safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 21 August 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 29 August  2003 at 17:00

Business - Sakenuus


wmichelFC

AWARDS. Two local winemakers excelled at the recent Michelangelo Wine Awards. With chief judge Sue van Wyk are Pierre Wahl (right) of Rijk's Private Cellar, who produced the best wine on show, a 2002 Chardonnay, and (left) Bertus Fourie of Diemersfontein, who won the Pinotage Trophy for the 2003 Diemersfontein Pinotage.


Waterplanne vir Franschhoek

[ Top ]


VIR Franschhoekers wat al geruime tyd kla oor die lae waterdruk in die somer, is daar goeie nuus.

Die Stellenbosch Munisipaliteit beoog om nuwe watersuiweringswerke te bou naby die kruin van die Franschhoekpas, met 'n moderne sandfiltreerstelsel.

Dit sal die waterdruk in Franschhoek-Suid aansienlik verhoog. Groter stoorkapasiteit sal ook verseker word met die bou van 'n nuwe reservoir laer af teen die berg.

Die huidige waterwerke is op die meentgrond geleë wat tans ontwikkel word vir behuising.

Die nuwe terrein is die enigste gelyk terrein op 'n geskikte hoogte. Dit sal op 'n omgewingsensitiewe wyse ontwerp word en die dieselpompstelsel sal vervang word met 'n skoner elektriese pompstelsel.

'n Terreininspeksie word Donderdag 11 September om 14:00 onderneem. 'n Verslag is ook ter insae beskikbaar by die Franschhoek Biblioteek en die Franschhoek munisipale kantore.

Skriftelike kommentaar kan gerig word aan EnviroAfrica (Franschhoek Watersuiweringswerke) by Posbus 43, Stellenbosch 7599, faks 887-0053 of info@enviroafrica.co.za.

Vir navrae, skakel Jerry Avis by 887-0033 of 083-449-3924.


Dubbele slag vir grond- eienaars

[ Top ]


GRONDEIENAARS wat die afgelope jaar nuwe eiendomme bekom het, was geskok toe die eiendomsbelasting op hul jongste munisipale rekeninge verdubbel het.

Dit is omdat Drakenstein Munisipaliteit nou die eiendomsbelasting op eiendomme wat onderhewig is aan interim-waardasie (nuwe erwe, nuwe huise en onderverdelings) terugwerkend hef tot die begin van die vorige boekjaar.

Indien 'n mens verlede jaar by 'n nuwe huis ingetrek het, sou jy slegs op die erf belasting betaal het, omdat die huis eers vanjaar gewaardeer is.

Maar skielik is die belasting nou terugwerkend gehef tot 1 Julie verlede jaar, wat beteken dat die belasting nou in dubbelpaaiemente betaalbaar is.

So het 'n pensionaris van Groenleegte, Noorder-Paarl, die afgelope jaar net sowat R30 per maand eiendomsbelasting betaal.

Sy het verlede jaar bekommerd by die Munisipaliteit navraag gedoen of sy nie meer moet betaal nie, maar is die versekering gegee dat sy eers van 1 Julie vanjaar aangeslaan sou word op die volle waarde van die eiendom.

Toe haar rekening einde Julie opdaag, is sy egter terugwerkend belas, en pleks van sowat R300 per maand, moet sy nou byna R600 per maand betaal - vir die huidige boekjaar sowel as die vorige boekjaar.

"Ek het by die Munisipaliteit gaan navraag doen hoekom die belasing so baie is, toe het hulle boonop agtergekom dat hulle my nie eens gekrediteer het vir die R30 per maand wat ek reeds betaal het sedert ek verlede jaar daar ingetrek het nie."

Eienaars van nuwe eiendomme moet daarop let dat eiendomsbelasting nou terugwerkend gehef word van 1 Julie 2002, al het hulle die eiendom na daardie datum bekom.

Pro rata afslag is slegs op aanvraag beskikbaar by die Munisipaliteit. Vir navrae, skakel André Abrahams of Deon Heyns by 807-4500.


Korrupsie ondersoek

[ Top ]


MOONTLIKE korrupsie in die Drakenstein verkeersdepartement word deur 'n Paarlse spesialis-speurder ondersoek.

Dit volg op 'n departementele ondersoek nadat inligting deur die verkeershoof, Japie Cornelissen, ontvang is oor moontlike oortredings met bestuurslisensies.

Enigiemand wat ongerymdhede wil aanmeld, kan dit anoniem doen aan die teenbedrogspeurder, insp Nico Koegelenberg (807-4000).


Opportunity knocks

[ Top ]


APPLICATIONS for two Rotary exchange groups that will be visiting Southern Bavaria in Germany from 25 April to 25 May and Southern California and Southern Nevada from 6 May to 7 June next year are awaited until 30 August.

Group study exchange is an educational project of the Rotary Foundation and offers a unique person-to-person opportunity for the promotion of international understanding.

The programme provides travel grants for the exchange of four young business and professional persons between the Rotary districts in the four countries, enabling them to study their vocations and new ways of life, to develop acquaintances and exchange ideas.

Each team will be accompanied by a senior Rotarian who acts as the team leader. All travel and accommodation costs are borne by Rotary.

Candidates must be professional or business persons who have been in full-time employment for at least two years and are between 25 and 35 years old.

Application forms are available from the Rotary District Office, Box 255, Newlands 7725, South Africa. For enquiries, phone 686-4499 or visit the site www.rotary.org.


    Business Index


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za