|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
I AM responding to the letter in Paarl Post on 21 February (No help for the sick at this clinic). Each and every word in that letter is true. One thing the author of the letter forgot to mention, is the fact that older children and adults who get medicine there, can tell you that the medicine is mixed with water. I am not just saying this because I want some special treatment at the clinic. I have experienced this myself and I will never forget it. Another worried citizen The municipal manager, Jacques Carstens, replies: The nationally approved list of essential medicines include a number of antibiotics. The largest group of these antibiotics are penicillin related preparations that are commonly used for the treatment of most paediatric infections. All of these antibiotics are supplied in dry powder form that requires reconstitution by the adding of a specified amount of water. Once reconstituted these preparations have a shelf life of only 14 days. In liquid form these preparations would be expired long before reaching an institution and unsuitable for use. Preparations used in municipal clinics include Penicillin V, Amoxycillin, Fluclocacillin and Erythromycin. What may appear as adding of water is actually a process of reconstitution of a suspension. |
|
|
|
|
MET verwysing na die klagtes oor hoë spoed in Skoolstraat, Noorder-Paarl (Paarl Post 15 Maart), wys ek graag daarop dat Skoolstraat voor 1936 die hoofaansluiting oor die Bergrivier was. Dit is nog altyd geag 'n moontlike skakel tussen Hoofstraat en die voorgestelde verlenging van Bergrivier Boulevard noordwaarts te wees. Die raadgewende ingenieursfirma Africon is aangestel om 'n vervoermeesterplan op te stel en die ondersoek sal onder andere aantoon of hierdie padverlenging benodig word. Gedurende die tagtigerjare is klagtes ontvang van roekelose bestuur in Skoolstraat en as 'n tussentydse maatreël is twee stelle vierrigting-stopstrate aangebring. Sedertdien is geen klagtes oor roekelose bestuur in Skoolstraat onvang nie. Ongeag die bevindings van die verkeersondersoek sal spoedwalle nie in Skoolstraat aangebring kan word nie, aangesien die straat as 'n hoofversamelpad geklassifiseer is. Dit word nou wel op die lys van ondersoeke vir verkeerskalmering (spoedverlaging) geplaas. Indien die ondersoek aantoon dat daar wel 'n probleem is, sal gepaste maatreëls voorgestel en op die begroting vir 2003/2004 geplaas word vir oorweging. In die korttermyn sal die verkeersafdeling voortgaan met wetstoepassing in die gebied. Jacques Carstens, Munisipale bestuurder Drakenstein |
|
|
|
|
ONS is almal dankbaar vir die verbetering van Hoofstraat in Suider-Paarl, maar dit kan ook ekonomies katastrofies wees vir enkele klein besighede wat van verbyvloei-verkeer afhanklik is vir besigheid, soos die koffiewinkels, restaurante, rekenaarwinkel en gastehuise. In hierdie strook is daar meer as 20 sulke besighede. Volgens die Paarl Post sal die werk teen die tweede week in April voltooi behoort te wees. Vir my lyk dit of hierdie opmerking die ekonomiese nood van die betrokke klein besighede totaal verontagsaam of selfs verkleineer. Die padwerke het al 'n maand gelede begin (met die oopgrawe van alle waterpype en elektriese kabels) en van daardie tyd af het besigheid begin afneem. Vandat die pad vir gewone verkeer gesluit is (drie weke gelede), het verbyvloei-besigheid geheel en al tot stilstand gekom, en dit sal nie weer op dreef kom totdat die pad in sy geheel geteer en die sypaadjies en randstene herstel is nie. Ek vertrou dat die hele projek teen die derde week van April voltooi sal wees, maar miskien kan dit nog langer neem as dit. Die finansiële implikasie vir baie besighede is dat inkomste vir minstens twee maande ingekort (en in party gevalle selfs opgeskort) is. Dit kan nie geïgnoreer word nie. Ons, as besighede in hierdie area, wil 'n beroep op Paarl se inwoners doen om ons nie in die steek te laat nie. Kom kyk asb wat aangaan en kom ondersteun ons! Willem Fourie |
|
|
|||||||||||||
|
MôRE, Menseregtedag, is seker een van die belangrikste vierings in ons demokratiese bestel. Suid-Afrika spog met 'n handves van regte, vervat in ons grondwet, wat wêreldwyd as model erken word. Wanneer 'n mens egter dié beloofde regte deurtrek na jou plaaslike omstandighede, wonder jy dikwels of jyself of jou dorp dan nie daarby ingesluit word nie. * Elkeen is gelyk voor die reg en het die reg op gelyke beskerming. Pragtige sentimente, maar die meeste inwoners van die Vallei sal vir jou vertel dat misdadigers veel meer vryhede en regte besit as die man op straat. Heelwaarskynlik is dit nie waar nie, maar dit is die persepsie van die kieser en die gevoel waarvan politici moet kennis neem. * Niemand mag eiendom ontneem word nie, behalwe ingevolge 'n algemeen geldende regsvoorskrif, en geen regsvoorskrif mag arbitrêre ontneming van eiendom veroorloof nie. Ja, vertel dit tog vir die skelms! * Elkeen het die reg op toegang tot geskikte behuising. Nog 'n wonderlike reg, maar een wat beslis nie maklik uitgevoer kan word nie. Plakkerskampe gaan nie oornag verdwyn nie en intussen sal mense ook ingelig word oor die verpligting om eiendomsbelasting, dienste en huishuur te betaal. * Elke kind het die reg op 'n naam en nasionaliteit, op gesinsorg, op basiese voeding, skuiling en gesondheidsdienste, om teen mishandeling en verwaarlosing beskerm te word. Wat dan van al die straatkinders, kinders wat nie skoolgaan nie, jeugmisdadigers - is hulle nie Suid-Afrikaners nie of het ons nog net nie by hierdie punt uitgekom nie? Spaar tog môre 'n paar oomblikke om deur die handves te blaai en te droom oor wat eintlik moet wees... |
||||||
|
||||||