safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 20 February 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 28 February 2003 at 08:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Nuus - News


Skelm word pa

Malané Bosman

[ Top ]


wdonkie21DIE aand nog was daar twee donkies in die Klapmuts polisie se 13 Kamp, die omheinde werf waar geskutte motors - en natuurlik donkies - aangehou word.

En die volgende oggend was daar drie. In die nag het ma-donkie gevul, tot groot konsternasie van die geregsdienaars.

Almal moes kom kyk - en help, want die ma wou van haar nuweling niks weet nie en sy het hom dwarsdeur die draad geskop.

Inspekteur Carl Loesch moes pleegmoeder speel, en het langoortjie versigtig nader gedra. Die ma wou eers

weer hap, en trap, maar haar moederlike instinkte het die oorhand gekry.

Die kleintjie was dom, en inspekteur

PRAGKIND. Met vaderlike instink (en ontsag vir die moeder) paai konst Jerado Hendrikse die nuwe aankomeling by die Klapmuts polisiestasie.

Loesch se broeksknieë was sopnat gesuig terwyl hy die kleintjie na die spene onder die ma beduie.

Die geboorte is voorafgeloop deur 'n aanklag van diefstal.

Reservis sersante Chris Koegelenberg en Russell Volmink was op patrollie toe hulle 'n man met sy donkiekar sien wat yster van die ontspoorde trein by Muldersvlei afsteel.

Joseph Futhu (67) van Bloekombos is aangesê om sy donkiekar na die polisiestasie aan te dryf, met die polisiemanne in hul voertuig agterna.

Futhu moes die nag in die selle deurbring, en die donkies is opgesluit in die 13 Kamp agter hulle baas se slaapsel.

Die beskuldigde is die volgende dag voor die hof gebring, en op borgtog vrygelaat, maar hy los toe sy donkies net daar in die sorg van die polisie.

Verlede Dinsdag, tien dae later, het Saartjie (soos die polisiemanne haar gedoop het) haar onverwagse opwagting gemaak.

Futhu het Vrydag sy donkies by die polisiestasie weggery, terwyl klein Saartjie met die groot ore 'n ererit in 'n patrolliewa gekry het Bloekombos toe.

* With her owner facing charges of theft, a donkey has given birth in the police pound at Klapmuts.


Killed for her cellphone

Malané Bosman

[ Top ]


A YOUNG woman was shot dead for refusing to hand over her cellphone to robbers in Mbekweni on Sunday.

On the way home from work, Thonzandile Mahala (24) stopped at a telephone booth to speak to her mother and six-year-old son in the Eastern Cape.

She then proceeded to the house in Silvertown where she has been boarding since she came from Whittlesea to work in Paarl.

Three men suddenly barred her way in Phokeng Street and demanded that she hand over her cellphone.

When Thonzandile resisted, one of the robbers drew a pistol from his trouser pocket and shot her in the head.

Thonzandile had worked for Langeberg for several years before joining Coin Security.

The funeral is being arranged by a family friend, Thembekile Mtyando, head of the 1809 Silvertown house where she had been boarding.

Thonzandile will be buried in the Eastern Cape.

Two suspects, Zanixolo Mayekiso (25) and Saziwe Jela (26) of Khayelitsha, were arrested.

A third suspect is still free.

"Thonzandile was killed just for wanting to keep what was hers," a friend said this week.

"Life seems to be worth absolutely nothing."

As was the case in a near-fatal shooting in Mbekweni on Saturday, when a teenager was critically injured when he was shot during an argument over a cellphone.

Khaya Gelitshane (17) of Jantjies Street, Silvertown, is fighting for his life in the Tygerberg Hospital, the bullet still lodged in his head.


Gesin aangeval

[ Top ]


'n HUISGESIN is Saterdagmiddag in hul woning in Courtrai deur vyf gewapende mans oorval en vir meer as 'n uur lank met pistole teen hul koppe aangehou.

Die tuinier is buite aangekeer, die seuns onderskeidelik voor die televisiestel en die rekenaar, en daarna die moeder in haar slaapkamer.

