|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
TWEE atlete van die Paarl wat tydens twee verskillende byeenkomste presteer het, het vir die IAAF Wêreld Jeugspele gekwalifiseer wat later vanjaar in Kanada plaasvind. Regan Julies van New Orleans wat in die o.17 ouderdomsgroep deelneem, het tydens verlede Woensdag se Tradisionele Atletiekbyeenkoms op Daljosafat sewe meter ver gespring. Sy afstand beteken dat hy aan die Spele kan deelneem. Stacey Gardiner van La Rochelle het tydens Vrydagaand se Absa-byeenkoms op Coetzenburg ook vir die meisies o.18 100m item gekwalifiseer toe sy 'n tyd van 12,4s gehardloop het. Die ander top-presteerders tydens die Tradisionele byeenkoms was Shrilynn Smith van New Orleans (200m in 27,6/400m 63,4s), Nataly September van Klein Nederburg (o.17 100m in 12,7s), Millicent Koopman van Klein Nederburg (o.14 1ste in 800m), Genevieve Paulse van Bergrivier (o.15 100m in 13,2s/200m in 27,6s), Zebiso Nyama van Desmond Tutu (o.15 100m in 11,5s), Lenton Kalase van New Orleans (o.19 800m in 1:56,4), Reagan Julies van New Orleans (o.17 verspring 7m/200m in 22,7s), en Wilmot Willemse van Noorder-Paarl (o.14 100 in 11,8s/200m in 24,8s). |
|
|
|
|
DIE Sewes-Springbok van die Paarl, Eugene Francis, moes die onlangse IRB se sewestoernooi in Nieu-Seeland misloop, weens 'n dyspierbesering. Volgens Francis, wat verlede Sondag saam met die span teruggekeer het, is hy beseer in die laaste poelwedstryd teen Frankryk tydens die toernooi in Australië. "Ek was op pad doellyn toe en sowat ses treë na die lyn, het my dyspier styfgetrek. Ek het die bal toe uitgegee vir Earl Rose wat die drie gedruk het. Ek is dadelik af," vertel hy. Volgens die span se fisioterapeut was die dyspierbesering indirek te wyte aan die voetoperasie wat Francis einde verlede jaar ondergaan het. "Die fisio sê ek moes my voet op 'n sekere manier gedraai het, wat die styftrekking veroorsaak het," vertel hy. Hoewel hy saam met die span verder getoer het na Nieu-Seeland, het die Paarliet die Donderdag voor die toernooi nie die fiksheidtoets geslaag nie. "Ek is net ná die toernooi weer behandel en is nou 100% reg." Die volgende sewestoernooi is die Hong Kong Sewes einde Maart en hoewel die span nog nie gefinaliseer is nie, behoort Francis opgeneem te word. Hoewel hy die 15-man kode verkies, gee sewesrugby hom die geleentheid om sy spel te slyp. "In sewes kry jy die geleentheid om jou vaardighede en visie op die veld, op te skerp. Ek wil graag 15-man speel, maar probeer eers my spelpeil in die sewes verbeter," sê dié speler wat vir WP Korrektiewe Dienste speel en ook verlede jaar die Paarl Post se Senior Sportman van die Jaar was. Dit is vanjaar sy tweede jaar wat hy vir die Sewes-Bokke uitdraf. "My fiksheid is nog nie waar ek dit wil hê nie, maar dit beweeg nou in die regte rigting," sê hy. Chester Williams se Bokke het in Australië en Nieu-Zeeland in albei die kwarteindstryde uitgeval teen onderskeidelik Nieu-Seeland en Engeland. In die Kiwi-toernooi het hulle in die plaatwedstryd teen Frankryk verloor. |
|
|
|
|
ENTHUSIASTS of fast paced action and rugged racing within the tranquil and picturesque environment can get their gears into motion for the second annual Cape Argus Pick 'n Pay Mountain Bike Challenge that will be staged on Boschendal Wine Estate near Franschhoek on Sunday, 9 March 2003. Boschendal is the perfect setting for this event as they have close on 3000 hectares of striking landscapes and riders will manoeuvre their way through orchards, fynbos and of course vineyards. Bikers will be able to take part in the 55km challenge, a less strenuous 30km route, a 15km course and a 5km route for youngsters between the ages of 6 and 10 years. Registration on the day opens at 07:00 and the first race (55km) kicks off at 08:30, with the starting times for the other races following at 15 minute intervals. Registration for each event closes 15 minutes prior to the start. Entry fees range between R30 and R90 depending on the distance of the race. Discounted rates are also available for Pedal Power Association members. During the inaugural event more than 900 mountain bikers took to the hills and valleys of Stellenbosch and organisers have built on the recipe of success to make the event even more attractive and enjoyable to participants and spectators. Friends and family will be able to rest in the picnic areas while adrenaline junkies test their skills on the courses. This event forms part of the annual Cape Argus Pick 'n Pay Life Cycle Week that starts on Saturday, 8 March with the Junior Tour and Tricycle Tour and concludes with the Cycle Tour on 16 March. Mountain Bikers can enter online by logging on to www.dirtopia.co.za or phoning 083-284-5932. |
|
|
|
|
SELFS 'n somersreënbui kon nie verhoed dat goeie uitslae tydens die onlangse HJS Uitnodigingsbyeenkoms behaal is nie en selfs twee rekords het gespat. Annemarie van der Spuy van La Rochelle het die rekord in die 400m vir meisies o.17 geëwenaar met haar tyd van 60,9s. Terwyl Richard Murray en Johan Hanekom (albei Paul Roos Gimnasium) rekords verbeter het in die seuns o.14 1500m (4:25,6s) en seuns o.17 400mH 54,1s onderskeidelik. Ander prestasies sluit in die Larries Stacey Gardiner (o.15 100m 13,2s), Giselle Leon (o.17 gewigstoot 10,21m) en Marné van der Burgh (o.19 hoogspring 1,65m, verspring 5,40m, 200m 26,6s), Schalk van der Merwe van PRG (o.15 verspring 6,05m, 100mH 14s), Louw Smit van Paarl Gim (o.15 100mH 14, 100m 11,5s), Pierre Pieters van PRG (o.14 100m 11,5s, 110mH 15,2s) en Floris van Zyl van HJS (o.17 gewigstoot 15,35m). |
|
||||