safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 21 February 2002

uitlefstreep
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Arts - Kunste


Broer loer by KKNK

[ Top ]


wbroer21"JULLE kan maar vir my dophou

Ek is nie die GROOT oog

wat waak oor die smalle en breede weg nie.

Ek is maar net sy afgevaardigde -

gewoon mens - uit 'n vrou gebore -

maar 'n gesant - een wat gestúúr is Oudtshoorn toe."

Só begin Johann Nel se splinternuwe eenmanvertoning, 'Broer Loer!', wat vanjaar by die Kunstefees of Oudtshoorn te sien is.

Die teks is weer eens gebaseer op die werk van MM Walters, een van Nel se gunsteling-skrywers.

"Ons draai Groot Broer se kameras om en loer 'n slag na hulle wat so lus-tig en voël-vry koeke-loer... Dié satire openbaar wat agter die loersiekte lê - die Afrikaner in 'n veranderende Suid-Afrika!"

Die satiriese stuk is in die Hindon Lesinglokaal en kaartjies kos R40. Regie is oudergewoonte deur Juanita Swanepoel. Sy en Nel het die afgelope jare bewys dat hulle 'n wen-kombinasie vorm.

"Sy is 'n wonderlike regisseur met 'n besondere aanvoeling vir die woordkuns," prys Nel.

Nel, gebore en getoë op Despatch, het hom in die sewentigerjare in die Paarl kom vestig.

Hier het hy vir 23 jaar Engels gegee by Hoërskool Gimnasium en hier het die toneelgogga hom ook ernstig gebyt.

"Kyk, ek het altyd gehou van voorlees en op skool moes ek gereeld my lesse vir ander onderwysers en klasse gaan lees, omdat ek dit so 'móói' gedoen het."

By Gimnasium het hy dramas opgevoer, van komedies tot tragedies en selfs 'n swart-en-wit rolprent gemaak. Sy studente het gereeld by die ATKV- en ander toneelfeeste opgetree en pryse gewen.

In die negentigerjare verlaat hy Gimnasium vir die reklame-wêreld waar hy hom nog steeds bevind.

In dié jare nader Juanita Swanepoel, toe by die Universiteit van Stellenbosch, hom om saam met die studente te speel in die gewilde 'Só is ons gebek'.

Uit dit het die verbintenis tussen die twee ontwikkel en in 1998 word 'Uitverkoop' uitverkoop op die KKNK. Gebaseer op die werk van MM Walters, eindig die stuk vierde op die top tien van Krit, die feeskoerant.

Nel se fassinering met Walters kom 'n lang pad. In 1975, in Taaljaar, het hy gespeel in 'Die Wingerdstok sal rank', Walters se opdragwerk. Later is hy ook in 'Drakenstein, O Drakenstein', 'n opdragwerk vir Paarl Munisipaliteit en ook 'Heildronk op Boschendal', wat vir Boschendal geskryf is.

In 1999 volg 'Praat van die Duiwel', en toe "Ha-ha Afrika", albei uitverkoop.

By verlede jaar se KKNK wy Nel sy aandag aan WEG Louw, een van Juanita se gunstelinge. 'Soveel om vir mekaar te sê' is nog 'n weghol-sukses.

"Eintlik het ek besluit om vanjaar af te vat en 'n bietjie te rus," vertel Nel, "maar uiteindelik het ek besluit ek het 'n verantwoordelikheid teenoor my gehoor wat my die afgelope jare ondersteun het."

En dus is daar 'Broer Loer!'.

Ten spyte van sy sukses op die verhoog en ook as voorleser op die radio, is Nel 'n intens private mens.

"Om met Walters te werk is 'n uiters verrykende ervaring, miskien omdat hy ook baie privaat is."


Almal op die Feestrein

[ Top ]


BYKANS 50 kunstenaars gaan saamry op Die Burger-Paarl Post Konserttrein na die Klein Karoo Kunstefees, wat op Paasvrydag 29 Maart om 13:00 van die Spierlandgoed af vertrek op 1 April terugkeer.

Theuns Jordaan en Helena Hettema stel elkeen hulle nuwe CD's vry tydens die Afskopmakietie op Spier. Karla du Plessis uittreksels uit haar KKNK-produksie, 'Rank'. 

Vir navrae en besprekings kontak Tripp Promosies by 887-7333/1/6, 083-261-0799 of 082-372-3535. Inskrywingsvorms is ook by Paarl Post verkrygbaar.