Die Labrador, wat sy huismense probeer beskerm het, het ná 'n pistoolhou teen die kop in 'n hoek geskuil.

Die gesin is aangesê om "af te kyk" terwyl die mans herhaaldelik geëis het dat hulle na "die kluis" geneem word.

Die rowers wou nie glo dat daar nie 'n kluis is nie, en het gedreig om die seuns te skiet indien daar nie aan hulle eise voldoen word nie.

Die tuinier het hardop gebid, en later die hele gesin, ook toe die rowers dreig om die vrou se vinger af te sny toe sy nie gou genoeg na hul sin 'n ring kon afkry nie.

Die gesin en die tuinier is met dasse aan mekaar vasgebind, op 'n slaapkamervloer onder duvets toegegooi en die deur gesluit terwyl die mans die huis deursoek het.

Die aanvallers was skaars weg, toe die pa en 'n derde seun tuisgekom het.

Hulle het  onraad vermoed toe hulle die voordeur oop en die huis in stilte gehul aangetref het.

Hulle het onmiddellik 1-0111 geskakel en die polisie was binne vyf minute op die toneel.

Juweliersware, horlosies, selfone, 'n musieksentrum, 'n antieke silwer skinkbord, geld uit 'n beursie en drank word vermis.

"Die brutaliteit van die gewapende roof en die doodsdreigemente korreleer nie met die min goed wat hulle geneem het nie.

"Dis baie onstellend," het die slagoffers die volgende dag gesê.

"As iets positiefs hieruit kan spruit, sou ons wou hê dat die bure in Courtrai 'n sisteem moet hê om na mekaar te kyk."

Die polisie versoek inwoners  om inligting te verskaf oor 'n voertuig wat die middag in die omgewing van Richelieustraat rondbeweeg het.

"Ons vermoed die mans het inligting gehad, maar dat hulle op die verkeerde huis toegeslaan het," het speurders gesê.

Vroeër verlede week is daar 'n ou model groen Honda opgemerk wat dalk betrokke kon wees. Die bestuurder het aan 'n tuinier gesê hy verkoop klere.

"Enige inligting is waardevol," het insp Jacques Coetzee gesê.

"Mense moet in elk geval nie huiwer om dadelik verdagte persone of optrede by die noodnommer of die polisiestasie (807-4007) aan te meld nie.

"So kan misdade dalk verhoed word."

* Armed robbers have terrorised a family in Courtrai, Paarl South.


Daggasmokkelaars rook toe nie die pyp nie

[ Top ]


TWEE smokkelaars se planne met dagga van R300 000 is netjies gefnuik toe wakker polisiebeamptes in Wellington verlede week snuf in die neus gekry het.

Sersant Gerrit Samson, vroue-konstabel Loubser en reservis konstabel Natasha Galant was Vrydagoggend om 00:30 op patrollie in Wellington toe hulle die verdagte bakkie opgemerk het.

Hulle het die voertuig genader, maar die twee mans in die blou Isuzu het weggejaag, met die polisie op hul hakke.

Die jaagtog het van Wellington, verby Mbekweni, deur Daljosafat en die Paarl en met die Wemmershoekpad langs gesnel.

Intussen het polisiebeamptes van heinde en verre die kring nouer getrek om die vlugtendes.

By die drierigting-stop Wemmershoek-Franschhoek, het konstabels Elton Swartz en Gary Gabriels van Franschhoek die pad geblokkeer.

Die voortvlugtendes het beheer oor die voertuig verloor en die pad verlaat. Twee mans het uitgespring en probeer weghardloop, maar is agternagesit en in hegtenis geneem.

In die bakkie is beslag gelê op 381kg dagga in twaalf 10kg-sakke.

Twee mans, Mngcini Kwesaba (46) en Ayanda Solani (25), onderskeidelik van Guguletu en Khayelitsha, verskyn weer op 27 Maart in die Paarl Landdroshof.

Paarlse speurders van die Eenheid teen Georganiseerde Misdaad ondersoek die voorval. Die dagga was na bewering uit die Oos-Kaap op pad na Kaapstad.

* Two alleged dagga smugglers were arrested.


