|
gaan dit daaroor om jongmense van Suid-Afrika en Amerika in nouer kontak te bring.
Hulle sal 'n week lank saam met jongmense van die High Point Presbyterian Church help huise bou op St John's eiland naby Charlotte aan die kus van South Carolina.
Die bouprojek staan onder die leiding van Habitat for Humanity.
Die Amerikaanse jongmense van High Point in North Carolina, wat die uitnodiging gerig het, het verlede jaar tydens hulle besoek aan die Kaap, by dié Paarliete tuis gegaan.
Die jongmense ontvang borge van die Amerikaners, wat groot gedeeltes van hulle onkostes dek.
Hulle moet egter nog elkeen 'n stewige bedraggie insamel om die droom waar te laat word.
'n Uithang-danspartytjie word Vrydagaand 8 Maart in die skoolsaal van Laerskool Noordeind deur die jongmense en hulle ouers gereël om fondse in te samel.
Al vyf behoort aan die jeuggroep van die NG Kerk Paarlberg. Vir navrae, kontak Daleen Labuschagne by 073-183-5041. |