safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 20 Novemberr 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 27 November  2003 at 17:00

Youth - Jeug


wpak2FC

KLAAR MET MATRIEK! Drie matrikulante van Hoër Meisieskool Paarl, Tinamari du Toit, Carlien de Kock en Michelle van Zyl, was vandeesweek in 'n ligte luim nadat hulle die laaste eksamenvraestel van hul skoolloopbaan geskryf het. Hier is Tinamari besig om op te pak voordat sy haar koshuiskamer ontruim.


Gesinspret met kiskarwedren

[ Top ]


DIE Gesins- en Huweliksvereniging van SA (Famsa) vier aanstande jaar sy 50ste bestaansjaar in Suid-Afrika. As deel van die vieringe van dié mylpaal nooi hulle  gesinne uit om op Saterdag 29 November om 11:00 aan die gewilde kiskarkompetisie in Generaal Hertzog Rylaan, Wellington, deel te neem.

Dit is die derde keer dat Famsa hierdie kompetisie aanbied, met groot pret en lekker pryse op die spel. Horlosies, sonbrille en hope kontantpryse kan hier gewen word en verversings sal ook te koop wees.

Inskrywingsvorms vir die Kiskarwedstryd is te kry by laerskole, sportwinkels en by die inligtingskantore op Paarl en Wellington.

Alle belangstellendes, deelnemers en laatslapers moet Saterdag 29 November om 06:30 op die hoek van Blouvleistraat en Generaal Hertzogrylaan aanmeld.

Navrae by Marietjie Geldenhuys, 083-278-9651 of 873-6296 * Die jaarvergadering van Famsa Boland is Dinsdag om 19:00 in die Marthsaal op Wellington. 'n Regsgeleerde, Marietjie Geldenhuys, praat oor die implikasies van die voorgestelde wysigings rondom die huwelikswet.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za