|
met 'n waarde van R147 000, het verlede week uiteindelik weer hul pad teruggevind na die skool.
Volgens Elsa Nel, musiekonderwyser, is die instrumente onvervangbaar omdat dit so duur is.
"Een instrument kos sowat R10 000, nie te praat van 'n tuba wat sowat R35 000 kos nie."
Volgens haar het die instrumente net stof by die weermagbasis waar die instrumente gehou is, opgegaar.
"Die instrumente het vir die hele jaar ongebruik hier gelê terwyl hier kinders by ons is wat sonder instrumente gesit het. Een seun het vir die hele jaar sonder 'n tuba gesit," sê sy.
Sy sê hulle is baie dankbaar omdat die skool nie net vir sy sport, soos rugby, bekend is nie, maar ook vir die kultuur.
"In die verlede het die blaasorkes by al ons byeenkomste gespeel en die saalbyeenkoms was nooit dieselfde sonder die instrumente nie".
Oudorkeslid Derick de Villiers van Durbanville, 'n regsgeleerde, sê toe hy die berig oor die instrumente sien, het hy dadelik die skool gebel en hulle het skouer aan die wiel gesit om die instrumente terug te kry.
"Ons het briewe aan die Wes-kaapse onderwysdepartement geskryf en dit het toe deur die regte kanale deur die weermag na Pretoria gegaan, waarna ons die instrumente kon terugkry," sê hy.
Die instrumente is net betyds teruggekry vir die skool se orkes-reünie Vrydagaand. Dit sal ook bygewoon word deur lede van die vlootorkes. |