Gewapende roof in middedorp

[ Top ]


VYF gewapende rowers het Vrydag met meer as R100 000 in die Paarl weggekom.

Werknemers van die firma Comodex in Bredastraat het pas van die bank teruggekeer met loongeld toe hulle in die Ou Tuinsentrum oorval is.

Die firma hanteer lone vir plaasboere.

"Die rowers moes inligting oor Vrydae se kontantvloei gehad het," meen die polisie.

"Die werknemers wissel hul roetes van die bank, maar hulle is beslis dopgehou."

Toe hulle met die geld in die stegie stap, is hulle deur drie onbekende mans voorgekeer.

Vuurwapens is op hullle gerig, en hulle is op die grond gedwing. Die rowers het hul selfone afgeneem, die sak geld gegryp en na 'n wagtende Mercedes gehardloop.

Die motor het by die vier-stop in Bredastraat links gedraai, verby die ingang na Shoprite gejaag en in die Bergrivier Boulevard verdwyn.

"Die rowers was baie professioneel, in selfoonverbinding met medepligtiges in die straat," sê die ondersoekbeampte.

Inligting oor 'n middelklas wit Mercedes, vermoedelik met die letters CDS en EC in die registrasienommer, word dringend verlang.

Volgens getuies is die motor verlede week meermale in die omgewing van die Ou Tuin-sentrum in Bredastraat opgemerk.

Die drie rowers het al drie kaalgeskeerde koppe gehad. Die polisie vermoed dat vyf swart mans by die roof betrokke was.

Een het 'n lang, rooi jas aangehad en een van die ander 'n blou oorpakbaadjie.

Skakel speur-insp Jacques Coetzee met inligting by 807-4000.

* Armed robbers have targeted a business in Central Paarl.


Swanesang vir ouditorium

[ Top ]


DIE ligte bly steeds gedemp oor die Paarl Polisiekollege ouditorium wat nie deur die gemeenskap gebruik kan word voordat dit nie opgradeer is nie.

Wye reaksie van veral organiseerders van opvoerings, het gevolg op berigte oor die sluiting van die teater deur die Departement Openbare Werke.

Al geleenthede wat vanjaar nog daar sal plaasvind, is Pop Idol Heinz Winckler se optrede Saterdag en Flora Vino op 16 en 17 Mei.

Die Trompie-Versorgingsoord het reeds 'n plan gemaak met hul optrede van 4 Junie van Steve Hofmeyr wat in die ouditorium sou plaasvind.

Hulle gaan stadsaal toe, sê Elna Brand.

Dis ook nie die einde van die Paarl Talentkompetisie nie, sê Marna Carstens, voorsitter van die kompetisie.

Hulle het reeds vergader om te besluit waar die kompetisie sal plaasvind en wat hul planne vorentoe is. Daar is mense uit die gemeenskap wat na vore gekom het, wat graag wil help, sê Marna.

Rika Terblanche van Musiklood in die Paarl, waar die kaartjieverkope vir funksies in die ouditorium gedoen is, is bekommerd oor die akoestiek, plat vloer en los sitplekke van die stadsaal.

Die ouditorium is soos 'n teater ingerig vir die beste akoestiek, en met vaste sitplekke wat besprekings vergemaklik.

Elke derde jaar sorg Joy Cargill vir 'n besonderse konsert met haar balletleerders. Joy sê sy is "platgeslaan", en net so die meisies wat hulle klaargemaak het om vanjaar op die verhoog op te tree.

Sy sê sy kan nie die opvoering in die stadsaal hou met sy plat vloer nie, want ballet moet jy goed kan sien. Gimnasium se saal is wel 'n ouditorium, maar kan net klein gehore huisves.

Die Polisiekollege se ouditorium was perfek, meen sy, en as sy dit nie kan kry nie, sal sy vanjaar se konsert moet kanselleer.

Die Alabama Studentegeselskap het die afgelope sewe jaar in die ouditorium opgetree. Etresia Hendricks, wat die konserte reël, sê as hulle nou wil kom, is daar nie 'n geskikte lokaal nie. Die stadsaal se huur is net te hoog.

