|
|
 |
Boesmans pas nou plase op
SPOOR kan hulle vat, hierdie Boesmans wat die afgelope jaar al meer as 'n honderd skaapdiewe by Riebeek Kasteel agter tralies gedraf het. Franschhoek juig oor nuwe huise
DAAR was groot blydskap in Groendal, Franschhoek, verlede week toe die nuwe behuisingsprojek by Mooiwater met die voltooiing van die eerste drie huise afgeskop het. Skelm loop sy rieme styf
'n BLAASKANSIE vir 'n botteltjie wyn was die ondergang van 'n inbreker wat verlede week met 'n armvol buit uit Noorder-Paarl probeer ontvlug het.
DRIE GOUES. Ronel Beukes van die Paarl het die afgelope naweek aan die WP Meestersatletiekbyeenkoms deelgeneem wat op Groenpunt Stadion gehou is. Sy het Vrydag eerste geëindig in die 200m vir seniors, veterane en sub-veterane en dit die volgende dag opgevolg met 'n goue medalje in beide die 100m en 400m. Beukes oefen tans vir die SA Kampioenskappe wat in Mei in Bellville gehou word.Foto: Leon Steenkamp |
|
 |
WATER FRIENDLY. When the heat strikes, as it did this week when temperatures soared to 40 degrees C, Flappie the spaniel's best friend surely has to be little Simoné Visser (6) of Wellington. Although the intense heat left most people exhausted, grape farmers were pleased to have their fruit ripen to healthy, sweet bunches. Pic: Malané Bosman Paarl-Oos Polisie wen liga
DIE vreugdevure het Saterdagaand tot laat gebrand, nadat Paarl-Oos Polisie I in die eindstryd van die Premierliga met Brackenfell afgereken het. Weldoeners kry 'stank vir dank'
WELDOENERS wat troeteldiere uit Wellington se mindergegoede woonbuurtes gratis behandel, is beswaard. Gedenksteen blink weer uit bergkrans
DAAR is maar enkele Wellingtonners wat die tragiese gebeure van 19 November 1959 nog kan onthou toe die jong student Frans Ferreira tydens 'n bergklimuitstappie gesterf het. |
|