|
regmerkie agter sy naam kry, toe hy tydens die Boland-proewe, in die wedstryd tussen Sentraal 1 en Suid-Boland, sy hoogste telling van 118 aangeteken het.
Sy pa, wat deesdae by die Lipton Wes-Kaapse Krieketakademie in die Paarl betrokke is en ook die Boland B-span afrig, het van o.13 tot o.19 Boland tydens die Nuffield-week verteenwoordig wat vandag as die Coca-Cola week bekend staan. Hy is ook destyds in die SA Skolespan opgeneem.
Salieg het in 1983 senior provinsiale krieket gespeel, was in die Impala-span wat in die destydse Benson & Hedges dag-aandreeks gespeel het, het sy buiging in die SA President XI gemaak teen die Australiese Rebelle-toer en het 'n seisoen vir die Skotse klub, Poloc, gespeel.
In 1997 het Nackerdien sy beenskutte weggepak en in 2000 die Boland C-span begin afrig. Hy rig die afgelope twee jaar die Boland B span af.
Dit is dus duidelik dat Imraan die regte gene het om ook die hoogste sporte in krieket te bereik. |