|
DIE lewe en werk van die skrywer Hennie Aucamp, is vanjaar die onderwerp van die landwye ATKV-Akpol Interhoërskole vasvrakompetisie.
Hierdie kompetisie se sluitingsdatum is Vrydag 28 Februarie en die pryse word geborg deur Law Inforcement International.
Dit is vanjaar die eerste keer dat hierdie kompetisie deur die ATKV onder sy kultuurvlerk geneem is en daarom kan hoërskoolleerders in spanverband nou landwyd deelneem.
Die kompetisie vind in twee fases plaas: leerders skryf 'n eerste vraestel op 11 April. Diegene wat deurdring na die tweede ronde skryf 'n opvolgvraestel op 10 Mei en die gala-geleentheid is dieselfde dag.
Om spanne voor te berei, word 'n bronnelys verskaf wat bestudeer moet word. Hierdie bronnelys is, saam met die inskryfvorm en meer kompetisie-inligting, beskikbaar in die RAP-tydskrif van die ATKV. Elke skoolhoof van 'n Afrikaanse skool het reeds hierdie publikasie per pos ontvang.
Nog inligting is op die webwerf www.atkv.org.za of bel vir Francina of Magda by (011) 886-4888 (kantoorure). |