Dis 'n ramp, meen sy, en Paarl se gemeenskap ly groot skade. Die mense wat verantwoordelik vir die sluiting van die ouditorium is, het die "gans wat die goue eiers gelê het, nek omgedraai".

Intussen het die polisiekollege nog geen terugvoering van Openbare Werke gehad nie, en wag hulle om te hoor wat hulle te doen staan.

Volgens André Lutski, kliëntedienstebestuurder van die Departement Openbare Werke, is daar nog nie 'n besluit geneem oor die opgradering van die ouditorium nie.

Fondse sal eers gevind moet word, terwyl die betrokkenheid van die publiek deur nie net geldelike bydraes nie, maar ook aanbiedinge om herstelwerk te doen, verwelkom sal word.

Skriftelike voorstelle kan na hom gefaks word by (021) 402-2234.

* The fate of the Paarl Police College auditorium has still to be decided.


Bewaar jou siel en jou selfoon

[ Top ]


BEWAAR jou siel as jy 'n selfoon uit Maggie Neethling se sak steel.

Veral as jy dit die Saterdag doen wanneer nie minder nie as drie bewaarders in die Paarlse middedorp sake doen nie.

Maggie, 'n opvoedkundige by die Drakenstein gevangenis, was om 11:30 met 'n armvol inkopies en haar handsak in die een hand, en 'n kleuter aan die ander hand, op pad toe die dief buite die Spur toegeslaan het.

"Ek het geskree soos jy nog nooit iemand gehoor skree het nie," sê Maggie.

Net toe kom Julian du Plessis, hoof van buitebewaking by Allandale Gevangenis, van voor af in die stegie tussen Nuwestraat en Lady Greystraat.

"Keer hom, hy het my selfoon," het Maggie gegil.

Julian het wel al sy rugbyskoene opgehang, maar hierdie voormalige senter het nie op hom laat wag nie.

Met 'n lieflike rugbyduik was die verdagte op die grond.

Nog 'n korrektiewe beampte van Drakenstein, Eddie Adonis, het ook die gegil gehoor en uit 'n pizzawinkel gestorm om hand by te sit.

"So, al het die mannetjie omgedraai, was hy van al die kante af vas," lag Maggie.

Met haar selfoon terug in die hand het Maggie vinnig haar man, 'n korrektiewe toesigbeampte wat in Paarl-Oos aan diens was, geskakel.

Johan was binne minute op die toneel. Hy het die dief by Julian oorgeneem en aanklagkantoor toe geneem. So vinnig was die bewaarders dat terwyl Johan sy besonderhede afgegee het, polisie wat op pad was om die klagte by te woon, nog teruggeroep kon word.

'n Sestienjarige seun, 'n graad nege leerder van Mbekweni, is aangekla. Net voordat Maggie haar selfoon (byna) verloor het, wou 'n vrou in 'n Lady Greystraat apteek haar telefoon gebruik om tuis navraag te doen oor die naam van medikasie, toe sy agterkom haar selfoon het ongemerk uit haar handsak verdwyn.

"Wees versigtig, maan die polisie.

"Hier is 'n vlaag selfoon diefstalle in die middedorp, uit motors en uit handsakke."

Vir dié wat wil steel is daar ook 'n boodskap: sorg dat julle nie met bewaarders deurmekaar raak nie.

* Prison guards managed to catch a cellphone thief in Paarl.


Vreemdeling hou lyf polisieman in Paarl

[ Top ]


'n UNIFORM maak nie altyd die polisieman nie, waarsku geregsdienaars nadat 'n man in die Paarl aangekeer is waar hy hom as 'n polisiekaptein voordoen.

Die man het Dinsdag by die kantore van die Openbare Orde Polisie-eenheid aangekom en 'n rygeleentheid na Worcester geëis.

Kapt Arnold Smit het lont geruik en die man, in sy volle uniform met kaptein kentekens, onverrigter sake daar weggestuur.

Offisiere het hom ongesiens agtervolg.

Die vermoede is bewaarheid toe kaptein Solomon Grain en inspekteurs Johan Lawrence en Frederick Rossouw die verdagte by die Paarl polisiekollege aangekeer het waar hy hom weer as 'n polisieman voorgedoen het.

