|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
AANGAANDE Deetlefs du Toit se brief in die Paarl Post (6 Februarie) "Het die Gode dan nou mal geword?" Met tipiese politieke welsprekendheid waaraan die kiesers nou al gewoond is en wat geen indruk op ons maak nie, val Du Toit die huidige stadsraad aan oor skokkende vermorsing van geld op sogenaamde voltydse raadslede. Wat die kiesers van Drakenstein van mnr Du Toit en die bestuur van die DA vra, is 'n vaste onderneming om die status van raadslede, burgemeester ingesluit, weer na tydelik terug te verander, indien die DA die volgende verkiesing sou wen. Dit sou indruk maak. Du Doit se brief, soos ek hom lees, lyk vir my na 'n politieke opportunisme, indien die DA aan bewind kom, sal hulle maar net so lekker op die soustrein ry. Moeë Belastingbetaler |
|
|
|
|
EK is baie bly ek is nie 'n belastingbetaler van die Paarl nie, want hul geld word gemors deur onbetroubare amptenare. Daar is amptenare wat as elektrisiëns werk wat geld sommer lekker mors. Hulle vergeet dat dit die belastingbetalers is wat hul salarisse vir hulle betaal, asook die rede is dat hulle 'n werk het. Sedert die einde verlede jaar hou ek 'n sekere voertuig van die elektrisiteitsvoorsieningsafdeling gereeld dop. Nie met opset nie, dit was net vir my baie snaaks dat daar altyd slegs dieselfde persoon, dieselfde voertuig, na die spesifieke plek toe uitkom. As dit nog naby was, was dit miskien nie so ernstig nie, maar ek praat nou van 'n hele paar kilometer buite die dorp. Selfs ook oor naweke. Ek het navraag by die elektrisiteitsafdeling gedoen en volgens hulle was daar geen foute aangemeld nie, en was daar ook nie werksopdragte in die register geregistreer nie. Ek het hulle ook gevra of dieselfde personeel elke keer na dieselfde plekke gestuur word, waarop hulle gesê het dat dit nie die geval is nie. Ek hoop van harte die korrupte amptenaar lees die brief en dat hy sal dink alvorens hy die arme belastingbetalers se geld so mors, en kan die munisipaliteit nie beter beheer uitoefen oor sy personeel nie. Anti-korrup, Windmeul |
|
|
|
|
OP 17 Desember 2002 ry ek met my voertuig in die rigting van die Medi- Clinic. Toe ek die nuwe robot, soos 'n mens heel regs na Meadow draai, nader, sien ek die verkeersbeampte ry knap regs van die witlyn en skielik voor my in. Hy wys my dat ek moet na my linkerkant aftrek en ek doen toe dit. Ek vra vir my vriend wat ek so pas by die dokter gaan haal het, wat is dan nou die probleem, want die robot was definitief groen. Die verkeersbeampte klim uit en sê dat hy die verkeersbeampte van die pad is. Toe ek vir hom verduidelik dat die robot groen was het hy net my lisensie gevra. Ek gee toe my lisensie vir hom en in my vriend se teenwoordigheid sê die beampte toe hy die lisensie aan my teruggee: "Mnr Willemse, vat jou lisensie en ry jou verder in jou moer." Ek was so geskok dat ek nie eers sy naam en van gekry het nie maar wel sy registrasienommer: CJ 40453. Dit was omtrent 16:40nm toe die voorval plaasge-vind het. Die beampte was in beheer van die robot regoor Kohler. Ek is 'n gelowige en 'n motorbestuurder met 'n skoon rekord - 'n verkeersbeampte het nog nooit met my so gepraat nie. Verdere stappe moet teen die verkeersbeampte gedoen word. Ongelukkige Stellenbosser Die munisipale bestuurder van Drakenstein, Jacques Carstens, reageer: 'n Voorondersoek sal gereël word, waar alle substantiewe bewyse ter tafel gelê sal word. Sou die klaer se teenwoordigheid ook verlang word, sal hy as sulks so ingelig word. Die uitslag van die voorondersoek sal bepaal of daar enige verdere optredes sal wees. |
|
|
|
|
EK is 77 jaar, 'n pensioentrekker, en nou kry ek my salarisverhogingstaat. Dit lui so: In 2002 was my pensioen R1 093,93 en my medies R631,20. Toe het ek R460,73 oorgehou, waarvan ek sanitasie, erfbelasting, telefoon, en water en ligte moes betaal. Nou kry ek 2003 se staat. Dit lui so: Pensioen R1 171,82, en my medies R741,60, 'n verskil van R110,40. Dus hou ek in die bank ipv R460,73, net R428,22 oor, 'n tekort van R32,52. Dit kan ek bewys; swart op wit. Red nou 'n volk. F Coetzee, Paarl |
|
|
|
|
JUST a Big thank you to the men and women in Blue uniforms. Thank you for patrolling our streets on foot and in the heat of the day. Thank you for the smiles on your faces and encouraging words. It made me feel safe and I am sure all the other residents that saw you. I wish you a peaceful New Year and keep up the good work.
