|
DIE voorlaaste uitvoering in die huidige reeks musiekkonserte op La Motte Wynlandgoed vind Saterdag om 19:00 plaas.
Die kunstenaars in die program, wat hoofsaaklik uit Barokmusiek bestaan, is Carina Bruwer (fluit), Nhanhla Mweni (tenoor), Marion Lewin (tjello) en Mario Nell (klawesimbel).
Carina het die meeste van die belangrikste nasionale pryse vir jong musici verower. Nhanhla was onlangs tenoorsolis in die uitvoering van Mozart se Requiem deur die Kaapse Filharmoniese Koor.
Marian Lewin word allerweë beskou as die doyenne van Suid-Afrikaanse tjelliste.
Mario Nell is orreldosent aan die Universiteit van Stellenbosch.
Van die werke wat uitgevoer gaan word, is JS Bach se Fluitsonate in E mineur en Vivaldi se Sonata vir Fluit en Continuo in C Majeur.
Nhanhla Mweni sing onder meer die Benedictus uit JS Bach se Mis in B mineur, en die Resitatief en Aria "Comfort Ye, My people uit die Messias van Handel".
Kaartjies teen R95 elk by Comari Lategan, 876-3119. |