|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
LA MOTTE bied op Saterdag 22 Februarie om 19:00 die Duo Medici, met Duccio Lombardi (harp) en Karin Leitner (fluit). Hulle voer werke uit van onder andere Chopin, Bartók en Bizet. Duccio Lombardi was reeds lid van die Israelse Filharmoniese Orkes en die Jerusalem Internasionale Simfonie-Orkes en wy hom tans toe aan solo-optredes en kamermusiek. Karin Leitner het aan die Akademie vir Musiek en Kuns in Wenen gegradueer en het as solis opgetree met, onder meer, die Weense Kamerorkes, Weense Mozartorkes en die Orchestre Filharmonique de Besancon van Frankryk. Die konsert is in La Motte se historiese kelder. By hulle aankoms word gaste met 'n glasie wyn verwelkom en na afloop van die konsert kan hulle die kunstenaars ontmoet in die geselskap van La Motte-wyne en ligte versnaperings. Toegang is R85 per persoon. Bespreek by die proelokaal, of skakel 876-3114/9 (Comari). |
|
|
|
|
DIE eerste uitvoering van Hans Huyssen se "The cattle have gone astray" fluit, tjello en klavier kan Sondagmiddag 2 Maart in die Endler-saal op Stellenbosch gehoor word. Die komposisie is gebaseer op 'n Sena-Tonga herderslied en die titel verwys ook in 'n breër sin na die meer tradisionele kultuur en musiek van Afrika "gone astray" - wat vanweë kommersialisering en globalisasie nie meer gehoor kan word nie. Die werk open met die fluitspeler wat al spelend agter sy beeste aanloop. Hierdie uitvoering is die Suid-Afrikaanse première en word deur Samro geborg. "Collage" (met kunstenaars Marianne Serfontein (sopraan), Marietjie Pauw (fluit), Anmari van der Westhuizen (tjello) en Bennie van Eeden (klavier) sal ook liedere van Albie Louw, op gedigte van Philip de Vos, vir die eerste keer uitvoer. Ook sal 'n duo van Hendrik Hofmeyr, op teks van Pablo Neruda, te hore wees. Werke in heel ligter luim sluit in 'n Piazzolla Tango en 'n wals vir 'n muggie en 'n olifant... Die konsert begin 20:15 en kaartjies teen R15 sal by die deure beskikbaar wees. Vir navrae skakel Joubert Potgieter (808 2343). Let asseblief daarop dat Sondagreekskonserte steeds om 16:30 sal begin en dat die begintyd van dié konsert 'n uitsondering is. |
|
|
|
|
SET in the decadent, underground world of 1850's Paris, Guiseppe Verdi's bittersweet tale of a woman seeking true love and redemption has moved audiences for well over a century. La Traviata will be performed at the Spier Summer Festival tomorrow, Saturday and Friday 28 February. Class distinction, jealousy and a terrible secret sets the stage for one of the most tragic deaths in opera. With acclaimed conductor Bernhard Gueller and starring Angela Gilbert in the lead role. Wednesday, Saturday 1, Saturday 8 & Sunday 9 March you can see Hansel & Gretel. Known for its highly original synthesis of traditional German folk songs and sophisticated Wagnerian musical techniques, it will bewitches children and fascinates adults. Book at Spier Ticket Office & Central Reservations: 809-1177/78/79/49 or e-mail: Cindy Wilson -cindyw@spier.co.za. Provisional bookings: 809-1136/58 and Computicket: 083 915 8000. Website: www.spier.co.za. |
|||
|
|||