safetop
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 20 January 2005

uitlefstreep

This site will be updated on 27 January 2005.

Aida
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

 Letters - Briewe


Ugly Paarl - is this a sign of the times?

[ Top ]


I HAVE been a Paarl resident for 50 years now and throughout my many years of extensive overseas travel have always enjoyed returning home to my beloved Paarl - but sadly not any more.

For the past three years I have spent a great deal of time in Botswana where I am involved with international tourists who like to include a stay in the Cape Winelands on their African itinerary. I always proudly refer them to Paarl.

Over recent months this has however changed as I am now too ashamed to recommend anyone to visit filthy Paarl. During the past year in particular the decay in the serenity and beauty of Paarl has rapidly deteriorated.

The levels of litter pollution and general disorder have reached frightening proportions.

I go jogging most mornings and have noticed the same rubbish lying around in certain public places since November last year - even opposite/adjacent to the police station as well as the municipal offices and depot.

The stench of human faeces from under the river bridge up to the entrance to the arboretum is overwhelming - not to mention the appalling littering caused mainly by picnickers along the river.

There should be an active campaign against littering and all persons caught littering should be sentenced to perform community services such as compulsory cleaning up of Paarl's wall to wall heaps of litter.

Crime is rampant in our town yet police visibility seems to be at an all time low, especially in the overcrowded Lady Grey Street area.

The state of our streets and pavements in Paarl are indeed shocking without any visible maintenance.

Blaming lack of funds is unacceptable as the ratepayers of Paarl have had their rates increased over recent years by amounts way beyond any rate of inflation and one does not even want to think what happens to all our money.

It is also popular to blame most things on apartheid (and in many cases quite justifiably so) but not this. But in my humble opinion it is nothing else than absolute gross mismanagement and a careless attitude on the part of the local authorities.

The fact that the Town Hall clock has been standing at 10:40 for more than a year now perhaps says it all and is a sign of the times.

This letter does not beg any response, only action. Please, let us all work together in 2005 to clean/fix up Paarl and restore  its former beauty, tranquility, order and efficiency.

Ian Robertson


Droogte is skokkend

[ Top ]


DIT is met hartseer dat ons via die internet, vriende en familie sien hoe droog die Boland is.

Ons is nou in Nieu-Seeland, 'n land wat geen tekort aan reën het nie. 

 Ja, mens kan moeg raak vir die reën, maar jy kan ook die Boland se se hitte mis, as jy min son sien.

Ek het lekker in my mou gelag toe die Kiwi's my vertel dat as dit vir twee weke nie reën nie, is dit "droogte". Hulle ken nie droogte nie, maar sowaar, hulle was reg. Dis geweldige kleigrond en absorbeer dus nie al die water nie.

Ek wens ek kan net 'n kwart van ons reën vir die Paarl stuur!  Ons het hier 'n groot netwerk van Suid-Afrikaners, so die gebede loop vir Suid-Afrika wat so droog is.

Verlange uit 'n nat Kiwiland!
Koos & Gerna Gerber, Auckland, Nieu-Seeland


Aksie ook op Wellington

[ Top ]


DIE Paarl Post se hoofartikel "Getting Priorities Right" en die brief "Stop the Racing in Paarl's Main Street" (Paarl Post 2 Desember) spreek die tragiese dood aan van 'n jongman wat in die Paarlse Hoofstraat doodgery is. 

Ek haal aan uit eersgenoemde: "The tragic death of a young Paarl man this week in a busy section of Main Street has once again highlighted the lack of expenditure on traffic calming methods in the Drakenstein municipal area."

Hierdie uitsprake is ook van toepassing op Kerkstraat, Wellington. Dis onbe- gryplik dat die Verkeersafdeling ten spyte van herhaalde versoeke nog nie aan- dag aan hierdie saak geggee het nie.

