safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 21 February 2002

uitlefstreep
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Business - Sakenuus


Franschhoek juig oor nuwe huise

[ Top ]


wwillem21DAAR was groot blydskap in Groendal, Franschhoek, verlede week toe die nuwe behuisingsprojek by Mooiwater met die voltooiing van die eerste drie huise afgeskop het.

Onder die mense wat vir die eerste keer 'n eie huis sal besit, is Rachel Solomon (92) wat tans nog in 'n plakkershut bly.

Altesame 771 huise van R38 000 elk gaan opgerig word met behulp van die

staatsubsidie aangevul deur bykomende fondse uit die unieke ontwikkelingsinisiatief van die Franschhoek Empowerment & Conservation Trust (Fremco).

Die projek word beskou as uniek, omdat die opbrengs uit 'n hoëkoste-ontwikkeling gebruik word om 'n laekoste-bouprojek te subsidieer en te verseker dat die huise van aanvaarbare grootte is.

Oorbruggingsfinansiering word verskaf deur die Ontwikkelingsbank, uit 'n lening van R22 miljoen van die Franse regering.

EERSTE HUISE. By die loodsing van die Mooiwater HOP-huisprojek op Franschhoek was (van links) Willie Meyer (burgemeester van Stellenbosch, raadslid Gordon Pheiffer, ouma Rachel Solomon (92) wat eersdaags haar eerste huis kry, Mike Lagus van die projekontwikkelaar NewHco, dr Willem Steenkamp (hoof uitvoerende beampte van die Franschhoek Ontwikkelingstrust), en John Samuel, voorsitter van die Franschhoek Bemagtigingstrust (Fremco) wat omsien na die begunstigdes se belange.

Die projek spruit uit die sosiale akkoord tot 'n ontwikkelingsinisiatief wat presies vier jaar gelede onderteken is tussen die gemeenskap, die Franschhoek Munisipaliteit en die Franschhoek Development Company (Frandevco) nadat lank gekla is oor die afwesigheid van laekostebehuising in die dorp.

Nie alleen sal inwoners van plaaslike plakkerskampe nou huise kry nie, maar die ooreenkoms verseker ook werkskepping en ekonomiese deelname aan die prima-eiendomsprojek waar die Franschhoek Country Club Estate aan die voet van die Franschhoekpas gebou gaan word op meentgrond.

Dit sal bestaan uit eksklusiewe kleinhoewes, 'n hotel en spa omring deur wingerde en fynbos op 'n terrein van 102 hektaar wat teen 'n baie billike prys van R13 800 van die Munisipaliteit gekoop is.

Die opbrengs, asook die belastinginkomste wat die ontwikkeling gaan bewerkstellig, sal aangewend word om grondeise op te los, asook vir huiseienaarskap en ekonomiese deelname vir die agtergeblewe gemeenskappe op Franschhoek.

Die sosiale akkoord wat die agtergeblewe gemeenskappe met die munisipaliteit en ontwikkelaars aangaan in ruil vir die behuising, sluit in dat huiseienaars wat skuldig bevind word aan 'n misdaad soos handeldryf in alkohol of dwelms, wat plakkery aanmoedig of in gebreke bly om hul munisipale rekenings te betaal, die reg op hul eiendom verloor. Hierdie verbintenis is ingesluit in die titelakte van elke erf.

Die bemagtigingsarm van die projek sluit ook in gesubsidieerde mediumkoste behuising wes van die tennisklub en 'n aftree-oord van 120 eenhede wat ontwikkel word op restitusiegrond vir winsdeling deur grondeisers en Frandevco.

Hierdie unieke oplossing vir grondeise word deur oud-pres Nelson Mandela gesteun.

Die Mooiwater-behuisingsprojek word ontwikkel deur Newhco. Alle dienste is ondergronds aangebring en daar is 'n verskeidenheid huisontwerpe in volksboukundige styl.

Finansiële pakkette vir aanbouings waaraan werknemers kan deelneem, sal oorweeg word deur Absa, bankier van die projek.

