrieër vas in Namibië

[ Top ]


DIE oud-Paarliet Shaun Channing (24), wat aangekla is van bedrog van miljoene rande, is onder polisiebewaking in 'n hospitaal in Namibië.

Volgens die staatsaanklaer op Otjiwarongo word daar nie vordering gemaak met die reëlings dat Channing die geld wat hy vir inwoners van die dorp skuld, teruggee nie.

Intussen is Channing al meer as 'n maand lank in die hospitaal, glo met die een kwaal na die ander.

Wanneer Channing ontslaan word, sal hy weer in die Otjiwarongo gevangenis aangehou word. 'n Onlangse aansoek om borgtog waar hy bereid was om R300 000 te betaal, het misluk.

Channing het na bewering sewe mense in Otjiwarongo uit sowat R1,5 miljoen bedrieg nadat hy glo ook in die Paarl en omstreke miljoene by mense geswendel het.

Hy het verlede jaar saam met sy ouers uit Lemoenkloof, Paarl, na Namibië verhuis terwyl speurders in die Paarl met die ondersoek na sy bedrywighede besig was.

Hy is kort ná sy vertrek bankrot verklaar.

Channing het toe, in Maart 2001, uit Namibië laat weet: "As ek die beweerde vier miljoen rand gehad het, het ek dit gebruik om 'n aftree-oord net vir myself te bou."


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za