'n Polisieradio is in sy besit gevind.

Die 31-jarige man van Eersterivier het erken dat hy "altyd baie graag" 'n polisieman wou wees.

Intussen waarsku kaptein William Reid van Boland area: "Polisiebeamptes moet hulself behoorlilk kan identifiseer.

"En indien daar twyfel is, rapporteer die persone dadelik."


Ongeluk eis gesinsman

Leigh Reitz

[ Top ]


'n GESINSMAN wat maar twee maande gelede saam met sy vrou en kinders op Gouda ingetrek het, het Sondag tragies gesterf ná 'n ongeluk op die Hermonpad. Die bakkie waarin hy en 24 ander passasiers gereis het, het die pad verlaat nadat 'n band vermoedelik gebars het.

Flip Heyns (56), sy vrou Elizabeth en hul ses kinders is maar die afgelope twee maande inwoners op dié dorp, nadat hulle van Riebeeckkasteel verhuis het.

Heyns was een van 25 persone van onder meer Bosplaas, Gouda en Riebeeckkasteel wat Sondag ongeveer 14:00 vanaf 'n kerkdiens op die naburige Swartdam teruggekeer het, toe die ongeluk gebeur het.

Die voorste band van die Toyota bakkie het naby Voëlvleidam glo gebars, waarna die bakkie gerol en in 'n sloot tot stilstand gekom het.

Bestuurder April James (49) vertel hoe die bakkie heen-en-weer oor die pad beweeg het.

"Ek het die stuurwiel probeer terugpluk, maar 'n reling langs die pad het aan die buffer van die bakkie vasgehaak. Die impak hiérvan het die bakkie laat omval.

"Ek het my bewussyn verloor. Toe ek vir 'n wyle daarna bykom, het ek halflyf uit die bakkie gelê en daarna kan ek niks meer onthou nie," het hy vanuit sy hospitaalbed vertel.

Hy het nekbeserings opgedoen.

Een van die insittendes, Sam Witbooi, het die eienaar van Bosplaas, Samuel Walters, per selfoon gekontak en die ambulans is ontbied.

Witbooi se vrou Elizabeth, dogters Anshwa (16), Esmi (25) en haar seuntjie Percy (1), is in die Paarl Hospitaal opgeneem met onder meer nekbeserings en snywonde.

Charlene Orian (8), een van ses leerders van Bosplaas Primêr, is met 'n gebreekte arm en ernstige kopbeserings in die Paarl Hospitaal opgeneem.

Vir Jacqueline Benn (9), 'n belowende hekkies-atleet, het dié ongeluk haar deelname aan die Elite byeenkoms in die Paarl gekelder, toe sy haar arm in die ongeluk gebreek het.

* AN accident on the Hermon road left one man dead and twenty-four others injured.


Oom oor meisietjie in die hof

[ Top ]


DIE man wat daarvan aangekla word dat hy twee jaar gelede 'n dogtertjie in die Paarl ontvoer het, staan hierdie week in die Kaapse Hooggeregshof op aanklag van moord tereg.

Christopher (Green Eyes) Papier (26), klein Candice Abrahams se oom, word daarvan aangekla dat hy haar uit 'n speelparkie naby haar ouers se woning in Groenheuwel wegglei het.

Candice (toe 6) is verkrag en vermoor naby die verkeertoetsstasie in Daljosafat. Haar liggaampie is na 'n reuse soektog ontdek.

Papier het voor die polisie gevlug totdat hy 15 dae later in Noorder-Paarl in hegtenis geneem is nadat hy na bewering 'n 18jarige skoolmeisie teen die berghange verkrag het.

Candice se ouers, John en Ronel Abrahams, asook haar boetie Camero-Dean, het hierdie week in die hof getuig oor hulle angs toe hulle besef het Candice speel nie net by 'n maatjie nie.

Die gesin het aan die hof vertel hoe onrustig hulle was nadat hulle besef het Papier was die laaste mens wat saam het hul dogtertjie gesien is.

Uitspraak word volgende week verwag.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za