|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
MTN Boland Netbal het Vrydag 'n topprestasie behaal deur twee eretoekennings van die Wes-Kaap Departement Sport en Rekreasie te ontvang. Die toekennings is tydens 'n spogdinee in Kampsbaai aan die wenners oorhandig. Die Boland A span het onder andere die WP rugbyspan geklop om die toekenning vir Span van die Jaar 2001 te ontvang, nadat hulle die puik prestasie behaal het om as die 2001 Nasionale Netbal Kampioene gekroon te word. Die Bolanders was onoorwonne in hul opmars na die titel, en die sterk span van WP en die vorige aantal jaar se kampioene, Gauteng-Noord, is oortuigend geklop. Bennie Saayman, afrigter van beide die Boland en die Wes-Kaap Tornados, is vereer as Afrigter van die Jaar 2001. Saayman is 'n voormalige Protea afrigter en word steeds beskou as een van die heel beste netbalafrigters in Suid-Afrika. Die kriteria om die toekenning was egter nie slegs op prestasie geskoei nie, en Boland het met hulle aansienlike bydraes om ook sport in die gemeenskappe te bevorder, getoon dat hulle die toekennings dubbel en dwars verdien. |
|
|
|
|
THE Boland Dog Training Club is hoping to take top honours in this weekend's SA National Dog Jumping Championships which will be held at the Rand Show in Johannesburg. "We finished second last year behind the South Cape after narrowly losing out with a slower time," says Alison Turner, one of the four dog handlers who will represent Boland at the championships. It is reassuring to see that three of the dogs chosen to represent the province were adopted from the SPCA and Animal Anti Cruelty League respectively. "It just goes to show what potential some of these abandoned and mistreated animals have locked up inside of them," says Turner. The handlers' hopes rest largely on Mandi, a Border Collie, who for the fourth time finished fourth in her class last year. "She has never done better than fourth, but we hope this year she might do better," said Karen Vermaak, Mandi's trainer. The dogs compete in two categories - standard size dogs and mini dogs - in both individual and team events. |
|
|
|
|
THE Mount View Memorial and the Elbring Memorial Trophies dart competition got off to a great start recently. United continues their victory path by beating Gee Boyz 7-4. Magnolia A beat a devastated Kohler Versapak team by 6-5. Mount View were very unfortunate not to get their first victory under the belt. They lost 5-6 to Cardinal. Allandale showed no mercy and demolished Magnolia B 11-0. Andy Pontello (United), Denzil Jones and Irvine Carolissen both of Kohler Versapak, all achieved 180. Jacobus Steenkamp (Allandale) closed with the highest figure of 99. The first interprovincial matches of the Western Cape and Districts Dart Association start on Saturday. Boland plays North Boland. A men's A, B, C and veteran team will compete as well as a women's A and B team. The men's A team is Gavin Naidoo, Johan Marais and Wilfred Raats of United as well as Denzil Jones and Irvine Carolissen from Kohler and Christy Goff (Magnolia). The ladies' first team consists of Charmaine Johnston (Cardinal), Jacky Sitzer (United), Denise Nicholson (Magnolia) and Elaine Herklaas (Mount View). |
|
|
|
|
DIE eerste krieketspan van HJS het in die bestek van 'n week twee keer vir Paul Roos geklop. Boishaai se eerste oorwinning was in 'n All Gold uitklopwedstryd wat verlede Dinsdag gespeel is. Paul Roos se 99/7 na 30 beurte was nie genoeg om die Paarliete te stuit nie. Danksy ekonomiese boulwerk deur Johan Beukes (2/11), Hansie Diedericks (1/13), Christian Loubser (1/15) en Vince Pennazza (1/20) kon Paul Roos maar min uitgerig kry. HJS slaan die wenlopies met ses paaltjies plat. Pennazza was hier die uitblinker met 42 nun. Boishaai het gister op Vredenburg teen Western Sekondêr te staan gekom in die halfeindstryd. * Die manne van die Eikestad was Saterdag nie veel gelukkiger in hul ligawedstryd teen HJS nie. Paul Roos word weer vir 'n skamele telling van 63 uitgeboender danksy die uitstekende boulwerk van veral Jan Rabie wie se 5/15 in 10 beurte 'n driekuns ingesluit het. Christian Loubser (2/12 in 6) het ook goed geboul met die res van die paaltjies wat tussen die boulers verdeel is. HJS teken met gemak die wenlopies aan en wen met sewe paaltjies. Herman Ingwersen (28*) en Hansie Diedericks (17) het die beste met die kolf gevaar. |
|
|
|
|
THE Winelands Masters Swimming Club in Paarl has proven its worth after its second season of participation in the SA Championships. An eight member team brought in a total of 28 medals in the three day event. This performance also contributed to the Western Cape Region receiving the shield for the best region in South Africa. Cape Town Masters won the trophy for the Club with the most points overall, with Dolphins of Cape Town also performing very well. An aspect which Winelands can also be very proud of, is that for the two consecutive years, every race entered was swum, that is no scratchings. |
|
|
|
|
DIE goeie vorm van Burger Potgieter en Johan Schoeman het hulle Saterdag van 'n eerste plek besorg in 'n Vierbal-Beterbal Stableford kompetisie wat by Wellington Gholfklub gespeel is. Die paar se telling van 50 was drie houe beter as dié van Petrus Esterhuyse en Peter Swart met 47. In die derde plek was Hendrik de Jongh en Wessel Botha ook met 47, gevolg deur Basie Powell en Gerhard Lotz (46) en Willem Jacobs en Neville Minnaar. In 'n Enkel-Stableford kompetisie wat Sondag by die Bergrivier Gholfklub gehou is, het Nikkie Ruiters met 43 in die eerste plek geëindig. Peter Cyster was die naaswenner met dieselfde telling. In die derde plek was Davey Green (42) gevolg deur Cedric Brink, Christian Philander en Mike Klaaste almal met 38. Tydens 'n 4BBB Bogey Plus kompetisie wat Saterdag by Paarl Gholfklub gespeel is, het M Julius en M Laubscher (+11) met die louere weggestap. In die tweede plek was C Gerber en L Serebro met +10 gevolg deur IJ van Rensburg en R Olafson met +9. |
|
||||