safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 20 February 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 28 February 2003 at 08:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

People - Mense


Moord ondersoek

Malané Bosman

[ Top ]


wroux20FRANSCHHOEK se bekende Jan (Patat) Roux, voormalige onder-burgemeester, kultuurkenner en meesterbouer, is gister dood in sy woning aangetref.

'n Moordklag word ondersoek, al is daar geen tekens van inbraak nie, en kon daar nie vasgestel word of iets uit die woning, Die Eike in Akademiestraat, vermis word nie.

Mnr Roux (72) se liggaam is ontdek toe 'n sekretaresse van Franschhoek Meesterbouers die oggend voor 'n geslote deur van die huiskantoor gekom het.

Sy seun, Deon Roux, het die deur oopgesluit en sy vader op die vloer in die badkamer aangetref.

Hy was leweloos, met 'n snywond aan sy wang en kneuswonde aan sy arms.

"Die motief is duister," het kapt William Reid van die Boland-area kommunikasiediens gesê.

"Die omstandighede is egter so vreemd dat 'n moorddossier geopen is en totdat 'n na-doodse ondersoek die teendeel bewys, word moord ondersoek.

"Geen verdagtes is nog geïdentifiseer nie."

Jan Roux, wyd bekende restourasiekundige, was wel afgetree, maar steeds nou betrokke by sy Franschhoek.

Hy het gedien op Franschhoek se estetiese komitee, was lid van die trusteeraad van die Hugenote gedenkmuseun, op die Franschhoek Trust en het belang gehad by die dorpsmuseum.

Onlangs is daar in die tuin van die stadsaal vir hom 'n borsbeeld onthul vir sy diens as voormalige burgemeester en jarelange stadsraadslid, en is hy tot ere-raadsheer benoem.

"My grootste verwyt is dat hy nooit kon doen wat hy vir sy dorp wou doen nie, 'n boek oor Franschhoek wat ons hierdie winter voor sy kaggel sou aanpak," het Annemarie Burger, museum-vakkundige, gesê.

"Sy kennis van die argitektuur van Franschhoek, die geskiedenis en die Vallei en sy mense, is nou weg."

Mnr Roux word oorleef deur sy seuns Deon (aan hoof van Franschhoek Meesterbouers), Charl van Somerset-Wes en sy dogter Carina de Villiers van Goudini, asook agt kleinkinders en sy suster Margaret Rabie van Franschhoek.

Die roudiens is Saterdag om 10:00 in die NG Kerk, Franschhoek.

* A former deputy mayor of Franschhoek was found dead in his home yesterday.


Ronny still positive

[ Top ]


RONNY SRNKA, the young man who was paralysed in a fall in Du Toit's Kloof early in January, makes progress and still has a very positive attitude.

"There is always hope," says Ronny, "although an injury where the spinal cord was cut, usually can't improve."

In his case a piece of the cord remained intact, which gave him the initial feel in his legs down to his knees. But he does not experience more feeling as yet.

They have quite a busy schedule during weekdays, says Ronny, with different kinds of therapy for his type of injury which take up the whole day.

He is still wearing a brace on his left leg and a cast on his left arm. These will be removed during the following week, and then he will be able to work properly on his rehabilitation program.

His mother, Dana Steyl, has taken him home twice and he visited his grandparents in Fishhoek on Valentine's Day.

He partook in a game of wheelchair basketball about two weeks ago, says Ms Steyl, and he had a lot of fun. He used to play basketball before his fall.

Donations can be paid into his bank account: Ronald W Srnka, Standard Bank, Paarl, account no. 076-890-260.


Romantiese Valentynstroue

[ Top ]


MET die romantiese gees van Valentynsdag is twee paartjies van die vallei se droom bewaarheid toe hulle in die huwelik bevestig is in 'n regstreekse uitsending.

 Radio KC het die geldnood in die gemeenskap raakgesien en het binne twee dae twee troues gereël om die dag baie spesiaal te maak.

Die 71-jarige Johannes Cupido en die 59-jarige Lettie Duimpies, wat nou al 27 jaar saambly, was so in hul skik daaroor, dat die trane geloop het.

Die jong paartjie, Angela (25) en Adriaan (24) Skermand, was heel verbaas oor die opkoms van die gemeenskap - die radiostasie was stampvol.

"Met die gemeenskap en besighede in die Vallei se ondersteuning het dit die radiostasie niks gekos nie en ons bedank hulle hartlik," sê organiseerder Esmerelda Meyer.


Valentyn-verjaardag

Susna du Toit

[ Top ]


'n INWONER van Silwerkruin op Wellington, tannie Annie Truter, het op 14 Februarie, Valentynsdag, 104 jaar jonk geword.

Tannie Annie is die moeder van tandarts Helius Truter op die dorp. Drie van haar oorlewende vier seuns en hulle gades het die dag saam met ouma Annie deurgebring.

Die rede vir haar onverskrokke vasbyt aan die lewe is heelwaarskynlik te danke aan die onnutsighede van haar ses seuns wat haar nou nog haar humorsin laat behou het. Twee van die seuns is reeds oorlede. 

Ouma Annie is nie min trots op haar veertien kleinkinders en nege agterkleinkinders nie.

Sy geniet nog goeie gesondheid en lees elke dag die koerant, soms selfs sonder 'n bril.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za