safetop
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 20 January 2005

uitlefstreep

This site will be updated on 27 January 2005.

Aida
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

People - Mense


Nuwe skoolhoof 'n pakkie dinamiet

David Joshua

[ Top ]


'n KLEIN pakkie dinamiet - dis die nuwe skoolhoof van Noorder-Paarl Se- kondêr, Mirinthia Maasdorp.

Die ongetroude vrou in haar dertigerjare lag maklik, maar het haar voete stewig op die grond en haar aandag wyk vir geen oomblik af van die saak voor haar op die tafel nie.

Sy is gebore in die West End distrik, Port Elizabeth. Daar het sy opgegroei en later gestudeer aan die Rhodes

NUUT. Mirinthia Maasdorp is die nuwe hoof van Noorder-Paarl Sekondêr.

Universiteit. Haar studies het sy voortgesit by die Universiteit van Wes-Kaap- land, vanwaar sy tot die onderwys toegetree het. 

Vir die afgelope 16 jaar was sy in die onderwys by Kleinvlei Hoërskool, en daarna as adjunk-hoof by Blackheath Hoërskool, vanwaar sy in November die prinsipaalskap van Noorder-Paarl aanvaar het.

Op hierdie lewenslustige vrou se skouers rus 'n groot taak. Soos sy self sê: "Die skool is ryk aan tradisie, en ek wil daaraan gestand doen". 

Sy staan aan die hoof van 'n topbestuurspan van tien lede, 'n opvoederspan van 45 doserende personeellede, agt nie-doserende lede en omtrent 1220 leerders.

Sy is slegs 'n maand by die skool, maar sy dink nie dat sy 'n fout gemaak het nie. Soos sy, is haar span 'n toegewyde groep mense. 

Met die res van die personeel is hande gevat, en met 'n werksessie op 3 Desember by Bolandpark is die visie vir die skool uitgestippel en uitgebrei.  

Hiervolgens wil sy graag die leerders voorberei met al die vaardighede wat hulle nodig sal kry in die grootmenswêreld, sodat hulle die regte besluite kan neem. 

Ook wil sy die leerders betrek met 'n sessie oor wat hulle wil hˆ die skool aan hulle moet bied. Samevattend sal die visie die drome van die kinders, hulle ouers en dié van die onderwysers wees.

Die skool beleef die rasopset van die land op 'n mikrovlak, maar die gepaardgaande uitdagings word aangespreek in die klassituasie met die opvoedingsproses, en met al die beleide in plek, sodat spesifieke groepe by die skool voel dat hulle by die skool behoort. 

Die enkele grootste uitdaging wat sy in 2005 vir die skool voorsien, is om 'n leerkultuur te skep. Sy wil teruggaan na die "basics" - leeronderrig moet plaasvind en alle ander dinge is vir haar eintlik bysaak!

Op 'n vraag of groot veranderings beoog word, antwoord sy kort en bondig: Sy kan dien as agent van verandering, maar enige verandering sal as 'n span geïmplenteer word.

Gesien teen die groter prentjie van die onderwys in die land, sê sy die konteks van die skool veroorsaak dat die implementering van provinsiale beleid nie dadelik gedoen kan word nie, wat frustrasie kan meebring. 

Die uitdagings daaraan verbonde sal as span aangespreek word sodat die werksopset fisiek by die skool vir almal beter gemaak kan word, vir die onderwyser sowel as vir die kind.

Sy sien die groot getalle en vol klasse by die skool as 'n uitdaging, maar in beginsel gaan sy nie toelaat dat 'n situasie geskep word waar dit op massabeheer neerkom en onderwysers nie effektiewe basiese onderrig kan gee nie.

Sy voel dat sommige ouers nog nie die dissipline het om leerders betyds in te skryf nie, wat doeltreffende beplanning kortwiek. 

"Die punt sal bereik word waar ek sal sê dat die skool nou vol is, sodat effektiewe onderrig wel kan voortgaan."

Vir die afgelope drie jaar was die skoolgelde van R450 per leerder per jaar betaalbaar en dit styg nou na R500 per jaar. 

Gekonfronteer met die feit dat die skool anderhalfjaar gelede byna gesluit het weens die nie-betaling van skoolgelde, antwoord sy dat die proses steeds aan die gang is om hierdie uitdaging op te los. 

Daar word aan 'n kultuur van betaling gewerk, met ouers wat wel kan betaal, maar nalaat om te betaal. Ook word gekyk na verskillende betaalmetodes soos debietorders en internetbankdienste.

Alternatiewe betaalpunte gaan geskep word, waarheen die ouers kan gaan, veral na diegene wat ver woon, om invordering te vergemaklik.

Vir die nuwe skoolhoof is sport en kultuur baie belangrik. Sy glo in die globale ontwikkeling van die kind en wil kanale skep om hul energie positief te kanaliseer.

Op kulturele gebied werk die skool aan twee drama-opvoerings volgende jaar.

Volgens Maasdorp werk sy aan 'n vyfjaarplan, 'n skoolontwikkelingsplan wat hulle sal lei en monitor.

En as dit van dié‚ loopbaangerigte vrou afhangs, lê daar 'n baie voorspoedige toekoms voor.

* Northern Paarl Secondary has a dynamic new principal.


Jong ma sterf

[ Top ]


'n JONG Paarlse ma is oorlede aan lewerversaking.

Ilze Pietersen (19) het op 23 Desember simptome begin toon van geelsug. Sy is in MediClinic getoets vir hepatitis, maar dit was negatief.

Haar lewertoestand was getoets en daar is bevind dat dit heeltemal onklaar geraak het. Die enigste uitweg was 'n leweroorplanting.

Sy is op 7 Januarie in die Paarl Hospitaal opgeneem, met die hoop dat hulle dalk die vog wat opgebou het, kon dreineer.  Die dokters het besef dat hulle niks meer vir haar kan doen nie.

Sy het die volgende dag in 'n koma verval. Sy is op 12 Januarie oorlede met haar ouers langs haar bed.

Ilze het in 2003 gematrikuleer aan Klein Nederburg Sekondêr en het vir ses jaar met Wilfred van Schoor uit gegaan. Hulle het 'n dogtertjie van sewe maande, Ignicia.

Sy word oorleef deur haar ma, Margaret Martin, pa Isaac Pietersen en stiefpa Melvin Martin, broers Kemton (16) en Dillon (10).

Die begrafnis is Saterdag om 09:00 te Evansstraat 18, Paarl, en om 10:00 uit die AGS Kerk in Beukesstraat.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]