safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 20 Novemberr 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 27 November  2003 at 17:00

Sport


wtowerFC_new

RUGBY OF SOKKER? Spelers wat die Kaapse proewe vir die Springbok Sewespan gespeel het, het Saterdag by Drakenstein Gevangenis voluit gegaan om die nasionale afrigter, Chester Williams, te beïndruk. Hier verseker Lubalalo Mzwakali die bal terwyl sy spanmaat Dale Heidtmann ondersteuning bied. Marc de Marigny keer vir 'n knie in die gesig.


Paarliet is nuwe Sewes Bok

[ Top ]


'n OUD-LEERDER van New Orleans Sekondêr, Danville Demas, is vandeesweek in die Springbok Sewespan opgeneem.

Die lenige vleuel/heelagter van die Agter-Paarl is in sy matriekjaar in die Boland Akademie span opgeneem. Na skool het hy vir die WP o.19 en o.21 spanne uitgedraf en was ook vanjaar deel van die WP Meriete groep.

Daarby speel hy ook gereeld 'n paar wedstryde vir sy klub, Windmeul United.

Chester Williams, afrigter van die Sewes-Bokke het ook verlede jaar vir Demas na die proewe genooi, maar 'n skouerbesering het sy kanse in die wiele gery.

Vanjaar het sake egter vir hom in plek geval tydens die Kaapse proewe wat Saterdag by Drakenstein Gevangenis gehou is.

Nog 'n WP-speler, die SA o.19-kaptein, skrumskakel Paul Delport, is ook in Williams se span ingesluit.

Die ander nuwe gesigte is Kabamba Floors van SWD en die Vrystaat se Thonderai Chavhanga.

Die Wellingtonner, Eugene Francis, wat al 'n bekende gesig in die Springbok Sewestrui is, is ook weer in die span ingesluit.

Die oud-Gimmie en Pumas-vleuel, Marius Schoeman, is ook weer in die span ingesluit.

Die Internasionale Rugbyraad se Wêreldreeks skop einde vandeesmaand in Doebai af.

Die Suid-Afrikaanse span is Marc de Marigny (k), Marius Schoeman, Wayne van Heerden, Dale Heidtmann, Kabamba Floors, Thonderai Chavhanga, Paul Delport, Eugene Francis, Earl Rose, Jose van Rensburg, Danville Demas en Fabian Juries.


Boland fokus op kits-stryd

[ Top ]


DIE Boland krieketspan het Maandag sy eerste sege in die SuperSport vierdagreeks beklink toe hulle vir Vrystaat met 23 lopies geklop het.

Die Bolanders wat die wedstryd met die kolf begin het, is deur die man van die wedstryd, Justin Ontong, gered van 'n algehele ineenstorting.

Ontong se pragbeurt van 150 van 170 balle het 22 grenshoue ingesluit en die groot bydrae gelewer tot sy span se 244. Geen ander kolwer kon meer as 20 lopies aanteken nie.

Hoewel die Vrystaat-kolwers 'n meer gebalanseerde vertoning gelewer het, is hulle tot 266 beperk danksy die boulwerk van Ryan Groeneveld (4/39 in 23 beurte, 9 leeg), kaptein Con de Lange (2/6 in 8,3 beurte, 3 leeg) en Ontong (2/49 in 23 beurte, 8 leeg).

Boland se 250 in hul tweede beurt met bydraes deur Gerhard Strydom (68), Mark Sanders (49) en MJ Friedlander (40), het die tuisspan die taak gelos om 229 in 84 beurte aan te teken.

Die nuwe insluiting, Bardo Fransman, het egter die tuisspan- kolwers gepla met sy syfers van 3/59 in 11 beurte een daarvan leeg, terwyl Wallace Albertyn (2/35) en Groeneveld (2/39) ook hand bygesit het om Vrystaat vir 250 uit te haal.

Friedlander en Fransman het vir Henry Williams vervang wat 'n ruskans gegee is.

Hoewel 'n wen baie gedoen het om die Bolanders se gemoedere te lig, het hulle nie vir die Super Ses afdeling van die kompetisie gekwalifiseer nie.

Die span se afrigter, Deon Muller, is egter nie een om oor gedane sake te huil nie.

"Die eendagkompetisie is nou ons groot fokuspunt. Boland is bekend vir sy reputasie as 'n goeie eendagspan en ons eerste mikpunt is om vir die halfeindstryd te kwalifiseer," het Muller Woensdag gesê.

Hy is net so tevrede met Ontong se huidige vorm wat drie honderdtalle die seisoen ingesluit het.

"Justin is meer gefokus en meer ontspanne en het 'n lekker positiewe benadering tot die spel," het Muller gesê.