Thankful Resident,Paarl |
|
|
|
|
EK staan op met 'n lied in my hart en 'n paar dingetjies om te doen die Saterdagoggend. Laat gou my vrou se motor se uitlaatstelsel herstel en kry wonderlike diens. My lied word luider. Net gou 'n "CD shuttle" laat inbou wat einde laasjaar uit my motor gesteel is en ek skakel 'n onderneming in Noorder- Paarl om te verneem of hulle my kan help. "Ja, maar dan moet jy onmiddellik kom!" Ek los alles waarmee ek besig is en jaag deur na hulle toe, my lied nou 'n bietjie gestol in my keel, ek sal my motor daar moet los en dan later weer kom haal. Hiermee kan ek nog saamleef, die mense is seker 'n bietjie besig so op 'n Saterdagoggend. Die plek is vol kliënte en ek stap met 'n neurie daar in. Wat ek verkeerd gedoen het, sal ek graag wil weet, maar die volgende oomblik word daar met my gepraat asof ek in die laer- skool is en nog nooit in my lewe 'n besigheidsperseel betree het nie. "Nee, nee, nee, jy't nooit vir my gesê dis 'n hele shuttle wat ingesit moet word nie! Weet jy hoe lank vat dit?! Die plek staan vol hier agter en die ding gaan te veel tyd vat. Jy't nooit vir my gesê dis die shuttle nie!" My lied sit om in 'n tragedie van Mozart en donker wolke pak saam. Ek weerhou my daarvan om iets te sê, want teen dié tyd staan al die ander kliënte nou al vir my en kyk asof ek nou 'n doodsonde gepleeg het. Ek vat my goed en loop en net toe ek by die deur uitloop sê 'n ander kliënt vir my, "Dis nou diens nê!" Ek kon nie help nie toe vloek ek so saggies binnesmonds maar. Meneer die eienaar, is ek as kliënt dan so min werd vir jou dat jy my moet uittrap voor ander kliënte, net omdat ek nie aan jou kommunikasie-standaarde voldoen nie? Ek sou nou seker nie van jou 'n ryk man gemaak het nie, maar ek verdien darem seker so 'n bietjie goeie maniere. Jammer, maar ek sal nie weer van jou dienste gebruik maak nie en ek sal jou ook nie weer prys by ander soos ek in die verlede gedoen het nie. Groot Singer |
|
|
|
|
BANKE stuur met so 'n duidelike en verbeeldingryke beeld hul boodskap uit vir huislenings, tweede verbande, persoonlike lenings, en so baie geldelike bystand met bekostigbare en buigsame paaiemente, dat die middelman feitlik onnodig is. Ons ondervinding met die middelman was so skokkend en onprofessioneel, met geen diens vir baie geld, dat ons nou nog herstel van skok. Voornemende aansoekers wat graag hul eie huis- en persoonlike leningskulde wil konsolideer, wees baie versigtig vir die derde wiel aan die wa, en pak liewers die bul by die horings. Jy sal verbaas wees hoe vriendelik en professioneel die personeel daar is. Hierdie eerlike en goed ingeligte mense sal jou nie van die wal in die sloot help nie, maar jou baie moeite, verdriet en geldelike uitbuiting bespaar. "Never Give Up" |
|
|
|
|
HIERMEE wil ons, die prinsipaal, personeel, beheerliggaam en gemeenskap van Bosplaas, ons dank en waardering uitspreek teenoor die ambulanspersoneel, ontvangs en toelatings, dokters, verpleegpersoneel, sekuriteit van Paarl Hospitaal en almal wat behulpsaam was tydens die bakkie-ongeluk wat Sondag by die Voëlvleidam plaasgevind het. Dankie ook aan pastoor Graham Taff, sy vrou en gemeentelede vir u gebede en bystand, asook Alicia en Lorette van die Doulos Gemeente, vir u gebede en kleertjies vir ons kinders. Laaste, maar nie die minste nie, aan ons plaaseienaar, Samuel en Adri Walters, ons innige dank vir u reuse-aandeel ten tye van die ongeluk. Ons is trots om met u verbind te wees. Bosplaas Primêr |
|
|
||||||||||||||||
|
YOU can buy a state of the art cellphone for a few thousand rand, or you can shop around for a budget contract with a provider. But you can, and many people do, get hold of a cellphone on the street for fifty rand or even less. Cellphones, like most other products, are cheap on the streets. Just keep in mind that someone may have paid a much higher price for the merchandise you are offered on the sidewalk. This weekend a young woman died in Mbekweni for refusing to hand over her cellphone and in the Tygerberg Hospital a teenager is still fighting for his life after an argument over a cellphone. Small wonder that people feel life is worth nothing. There is something immoral and sick about a community that allows their youth to die for next to nothing. Buying such merchandise makes a person as guilty as the criminal - even more so if you keep in mind that without a market these miscreants may stop there practices. Not only are thieves killing worthy citizens for cheap buys, but you may also find that your new bargain is worth nothing, with the sim card barred and the police on your doorstep. |
|||||
|
|||||