|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
MET Menseregtedag môre word die demokratiese grondwet van Suid-Afrika gevier. Rastafariër Daniel Bastiaan sê dis ook 'n geleentheid om te dink aan die duisende mense wat hul lewens verloor het om die voorheen benadeelde gemeenskap hul geregtigheid te gee en die geleentheid te gee om die demokrasie te geniet. "Die plaaslike gemeenskap het 'n ryk geskiedenis as dit by die veg vir geregtigheid, verandering en menseregte kom. "Mense soos Adri Faas, Vivian Mathee en baie ander het hul lewens opgeoffer. Dit het gely tot baie veranderinge nie net in die Paarl nie, maar ook die land," het hy bygevoeg. Môre herdenk ons ook die 'Sharpeville Slagting' in 1960, toe 69 mense wat teen die gebruik van passe betoog het, doodgeskiet is. Terwyl die grondwet eis dat burgers die reg tot vryheid en veiligheid het, is Valenzo Davids nie so seker hoe veilig hy regtig is nie, met die toenemende misdaad in die vallei. "Ek is baie ontevrede dat misdadigers wat moord, diefstal en aanrandings pleeg net agteroor gaan lê en 'n 'luxury' leefstyl geniet in gevangenisse. "Ek dink die doodstraf moet teruggebring word as die moord en geweld nie ophou nie. Vroeër jare was daar nie so baie misdaad soos nou nie," het hy gesê. Randall Williams voel dat menseregte nou meer vir misdadigers baat as gewone bur-gers en doen 'n beroep op mense om hul regte te ken en toe te pas. "Kinders jonger as 18 jaar het spesiale regte, soos om nie mishandel te word nie." Freek Cupido van Chicago, Paarl-Oos, dink ook meer kan gedoen word om mense bewus te maak van hul regte en hoe die owerhede dit misken. "As ek die polisie bel oor misdaad in my buurt, reageer die polisie op hul eie tyd. "Daar is mos nou nie regverdigheid as dit so aangaan nie - 'n mens se regte word jou hierdeur ontneem," het hy gesê. Anchel Human, 'n matriekleerling wat in Noorder-Paarl woon, stem saam. "Indien jy 'n saak maak teen iemand weens 'n misdaad, is die kans dat die reg sal seëvier, baie min." Sy dink dat menseregte beteken dat elkeen besluite kan neem oor hul eie toekoms. "Maar soms maak mense misbruik van hul regte." Deon de Lange sê hy dink die grondwet gee gelyke regte vir almal, maar is ontevrede met die regering se hantering van die HIV/Vigs epidemie "As daar 'n geleentheid is om lewens te red of as die medici voel dat die dwelm nevirapine jong babas van moeders met HIV/Vigs kan red, dan moet dit gratis aan mense gegee word," sê De Lange. Hy voeg by dat mense hul regte moet ken en die nodige inligting moet kry oor HIV/Vigs en hoe om dit te bekamp. Die grondwet sê dat jy die reg op 'n gesonde omgewing het. Maar Angeline van Coller van Carterville sê sy is so ongelukkig met haar plaaslike regering, sy dink nie sy geniet al haar regte nie. "My straat sou al in 1994 geteer gewees het en niks het daarvan gekom nie. Die strate is vol vullis en die raadslid wat ons ingestem het, kan ook nie vir ons help nie. "Ons dreins is geblok, wat die gebied onhigiënies maak. Watter regte het ek as 'n huis-eienaar?" vra sy. Die grondwet sê ook dat almal toegang tot gesondheidsorg het en dat die regering moet verseker dat almal toegang tot voedsel, water, gesondheidsorg en maatskaplike sekerheid het. Maar Simon Nkonke van Thembani-plakkersgebied in Mbekweni meen dat hy geen menseregte het nie. "Mense soos ek, wat nie blyplek het nie en wat in 'n plakkerskamp woon sonder lopende water en toiletgeriewe, het nie regte nie," sê hy. Hy voel hy verdien 'n huis en ander geriewe. * Local residents are doubtful whether to celebrate Human Rights Day, as they feel many of their rights are infringed by rising crime and poor municipal services. |
|
|
|
|
'n BEKENDE inwoner van Safcol La Motte by Franschhoek, Aron Mtonga, is Maandag in die ouderdom van 84 jaar oorlede. Hy het sy lewe lank vir die ou Departement Bosbou op La Motte gewerk as arbeider. Mtonga was ook in die Eerste en Tweede Wêreldoorlog soldaat gewees. Hy was die oudste van die Mtongas op Franschhoek, wat hulle tuisland Zambië verruil het vir Suid-Afrikaanse burgerskap. Hy laat sy vrou Anna en kinders Aron, Afrika, Jane, Semi en Lettie agter. Die begrafnis is Saterdag om 14:00 te Stinkhoutlaan 141, La Motte. |
|
|
|
|
DIE Wellington Rapportryers het weer hulle tweejaarlikse merietetoekennings gemaak aan verdienstelike instansies of persone in die dorp. Sakeman Slabbert Burger en sy vrou Paula is vereer vir hulle ontbaatsugtige diens aan die Wellington-Noord gemeenskap, onder meer deur verskaffing van vervoer aan bejaardes. SCB Smit is vereer as medegrondlegger van die toerismebedryf in Wellington. Charlotte Cupido (oudonderwyseres) het 'n toekenning ontvang vir haar lewenslange betrokkenheid by kultuur-, kerk- en gemeenskapsaktiwiteite. Jan Orffer van die plaas Limietrivier is vereer vir sy bydrae aan die Wellington gemeenskap en veral die landelike gemeenskap. Joubert Cillié (88) van die plaas Vrugbaar het die gemeenskap op vele terreine gedien, en sal veral onthou word vir sy ywer om Wellington as speelhoofkwartier van die Boland Rugbyunie te vestig. Patrick Ross word as landdros vereer vir sy merkwaardige diens aan Wellington, as leier op sportgebied en as rolmodel vir die jeug in sy gemeenskap. Louise Grobler, adjunkhoof van Hugenote Hoërskool, is vereer vir die wyse waarop sy sedert 1984 'n groot aantal Wellingtonse seuns en dogter in vasvra, debat en redenaarskompetisies afgerig het met prestasies op nasionale vlak en daardeur ook blootstelling vir Wellington verkry het. |
|||||
|
|||||