safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 21 August 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 29 August  2003 at 17:00

 Letters - Briewe


Property owners should be warned

[ Top ]


I PURCHASED an erf in Wellington, which was transferred into my name on 5 December last year. However, no property tax was levied until July this year (the new municipal fiscal year).

According to the municipal account I now owe them R48 per month for the plot, which is valued at R33 500. On visiting the Municipality, I asked if R48 wasn't rather a lot to pay for such a small plot (by my calculation the tax should be about R29).

There was great confusion. A number of officials studied my account, looking puzzled, but could not explain the problem.

Finally, in desperation, I approached a senior official of the treasury, who explained that I was paying R29 plus R19 in backtaxes levied at the lower monthly rate for the previous book year.

"So, will I pay this double tax for only seven months, since I have only owned this erf since December?" I asked.

The answer was no - the municipality has the right to levy property tax for the full year.

It is my responsibility as property owner to claim back the tax for the five months before December.

What is more, that repayment will take place in monthly instalments spread out over the full current book year (R48-R7,90) and no other way. Because that is how the computer works.

And what if the property owner doesn't realise that he is actually being overcharged? Apparently that is just his bad luck.

So beware: if you have bought or subdivided an erf, built a new house or extended your house, check your account carefully and apply for repayment - or you will be the loser!

Don't suffer in silence

The Municipal Manager, Jacques Carstens, replies:

We regret the fact that incomplete accounts were sent out to properties which were subject to an interim valuation during the past year.

This was due to an error with the printing of accounts and will be rectified next month.

Although Paarl in the past did not levy property tax on a new property until the start of the following book year, an equitable system has now been implemented in the whole of the Drakenstein area.

Property tax is payable for the tax year during which an interim valuation was done on a new or subdivided property.

As a result, back taxes are now levied retrospectively in 12 monthly instalments over the book year following the year of purchase or subdivision in addition to the current monthly tax payable.

If the property was not owned or completed for the full previous tax year, the onus is on the ratepayer to apply for a pro rata credit. Non-payment will lead to fines if any tax is still owing.

Ratepayers with queries can contact Mr A Abrahams or Mr D Heyns, supplying the account number and proof of date of ownership.


Pot misgesit met onlangse Interskole

[ Top ]


VANDAT ons in die Paarl kom bly het, het ek nog elke nuwe intrekker wat ek leer ken het probeer oorreed om hulle kinders na Gim of Boishaai te stuur.

Omdat ek en my man van klein plattelandse skole af kom, het ek gedink die Interskole tussen dié twee skole is 'n asemrowende gebeurtenis, en het ek elke Jan Rap en sy maat saamgesleep.

Tot my groot spyt moet ek nou uitvind dat ek totaal en al die pot misgesit het.

By die laerskole-interskole tussen Kleingim en Kleinboishaai moes sekuriteitsbeamptes gebruik word om die twee lynregters asook die skeidsregter van die veld te vergesel.

Asof dit nie erg genoeg was nie het een van die skole se afrigter en 'n speler se pa mekaar toegetakel op die veld, in so 'n mate dat omstanders die twee uitmekaar moes haal - dit ten aanskoue van al die leerlinge.

Hoekom het ons 'n skeidsregter op die veld as ons nie wil hê dat hy die foute wat die spelers maak, moet uitwys nie?

Is dit dalk 'n kwessie dat ons te bang is om te erken dat ons spelers te veel foute maak en dus indirek ons afrigter betrek?

As daar een ding is wat ek agtergekom het, is dit die feit dat as ek by so 'n wedstryd reëlboekies sou verkoop, sou ek letterlik en figuurlik 'n fortuin kon maak.

Ten slotte wil ek die WP skeidsregter en helpers wat die video-evaluering van die o.13A wedstryd gedoen het, bedank vir al hul tyd en moeite.

Hierdie evaluering het die ware prentjie geskilder.

Skeidsregter se vrou


Moenie probeer vlieg sonder vlerke

[ Top ]


EK verwys na die brief rakende die Interskole tussen die o.13 spanne van Paarl Primêre Seunskool en Gimnasium Laer.

Dit skok en spyt my dat daar nog steeds mense is wat duidelik nie rugbyterme of reëls ken nie en dan die koerant gebruik om die skeidsregter of die skool sleg te maak. Dit is swak smaak.