Daar is nie 'n enkele voetoorgang in hierdie straat nie, en onverantwoordelike bestuurders gebruik dit daagliks as 'n resiesbaan, en die verkeer word steeds drukker vanweë die ongekende groei van die dorp. 

Daar moet seker eers 'n tragiese voorval plaasvind,  soortgelyk  aan dié in die Hoofstraat van die Paarl, voor die Munisipaliteit tot aksie sal oorgaan.

Bekommerde voetganger


Vrou se hande brand

[ Top ]


MY stiefdogter, Janine Erasmus (20), het aansoek gedoen vir werk as sekuriteitsbeampte, maar omdat daar probleme was met haar vingerafdrukke by Binnelandse Sake, moes sy haar vingerafdrukke weer laat neem.

Sy is toe na die Mbekweni polisiestasie waar haar vingerafdrukke geneem is deur konstabel Solomons.

Toe sy klaar is, het hy haar 'n bottel skoonmaakgoed gegee, wat blyk om 'n suur te wees,waarmee die selle en toilette skoongemaak word.

Haar hande het ontsettend gebrand, maar sy moes al die pad alleen huis toe stap na Vanwyksvlei, waar ons woon.

Ons het by die polisie gekla en inspekteur Vorster het my dogter na dr Bernard vir behandeling geneem.

Aanvanklik wou hulle hê ons moet betaal, maar ons het geweier en Vorster het vir Solomons laat kom en gesê hy moet betaal. Nou moet sy gaan vir opvolgbehandeling en moet dit uit haar eie sak betaal.

Is dit nou reg? Die bevelvoerder het die geval nêrens aangemeld nie en sê dis nou ons probleem. Smeer hy iets toe?

Anwar Romes

Die insident word deur die polisie ondersoek, ook die feit dat dié be- seerde na 'n private geneesheer geneem is, pleks van na 'n distriks- geneesheer. - Red.


Spoedoortreders pla

[ Top ]


Dit is ontstellend dat daar so min wetstoepassing in die Paarl is.

Ek het al talle klagtes by die verkeersafdeling ingedien ten opsigte van spoedoortredings in Skoolstraat.

Tot op datum is die oortreders nie vasgevat nie.Jagery teen spoed is 'n algemene sport in die Paarl en bitter min mense word ooit aangekeer.

Ons strate is in die nag resiesbane, stopstrate en robots is versierings, 'n verkeersbeampte is daar slegs om puntdiens te doen. Dit kan nie so aangaan nie.

Lorinda Mostert


Almal kan saamwerk

Editorial

[ Top ]


DIE skroeiende son en dalende watervlakke maak die lewe op die oomblik maar moeilik vir die inwoners van die Paarlvallei.

Maar daar is ook 'n positiewe kant aan die situasie. Mense het uiteindelik onder die besef gekom dat water 'n kosbare en skaars hulpbron is wat bewaar en gespaar moet word.

Dit het kreatiwiteit gestimuleer en daar word met allerlei oorspronklike planne vorendag gekom - van hergebruik van huishoudelike afvalwater tot die opvang van reënwater.

In die tweede plek het die situasie ook mense genoop om weer 'n slag te dink oor hul burgerlike verantwoordelikheid.

Volgens die Munisipaliteit word die meeste oortredings van die waterbeperkings deur bure van die oortreders aangemeld.

Dit is ver verwyder van ons moderne neiging om nie te sien of te hoor as iemand 'n oortreding begaan nie, en beslis ook nie daaroor te praat nie.

Praat hieroor en mense sal dadelik vir jou sê dit is in almal se belang dat die waterbeperkings nagekom moet word.

Dit is reg en goed so - net jammer dat mense nie hierdie beginsel deurtrek na ander sake wat die gemeenskap raak nie, soos vroue- en kindermishandeling en misdaad.

Miskien sal die watertekorte ons noop om weer ons pligte as burgers in oënskou te neem en as 'n gemeenskap te begin werk aan 'n beter toekoms vir almal.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]