safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 20 Novemberr 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 27 November  2003 at 17:00

Lifestyle - Leefstyl


wtomFC

NAT STAP. Meer as 500 mense het deelgeneem aan Paarl Hospice se jaarlikse lentestap, hoewel die hewige reënbui die oggend heelwat mense in hul spore laat omdraai het.


Apply for bursary

[ Top ]


The Paarl Rotary Club, administrators of the Diepering Trust, are seeking applicants for the Diepering Bursary.

The bursary will be granted to a student undertaking studies at a university or technikon and who comes from a disadvantaged background.

The bursary is payable annually in advance for a period of three years.

 Interested parties can forward applications to Gus Molenaar, Paarl Rotary Club, PO Box 26, Paarl 7620 or contact him on 082-663-2201 for more information


Kerkdiens vir Vigsdag

[ Top ]


'n GESAMENTLIKE erediens opgedra aan persone wat geïnfekteer en geaffekteer word deur MIV/Vigs, vind op Sondag 30 November in die Calvyns Protestantse Kerk in Abattoirstraat, Paarl, plaas.

Die diens is van 16:00 tot 18:00 en val saam met Wêreld Vigsdag.

By die geleentheid sal die burgemeester en onderburgemeester van Drakenstein tien sertifikate van erkenning namens die Khumanani organisasie oorhandig aan tuisversorgers en ander individue wat 'n  bydrae maak tot die bestryding van die pandemie.

Intussen het die Vigs Aksiegroep in Drakenstein ook besluit om sertifikate van waardering te te oorhandig aan invidue en organisasies wat betrokke is in die bewusmaking en bestryding hiervan.

Skakel ds Stephen Snyman (862-2747) of Jolanda Lerm, 863-3072 (w) of 083-580-9501 met name van verdienstelike individue of organisasies.


Bekende koor sing in Paarl

[ Top ]


DIE wêreldbekende African Children's Choir van Uganda besoek die Paarl en tree Sondagaand om 17:00 op as gaste van die Lighuis Gemeenskapskerk in Plumbagostraat, Klein Nederburg, op die parkeerarea van die Miqlat gemeenskapsentrum (ou Tiffany's).

Die African Children's Choir is 'n groep van 36 kinders van Uganda en was verskeie kere op televisie en was ook al die gaste van president Mandela en die Felicia geselsprogram op SABC.

Hulle was baie gewild onder die afgevaardigdes van die onlangse SACLA konferensie te Pretoria. Tans toer hulle deur die land en tree saam met plaaslike kore en sangers op.

Navrae by past Vernon Jacobs, tel 862-7774 of 083-7667-495.

Bring asseblief jou eie stoel saam.


Skool skenk vir fonds

[ Top ]


SES Wellingtonners gaan hul huise feestelik tooi vir die Kersseisoen en aan die publiek oopstel om oulike Kersfees-idees en nuttige wenke te deel.  

Kaartjies is R20 en dit sluit toegang na al ses huise in tussen 26 en 28 November van 19:00 tot 21:00. Mense kan op Huguenot Hoërskool se terrein parkeer en van gratis vervoer met die skoolbussie gebruik maak. Skakel Lida Marais by die skool (873-2111 of 873-1078) vir kaartjies.

Die opbrengs is ten bate van die skool se halfeeufees volgende jaar, en 10% word geskenk aan die Paarl Post Opelugfonds.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za