Volgens Muller sal Williams weer volstoom die eendagreeks aanpak. Bardo Fransman sal ook hier speelkans kry.

Dié speler van Worcester United het die keurders voldoende beïndruk vir 'n plek in die groep. Daarby sal die regterhandse kolwer, Henry Davids, weer sy terugkeer tot die span maak nadat hy 'n oogoperasie ondergaan het.

Boland sal hul eendagveldtog môre op 'n hoë noot wil begin wanneer hulle vir Gauteng op die Wanderers pak. Hulle speel Sondag ook weg teen Oostelikes.


Geen uitslae vir Young Peoples oor naweek

[ Top ]


TWEE onbesliste wedstryde was die naweek in die kaarte vir die Young Peoples Krieketklub.

Op Hermanus kon Peoples I net nie daarin slaag om met die tuisspan af te reken nie. Die besoekers behaal 254 almal uit in die 60ste boulbeurt.

Twee vyftigtalle deur Elrich Jansen (59) en Edwin Jacobs (50) het die Peoples kolfbeurt gekenmerk, met Hubert Ontong (36) en Mark Borchards (29) wat ook die veldwerkers werk gegee het.

Hermanus kolf teen 'n slakkepas en kon teen uitskeityd slegs 196/7 op die bord kry.

Peoples se beste boulers was Jacques Krynauw (3/33) en Deon Smith (2/33).

Die tweede span het ook 'n oorwinning deur hul vingers laat glip en moes met 'n onbesliste uitslag tevrede wees teen Coronations op Pniel.

Die tuisspan behaal 253/9 in hul 60 beurte, met G Smith (111) en A Robyn (90) wat skitterend kolf.

Peoples se Leonard Paulsen (2/44), Jarier Alexander (2/76) en Wade Anderson (3/13) het die paaltjies laat kantel.

Peoples kolf van die begin af goed en teken 243/8 aan, slegs 11 lopies kort van die wentotaal.

Anderson (83), Stanton Kamalie (45), Melvin Jacobs (30) en Grant Kuiler (28) was die manne met die breë kolwe.

Die derde span se wedstryd teen Atlantis is afgelas weens 'n nat kolfblad.

Peoples I speel Saterdag tuis teen Brackenfell en Peoples II weg teen Hermanus.


Paarl still riding wave

[ Top ]


THE first team of Paarl Cricket Club retained their position at the top of the log with nine points after their winning draw in Worcester on Saturday.

Sent in to bat first, Paarl struggled against Garfield Goetham (5/48) and Nolan Loff (5/48), but the middle order rallied bravely.

Hilton Solomons (42), Anwell Newman (33) and the youngster Randall April with 25, including five boundaries, kept their heads down on a difficult wicket, to set the home team a target of 183 in 60 overs.

Paarl's spinners entered the fray in the seventh over, taking all nine wickets and well assisted by wicketkeeper, Bobby Nicholson, with three stumpings.

Rohan Goetham (5/50 in 25 overs) made a welcome return to the team, while Alfredo Adams (4/58) tied up the other end to restrict Worcester United to 162/9 and giving six points from the match.

On Saturday Paarl I and Stellenbosch/Districts clash at the Parys grounds, Paarl II host Easterns, Paarl III host Atlantis and Paarl V travel to Northdene.


Bottervingers pla Bergrivier

[ Top ]


VERBROUDE vangkanse en swak kolfwerk het Bergrivier se eerste span in hul premierliga-wedstryd die naweek op Citrusdal duur te staan gekom.

Die span van Wellington wat tot dusver goed vertoon het, se onervare spelers moes tweede viool speel teen 'n span wat vanjaar maar gesukkel het.

Die tuisspan het eerste gekolf en is vir 226 uitgehaal. Chris Louw (34 4x4), Ruben Maritz (31 4x4), Jacques Olivier 46 8x4) en Jacobus Talfritzer (35 4x4) was die manne met die breë kolwe.

Bergrivier se veldwerk was swak en in die eerste twee beurte het hulle vier vangkanse deur hul vingers laat glip.

Andrew Abrahams (4/55) en Nathan Thomas (2/31) was die besoekers se beste boulers.

Bergrivier was na slegs 38 beurte weer terug in die pawiljoen nadat hulle net 155 lopies kon aanteken.

Mark Julies was al een wat hard gewerk het. Sy goeie 68 wat nege grenshoue en drie sesse ingesluit het, het sy span van 'n algehele ineenstorting gered.

Olivier (5/28) en Roelf Mouton (3/51) het die Wellingtonners op 'n streep laat stap.


