|
Universiteit. Haar studies het sy voortgesit by die Universiteit van Wes-Kaap- land, vanwaar sy tot die onderwys toegetree
het.
Vir die afgelope 16 jaar was sy in die onderwys by Kleinvlei Hoërskool, en daarna as adjunk-hoof by Blackheath Hoërskool, vanwaar
sy in November die prinsipaalskap van Noorder-Paarl aanvaar het.
Op hierdie lewenslustige vrou se skouers rus 'n groot taak. Soos sy self sê: "Die skool is ryk aan tradisie, en ek wil daaraan
gestand doen".
Sy staan aan die hoof van 'n topbestuurspan van tien lede, 'n opvoederspan van 45 doserende personeellede, agt nie-doserende lede
en omtrent 1220 leerders.
Sy is slegs 'n maand by die skool, maar sy dink nie dat sy 'n fout gemaak het nie. Soos sy, is haar span 'n toegewyde groep
mense.
Met die res van die personeel is hande gevat, en met 'n werksessie op 3 Desember by Bolandpark is die visie vir die skool
uitgestippel en uitgebrei.
Hiervolgens wil sy graag die leerders voorberei met al die vaardighede wat hulle nodig sal kry in die grootmenswêreld, sodat hulle
die regte besluite kan neem.
Ook wil sy die leerders betrek met 'n sessie oor wat hulle wil hˆ die skool aan hulle moet bied. Samevattend sal die visie die
drome van die kinders, hulle ouers en dié van die onderwysers wees.
Die skool beleef die rasopset van die land op 'n mikrovlak, maar die gepaardgaande uitdagings word aangespreek in die klassituasie
met die opvoedingsproses, en met al die beleide in plek, sodat spesifieke groepe by die skool voel dat hulle by die skool behoort.
Die enkele grootste uitdaging wat sy in 2005 vir die skool voorsien, is om 'n leerkultuur te skep. Sy wil teruggaan na die "basics"
- leeronderrig moet plaasvind en alle ander dinge is vir haar eintlik bysaak!
Op 'n vraag of groot veranderings beoog word, antwoord sy kort en bondig: Sy kan dien as agent van verandering, maar enige
verandering sal as 'n span geïmplenteer word.
Gesien teen die groter prentjie van die onderwys in die land, sê sy die konteks van die skool veroorsaak dat die implementering van
provinsiale beleid nie dadelik gedoen kan word nie, wat frustrasie kan meebring.
Die uitdagings daaraan verbonde sal as span aangespreek word sodat die werksopset fisiek by die skool vir almal beter gemaak kan
word, vir die onderwyser sowel as vir die kind.
Sy sien die groot getalle en vol klasse by die skool as 'n uitdaging, maar in beginsel gaan sy nie toelaat dat 'n situasie geskep
word waar dit op massabeheer neerkom en onderwysers nie effektiewe basiese onderrig kan gee nie.
Sy voel dat sommige ouers nog nie die dissipline het om leerders betyds in te skryf nie, wat doeltreffende beplanning
kortwiek.
"Die punt sal bereik word waar ek sal sê dat die skool nou vol is, sodat effektiewe onderrig wel kan voortgaan."
Vir die afgelope drie jaar was die skoolgelde van R450 per leerder per jaar betaalbaar en dit styg nou na R500 per jaar.
Gekonfronteer met die feit dat die skool anderhalfjaar gelede byna gesluit het weens die nie-betaling van skoolgelde, antwoord sy
dat die proses steeds aan die gang is om hierdie uitdaging op te los.
Daar word aan 'n kultuur van betaling gewerk, met ouers wat wel kan betaal, maar nalaat om te betaal. Ook word gekyk na
verskillende betaalmetodes soos debietorders en internetbankdienste.
Alternatiewe betaalpunte gaan geskep word, waarheen die ouers kan gaan, veral na diegene wat ver woon, om invordering te
vergemaklik.
Vir die nuwe skoolhoof is sport en kultuur baie belangrik. Sy glo in die globale ontwikkeling van die kind en wil kanale skep om
hul energie positief te kanaliseer.
Op kulturele gebied werk die skool aan twee drama-opvoerings volgende jaar.
Volgens Maasdorp werk sy aan 'n vyfjaarplan, 'n skoolontwikkelingsplan wat hulle sal lei en monitor.
En as dit van dié‚ loopbaangerigte vrou afhangs, lê daar 'n baie voorspoedige toekoms voor.
* Northern Paarl Secondary has a dynamic new principal.
|