safetop
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 20 January 2005

uitlefstreep

This site will be updated on 27 January 2005.

Aida
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

Lifestyle - Leefstyl


Seun stry om oorlewing

Malané Bosman

[ Top ]


SOOS die meeste jong seuns is Edward April se hartsbegeerte om "lekker te speel", maar hy kan dit nie waag nie.

'n Harde stamp kan sy lewe kos.

Edward (11) is 'n jaar gelede met 'n beenmurg-siekte gediagnoseer en net 'n beenmurgoorplanting sal sy lewe red.

Die plaasseun van Nabygelegen by Wellington onthou die seer van die beenmurgtrekking voor die agt lang maande wat hy in die Tygerberg Hos- pitaal moes deurbring.

"Die ergste is as my neus so bloei, maar dit was darem lekker om met die ander kinders in die saal en in die gange met karretjies te speel."

HOSPITAAL. Mercia April bly aan haar seun, Edward, se sy in die Paarl Hospitaal.

Edward is einde Augustus verlede jaar ontslaan, maar in November het sy neus weer begin bloei. Hy kry nou elke week bloedoortappings en kan nie meer skool bywoon nie.

Daarsonder raak hy gevaarlik aan die bloei.

"Ek weet al, as die kolletjies so op my vel uitslaan, dan gaan ek bloei."

Volgens dr Eckart von Delft ly Edward aan aplastiese anemie. Hy het 'n bloedplaatjietelling van net 1000 (normaal is 140 000).

Sy witbloedseltelling is so laag dat hy 'n risiko het om infeksies te kry.

Daar word nie genoeg rooibloedliggaampies geproduseer nie, en sy hemoglobienvlakke is so laag dat hy chronies moeg is.

Die enigste redding is 'n beenmurgoorplanting. Om beenmurg van 'n geskikte plaaslike skenker te kry, sal egter R95 000 kos (sowat R350 000 indien die beenmurg internasionaal geoes word).

En daarna volg die koste van die oorplanting, wat so R250 000 beloop.

Edward het net stiefbroers en -susters wat nie as skenkers geskik is nie.

Hulle ma, Mercia, het nie 'n eie inkomste nie, want sy bly aan haar seun se sy in die hospitale. Ouma het die versorging van haar drie ander kinders op die plaas oorgeneem.

Skenkings om by te dra tot die prosedure en om 'n skenker op te spoor, kan gedeponeer word in die Absa tjekrekening (rekeningnommer 400400105) van die Paarl Hospitaalraad (takkode 632005). Merk die inbetaling "Beenmurgfonds".

Dr Von Delft, hoof van pediatrie by die Paarl Hospitaal, kan by 872-1711 x 2303 of 082-651-6633 of per epos eckart@yebo.co.za gekontak word vir navrae.

Mense wat as skenker wil registreer, kan die SA Beenmurgregister in Kaapstad kontak (404-6445) en kan in die Paarl die onttrekking van bloed laat doen.

Die koste van die weefseltipering (R200) word deur die Sunflower Fund (telefoon 799-3116 of epos sunflower@cape.netcare.co.za) geadministreer.

"Dis eintlik nie die dokter se werk om my gesond te maak nie. Liewe Jesus gaan dit doen sodat ek ook kan speel. Ek weet dit.

"En dan wil ek leer om 'n dokter te word, want ek wil kinders help wat siek is," glimlag Edward moedig.

* A local boy needs a bone marrow transplant urgently.


Ondersteuning vir ouers

[ Top ]


'n ONDERSTEUNINGSGROEP vir ouers van kinders wat dwelmafhanklik is, word op Dinsdag 8 Februarie om 19:30 in die konferensielokaal van Roodeberg Apteek, Paarl geloods.

Die doel van hierdie groep is om ouers van inligting te voorsien met betrekking tot dwelmafhanklikheid, om onderlinge emosionele ondersteuning te bied en om hulle te bemagtig met vaardighede in die hantering van die kind wat dwelmafhanklik is.

Daar word beplan om die groep maandeliks aan te bied, gefasiliteer deur Christo Visser en Sonja Labuschagne, maatskaplikewerkers in privaat- praktyk.

Vir meer inligting, kontak 872-7466 of 082-758-0344.


Oppas vir velkanker

[ Top ]


CANSA het onlangs 'n velkankerlesing vir skoonheidsterapeute by La Couronne Hotel, Franschhoek, aangebied met die fokus op voorkoming en vroeë opsporing van velkanker. 

Dr Martin du Toit, dermatoloog van die Paarl, het die lesing aangebied.

Hy het klem gelê op die identifisering van moontlike kanker-letsels en skoonheidsterapeute aangeraai om hierdie letsels na mediese praktisyns te verwys. 

Suid-Afrika word internasionaal erken vir ons wonderlike sonskyn, maar wat nie genoem word nie, is hoe gevaarlik hierdie sonskyn kan wees. 

Suid-Afrika het een van die hoogste velkanker syfers wêreldwyd en dit styg steeds. Elkeen van ons moet die verantwoordelikheid neem om nie deel van hierdie statistiek te word nie. 

Die volgende punte kan jou kanse om velkanker te kry, verminder:

* Gebruik 'n breë spektrum sonskerm met 'n sonbeskermingsfaktor (SBF) van 15 of hoër. 

*  Beperk jou tyd in die son. Vermy direkte blootstelling tussen 10:00 en 15:00.

*  Dra 'n breërandhoed van digte materiaal geweef.

*  Bly in die skaduwee.

*  Beskerm jou oë met sonbrille met UV beskerming lense.

*  Dra bedekkende klere met die Cansa seël van goedkeuring.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]