Sunset concert

[ Top ]


SUNDAY at 17:00 Mountain Shadows guest farm will host its first sunset picnic concert.

An open invitation goes to everybody who would like to bring family and friends, open their picnic baskets and relax on the lawns of this guest farm outside Paarl while listening to beautiful music.

The concert will be presented by Jo-Nette Le Kay, a Paarlite who recently completed her performers' licenciate in singing at the University of Stellenbosch.

She will sing popular arias from Zauberflote, Don Giovanni, Cosi fan Tutti and other well-known operas.

Duets with other talented vocalists form part of the programme, as well as instrumentalists in classical and acoustic guitar playing.

Selwin Pekeur, renowned local artist, Mervin Davids from Cape Town, Sandy Esau from Darling and Johan Davids from Bellville will display some of their latest works to be viewed before and after the concert.

Jo-Nette leaves for Europe later this year where she will have auditions at various opera houses in the Netherlands, Belgium, Germany and Spain.

Tickets are R40 (children R25) at the gate, but bookings can be made at 862-2665, 072-186-0816 or 082-920-2595.


Paarl skrywers op Woordfees

[ Top ]


VERSKEIE Paarliete tree vanjaar by die Afrikaanse Woordfees van 1 tot 3 Maart in Stellenbosch op, terwyl New Orleans Sekondêr ook 'n aanbieding in die Klein Libertas Teater het.

Akteur Johann Nel is by twee produksies betrokke. Die eerste is ''n Handvol Gruis uit die Hantam', op Saterdag 2 Maart om 14:00 in die Fismersaal, wanneer hy uit Leipoldt voorlees.

Sondagaand 3 Maart om 20:15 doen hy voorlesings in die program 'Met Woord en Lied', wat in die Endlersaal opgevoer word.

Johan Bakkes van die Paarl lees uit sy eerste kortverhaalbundel, 'Moer toe die vreemde in'. Die bundel vertel van sy omswerwinge die wêreld vol en is deel van die program 'Kaap tot Caprivi' wat die Saterdag om 10:00 plaasvind.

Leonard Koza en Susan Botha, wat ook verlede jaar by die fees van woorde betrokke was, tree hierdie jaar op in die skrywersuur getiteld 'Die wêreld is ons woning', die Saterdag om 12:00.

Die Saterdag om 11:00 is New Orleans Sekondêr in die Klein Libertas Teater met 'n kombinasie van dramatekste, beweging, prosa en gedigte.

Skakel die Woordfeeskantoor by 808-2901 of e-pos woord@sun.ac.za vir 'n volledige program. Bespreek by Computicket Paarl (by MTN in die Sanlamgebou).


Stoutgat stories

[ Top ]


OUD-BOISHAAIER Erik de Waal is op Vrydag 1 Maart in die Paarl se Ou Meulteater met sy nuwe kabaret 'Nog Stoutgat Stories & Sad Songs'.

Hierin vertel De Waal lekkerlag voorstoepstories wat meesal handel oor al die eienaardighede van ons dag-tot-dag bestaan.

Soos die omie wat net Escorts ry en die man wat sy hele lewe al lus na 'n paar krokodilleerstewels en die vrou wat nie die woord "nee" kan onthou nie.

Die liedjies wissel van jazz tot die Franse chanson, van klassieke kabaretmateriaal tot eietydse musiek en sluit materiaal van Jacques Brel en Leonard Cohen in.

Rika Vermeulen is die musikale regisseur. Sy is veral bekend vir haar werk saam met Nataniël en Danièle Pascal.

Kaartjies vir die Paarl vertoning is beskikbaar by Print Right (872-7209).

Vir meer inligting, besoek die webwerf op www.erikdewaal.main-page.com.


Kunsteskool hou kompetisie

[ Top ]


DIE sluitingsdatum vir La Musique Kunsteskool in die Paarl se kompetisie, 'Global Spotlight', skuif nou vinnig nader.

Belangstellendes het nog tot 10 Maart kans om in te skryf vir sang, drama, modelwerk, instrumentaal of dans.

Die kompetisie vind van 29 Maart tot 5 April plaas en kontantpryse van R20 000 is op die spel.

Skakel of faks 872-6651 of 083-629-1738 vir meer inligting en inskrywingsvorms.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]