Daar word voorsien dat werk vir inwoners geskep sal word deur die landbou- en kommersiële aktiwiteite wat sal dien as aanvulling tot die hotel en spa op die Franschhoek Country Club Estate wat met 'n "mashie" gholfbaan, boetieks, gesondheidsklub en konferensiesentrum sal spog.

Daar sal ook 'n organiese olyfplaas en akwakultuurkompleks wees met staproetes en vlieghengel. Ander moontlikhede is 'n kulinêre opleidingsentrum en handwerk-kunssentrum.

Op die terrein van 102 hektaar wat grens aan die La Rochelle natuurreservaat, sal ook sowat 80 private eiendomme (kothuise, plaashuise en dorpshuise) ontwikkel word. In die proses sal die fynbos herstel word en indringerplante verwyder word.

Dr Willem Steenkamp, sekretaris van die ANC-tak en uitvoerende beampte van Frandevco, het sy blydskap uitgespreek dat die projek uiteindelik geloods is met die samewerking tussen die gemeenskap, die munisipaliteit en die sakesektor.

Die Franschhoek Bemagtigingstrust (Fremco) onder voorsitterskap van John Samuel van die Mandela Trust, sal omsien na die belange van voorheen benadeeldes wat deelneem aan die projek.

Ten spyte van die algemene tevredenheid, het 'n groep betogers Vrydag hul ontevredenheid te kenne gegee dat die gemeenskap "nie geken is" in die proses nie en nie na die loodsing genooi was nie.

* Franschhoek residents were overjoyed at the launch of the first RDP housing project in the town, which will see 771 new houses constructed this year.


New project

[ Top ]


A NEW security complex consisting of 70 luxury units is planned 8 km outside Paarl on the R301 to Franschhoek. The development around a dam of 3 hectares will adjoin the southern boundary of the new Pearl Valley golfing development.

The proposed development will be located on 27ha of land with waterfronts on the dam. It will provide small erven of 500 to 600 square metres with luxury houses and secluded private open spaces supported by larger common park areas.

The houses will range from 140 to 200 square metres. Twenty four hour security will be provided to create a secure living environment. 

The dam will serve not only as open space and an attraction to water birds, but also for recreational purposes such as canoeing.

 The section of the property abutting onto the R301 will serve as a buffer for the residential component by providing tourist related facilities which may include a guest house which could also serve as club for residents.

 An environmental assessment, design and costing of the project are in progress. It is envisaged that the rezoning applications be submitted to Drakenstein Municipality by the end of the month. For more information contact drakenstein@enviromon.co.za or phone 873-2807 of 082-573-1589 or visit the website http://home.intekom.com/slategan.


Skills training at IT Centre

[ Top ]


TEN unemployed young people from Riviersonderend were recently sent to the IT centre in Franschhoek for a fortnight of training. Their training was arranged by the Centre for Integrated Rural Development.

The IT Centre is now a satellite campus of the Boland College, Stellenbosch. Certificates in office management, secretarial practice and entrepreneurship are offered. One of the most popular courses is the International Computer Driving Licence (ICDL).

The Job Centre continues to register the unemployed and find jobs for them. Four hundred people have already registered in the last few months and seventy have been employed.

If you require gardeners, painters and labourers, phone 876-2195.

There will also be 80 housekeepers trained and anyone requiring these trained waitresses and housekeepers should contact the Job Centre.

The Car Wash at the Centre is also fully operational and can be contacted at 876-2838 or 083-231-3030.


Big plans

[ Top ]


TWO streets in Franschhoek may be closed for the construction of a housing development including a retirement village. The streets are Pepler and Haumann Streets.

A total of 26 houses, 120 group houses, a block of flats and a business unit are planned as part of the La Chantelle Ferme project at the entrance to the town, east of
the main street.

Any comments or objections must reached the municipal manager at Stellenbosch Municipality by 1 March.

For details, contact the chief town planner in Stellenbosch.


Business Index


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]