Baanfiets tel nou vinnig
spoed op

[ Top ]


PLAASLIKE fietsryklubs is tans hard besig met voorbereiding vir die baanseisoen wat voorlê.

Meeste van die jaers is betrokke by wedrenne in beide Bellville en in die Paarl.

Verlede Saterdag se byeenkoms wat deur Yorkshire aangebied is, was weer 'n groot sukses en die jaers het toeskouers getrakteer op goeie fietsry.

Die beginners en ook die geharde manne het almal hul kant gebring en ten spyte van 'n val in die wedren vir ontwikkelingseuns het die jongmanne opgestaan en was hulle gou weer gereed om die volgende wedren aan te pak.

In die ope-afdeling was dit weer die Rhadsport-jaer, Nolan Hoffman, wat die toon aangegee het en dit is duidelik dat hy nie maklik deur die plaaslike kompetisie geklop gaan word nie.

Oormôre se stryd by Rhadsport se baanbyeenkoms kan egter 'n paar verrassings oplewer. Die program sluit vyf wedrenne vir die ope-afdeling in.

Die terugkeer van Garth Thomas, wat tydens die padseisoen in Johannesburg meegeding het, kan sake baie interessant maak.

Hoewel Thomas dalk die nodige uithouvermoë het, sal hy dalk nog nie teen dieselfde spoed kan jaag waarteen die huidige wedrenne afgelê word nie. Daar sal met belangstelling gekyk word hoe vinnig hy weer by die baan-kompetisie kan aanpas en watter kompetisie hy vir Hoffman inhou.

Die afgelope weke is byeenkomste op 'n omnium-basis afgehandel, maar Saterdag sal daar prysgeld vir elke wedren op die spel wees, insluitende die ontwikkelingswedrenne.

Die byeenkoms op Faurestraat sal om 14:00 begin en hekke open om 13:00.   


Paarl-Oos lyk beter

[ Top ]


DIE manne van Paarl-Oos wat die seisoen met rukke en stote begin het, het Saterdag op Stellenbosch hul sokkies heelwat opgetrek.

Hoewel die Paarliete nie vir Van der Stel kon klop nie, het hulle die meerderheid punte ingesamel ná die wedstryd onbeslis geëindig het.

Die besoekers het 197 aangeteken voor hulle in die 57ste beurt uitgehaal is.

Randall George met sy onoorwonne 48 en Graig Abrahams op 49 was die grootste lopiemakers, met Jackie Daniels (25) en Henrico Sampson (24) wat ook bygedra het.

Met die tuisspan (194/8) se 60 beurte voltooid, was hulle slegs vier lopies kort van 'n oorwinning terwyl Paarl-Oos nie die laaste twee paaltjies kon plattrek nie.

Waylin September (4/67 in 21bb) en Justin Watts (3/48 in 14bb) het paaltjies geneem terwyl Dennis November en Hilroy Paulse ook baie ekonomies geboul het.

Paarl-Oos palm agt punte in vir hul moeite teenoor die sewe van die tuisspan.

Paarl-Oos II het op hul tuisveld met sewe paaltjies oor Paarl III geseëvier.

Paarl word vir 123 uitgeboul, met Wayne Minnies wat geen genade toon nie en 5/19 in 9,2bb, drie daarvan leeg, aanteken. Garland Goliath (2/26 in 14bb) het ook goed vertoon met die bal.

Die tuisspan moker die wenlopies in die 26ste beurt vir die verlies van drie paaltjies, met Werner Erasmus (50), Butch Green (32nun) en Engelico October (29) wat die lopies kry.

Paarl-Oos I en II speel Saterdag tuis teen onderskeidelik Worcester United en Spes Bona. 'n Hoenderbraai-ete teen R20 sal verkoop word.  


Boland women rampant

[ Top ]


THE Boland women's cricket team proved that their position at the top of the log is no fluke when they thrashed Griqualand West by nine wickets last weekend.

The visiting Griquas won the toss and decided to bat first. They only mustered a total of 79 before being sent back to the pavilion. The only batsman who gave some resistance was Melanie Brits (17).

Josie Barnard gave a season's best performance with the ball, achieving 4/5. Ashlyn Kilowan also picked up two wickets conceding only 13 runs, with the rest of the wickets shared amongst the bowlers.

Boland got the target of 80 in just under an hour's play after lunch.

Barnard once again sparked with an undefeated 44. Partnered with Helmien Rambaldo (18) the two shared an unbeaten second wicket partnership of 53 to clinch the match.

The team will enjoy a well-earned break over the holiday period with their next match scheduled for 17 January against Western Province. The game will start at 10:30 at the fields of the Stellenbosch University.  


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za