safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 21 February 2002

uitlefstreep
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Lifestyle - Leefstyl


wgoods21HELP. The residents of the White City informal settlement in Mbekweni recently received a welcome hand from the Area Development Programme (ADP), in conjunction with World Vision South Africa (WVSA). Items such as kitchen utensils, mattresses, food parcels and blankets were distributed amongst the victims of a recent fire which destroyed their homes. Sakhumzi Dasi (in front) smiles happily at the donation of a brand new blanket, while Pumla Mgayi (left), ADP facilitator, and Weziwe Busakwe (ADP Manager) hand over some kitchen utentils to his mother, Muriel Dasi. Pic: Uh-Albry Reitz


Jong Paarliet skitter met modes

[ Top ]


'n JONG ontwerper van die Paarl, Yvette Smith, het deurgedring tot die eindronde van die 17de Smirnoff Internasionale Modetoekennings vir Studentontwerpers.

Yvette was in haar derde jaar by die Kaapse Technikon toe sy einde verlede jaar aan die eindronde van die kompetisie in Gauteng deelgeneem het.

Die kompetisie is die grootste vir modestudente wêreldwyd en word in sowat 30 lande gehou.

Yvette was een van vyf Kaapse studente wat uit altesaam 700 Suid-Afrikaanse studente gekies is vir die finaal.

Die inspirasie vir haar krale-uitrusting kom van die Dinka-stam en die Ndebele-mense. Yvette het al die kralewerk self gedoen.

Haar groot belangstelling is kontemporêre Afrika-ontwerpe wat Suid-Afrika in al sy fasette kan voorstel.

Yvette, 'n produk van WA Joubert en Hoërskool Gimnasium, wou van kleinsaf net modes ontwerp.

Sy gaan nou deeltyds by fabrieke werk terwyl sy haar vierdejaar voltooi vir die graad B.Tech.

Intussen ontwerp sy ook van die huis af: "Enigiets van matriekafskeidrokke en trourokke tot slenterdrag - mense kan my gerus bel."

Yvette kan gekontak word by 082-595-2572.


Fokus op gesin

[ Top ]


DIE Volle Evangelie Kerk van God in die Paarl bied van Sondag tot Donderdag 28 Februarie 'n gesinsweek by die kerk in Orleanslaan aan.

Daar sal elke aand om 19:30 'n praatjie in die kerk wees en almal is welkom om dit by te woon.

Sondag praat Patsie, 'n vrou wat HIV-positief is, oor stilswye rondom pyn, op Maandag is dr Sam Pick aan die woord oor redes vir gesinsgeweld en huweliksverbrokkeling en die aand daarna praat Jenny Taff oor kindermolestering en verkragting.

Kapt William Reid praat op Woensdag oor "my regte as slagoffer van gesinsgeweld en verkragting" en die aand daarna sluit past Graham Taff die reeks af met "hoe kan ek my innerlike pyn genees".


Kindermishandeling bekyk

[ Top ]


DIE Neighbourhood Response to Child Abuse, 'n organisasie wat daarop gemik is op die bekamping en voorkoming van kindermishandeling, nooi alle rolspelers en belangstellende organisasies om Dinsdag om 19:00 'n inligtingsvergadering by te woon by Magnolia Primêr, Paarl.

Vir meer besonderhede bel Wilma Brooks by 862-0006, Chrina Barendse by 871-1682, Lilian Wellington by 862-9121 of Reggie Hendricks by 073-211-3386.


Koffiekroeg by Toringkerk

[ Top ]


DIE Toringkerk in die Paarl bied môreaand van 18:00 'n koffiekroeg by die kerksaal aan vir alle skooljeug.

Om 19:00 sal die rugbywedstryd tussen die Stormers en die Sharks ook op 'n groot skerm vertoon word.

Daar sal toesig wees en vir navrae kan Karin Combrink geskakel word by 872-2834 of 082-359-5607.


Sononder op Paarlberg

[ Top ]


SONSONDERGANG het nog altyd die mens se verbeelding aangegryp, maar om dit in die skadu van die Taalmonument teen die hang van Paarlberg gade te slaan, is 'n onvergeetlike ervaring.

Die Afrikaanse Taalmonument Koffie Shoppe bied nou hierdie unieke geleentheid aan mense om 'n skemerpiekniek daar te geniet.

Die eienaars, Steph en Melcus Nel en Ansie Truter, het so 'n jaar gelede die koffie- en geskenkwinkel oorgeneem en onmiddellik al die moontlikhede raakgesien.

Vroegaand kan 'n mens jou gemaklik maak by een van die tafeltjies op die terras voor die winkel en kyk hoe die son oor Kaapstad ondergaan.

Die hekke sluit omstreeks 21:00, maar mense kan natuurlik reeds van vroegoggend af kom kuier. Daar is heerlike vars koek te koop, met filterkoffie of tee. Of kies uit 'n verskeidenheid piekniekmandjies (R12 tot R35 per persoon) en geniet dit met koeldrank, wyne uit die vallei en koue bier.

Die piekniekmandjies begin met 'n neute-peuselmandjie, wat ook olywe en vrugte insluit. Dan is daar kaasmandjies (die maan is mos van kaas) vir een of twee mense, asook mandjies wat gepak word  vir die getal mense betrokke. Dit sluit ook koue vleis, patee en slaai in. Groepe van meer as tien moet 24 uur vooraf kennis gee. Alternatiewe spyskaarte is beskikbaar met bespreking (863-2800).

Moet ook nie vergeet om 'n draai deur die geskenkwinkel te loop nie. Daar is plaaslike produkte teen bekostigbare pryse beskikbaar.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]