|
het van 'n jong bruid in Andalusië wat haar aanstaande man op hul troudag verlaat het om met haar jeugliefde weg te
loop.
'Blood Wedding' staan onder leiding van die hoogaangeskrewe teater-regis- seur, Geoffrey Hyland, wat 'n uitgebreide
kennis van Lorca se werk het, aangesien hy reeds twee keer vantevore sy dramatiese werke geregisseer het. Dit sal die eerste geleentheid vir hom wees om 'n dansstuk te regiseer.
Die musiek wat in 'Blood Wedding' gebruik word, is avant-garde musiek uit films asook 'n paar inheemse melodieë uit
Armenië en Australië - almal saamgestel deur Hyland.
Die Flamenco kitaarspeler en musiekleier van 'Blood Wedding', Bienyameen, het Lorca se woorde getoonset en liedere
geskep wat pas by die stuk. Nicole Holme gaan dit sing met Mark Elderkin as verteller.
Dié vier kenners op hul onderskeie gebiede het 'n unieke mengsel van dans, teater en kragtige nuut-saamgestelde musiek
geskep.
Die Free Flight Dance Company se Yarisha Singh speel die rol van die bruid met Russell Cummings as Leonardo en Celeste
Botha as die vrou.
Die La Rosa Spanish Dance Theatre se Alejandra Fernandez speel die rol van die moeder met Roberto San Juan as die
bruidegom, Lorenza Flores as die diensmeisie en Julia Linares as "die dood".
Opvoerings begin om 20:15. Vir besprekings en meer inligting, skakel die Oude Libertas Amfiteater by 809-7380.
Vir inligting oor die 2005 somerseisoen by die Oude Libertas Amfiteater, besoek www.oudelibertas.co.za.
|