Hierdie twee skole het 'n trotse tradisie van kompeterende sport. Die aanstellings vir al die wedstryde vanaf o.7B tot o.13A is deur 'n paneel van albei skole behartig. Ek is trots op hierdie dorp en albei skole.

Ekself is vir jare 'n rugbyskeidsregter, wat by albei skole opgetree het.

Ek het by verskeie wedstryde gedurende Interskole opgetree en nog nooit het ek enige dreigemente van 'n skool, ouer of ondersteuner(s) ontvang nie, wat nog om geskouer te word deur 'n ouer! Het ons toeskouers se moraliteit só laag gedaal?

Ek het self die wedstryd vanjaar bygewoon. As die ondersteuners die reëls en ook die spel verstaan, sal daar nie sulke smerige gedrag plaasvind nie.

HJS se spannetjie was wel die oorweldigende gunsteling, maar het hul opponente onderskat.

In die tweede helfte was daar net een span wat wou wen. Hul "game plan" was in orde en hulle was beslis meer gefokus, maar nou word die fout by die skeidsregter gesoek.

Indien 'n mens 'n fout maak, moet jy daarmee saamleef. Ons as publiek moet die beslissing(s) aanvaar en eerbiedig, want die skeidsregter sal nooit sy beslissing verander nie.

Moenie probeer vlieg as jy nie vlerke het nie.

Trotse Paarliet


Renbaan eis toe wel jaer se lewe

[ Top ]


SOWAT 'n jaar gelede het ek aan Paarl Post geskryf oor die mense wat dink Skoolstraat is 'n renbaan.

Wel Maandagaand verlede week was dit weer sulke tyd - ongelukkig moes 'n jongman met sy lewe boet daaarvoor.

Twee ure na Francois Kleinhans se dood het mense maar net weer gejaag. Wanneer gaan die mens dan wakker skrik en besef spoed is nie cool nie, dit maak dood.

Veral as jy dink 'n motor is 'n speelding.

Dit help nie ons het twee stoptekens in dié beroemde pad nie, want vir die jaagduiwels beteken dit net "go like hell: the more speed, the more beat."

Hoeveel onskuldige kinders is daar in Skoolstraat, wat dalk nog met hul lewens gaan moet boet voor daar iets gedoen gaan word met die straat? Gaan die munisipaliteit of stadsraad nou iets aan die pad doen of gaan daar net nog verskonings aan ons gegee word?

Waar sal ons, ons kinders kan wegsteek sodat ons met sekerheid kan weet hulle gaan nie ook net statistiek word nie?

Bekommerde ouers


Does council want to create jobs?

[ Top ]


ON reading the newsletter sent by the Drakenstein Municipality to all ratepayers, I must take issue with "voorkeurverkrygingsbeleid", which is the new doublespeak in our rainbow nation.

Can someone please explain what white owned business, with 99% of their workforce being previously disadvantaged, tell these people when contracts are no longer being awarded because of the colour of the owner's skin?

The newsletter also made no mention of giving preference to local suppliers if no such black empowerment business exists. Will orders be placed out of town?

I feel the ratepayers of this town have the right to demand that goods must be sourced locally to create employment here and not elsewhere, irrespective of whether the business is black empowered or not.

Local employer

The municipal manager, Jacques Carstens, replies: A preference point system is used in decisions on awarding municipal contracts.

Price, equity ownership by historically disadvantaged individuals, local labour and local enterprise are taken into account.

In contracts worth R30 000 to R500 000 the 80/20 approach is followed.

This means the price quoted or tendered, counts 80 points, while an additional 15 points is awarded for equity ownership by HDI/s, 1 point for local labour, 0,5 points for local enterprise, 2 points for equity ownership by women, 1 pt for equity ownership by disabled persons and 0,5 points for emerging businesses/SMMEs.

For contracts of more than R500 000, the same process is followed, but the price is awarded 90 points, while equity ownership by HDI's counts for 5 points instead of 15 points.

The general formula used to calculate the points is PS = A (1-(Pt-Pmin divided by Pmin), where PS is the points scored for price, A is the maximum points for price, Pmin is the Rand value of the lowest acceptable tender price and Pt is the Rand value of the offer/tender under consideration.


Poison that serial killer

[ Top ]


HOPEFULLY the "justice" meted out to the serial killer mentioned in a letter of Paarl Post, 14 August, will be in kind: poisoning.

Then he/she can experience some of the fear and excruciating pain these defenceless animals have to suffer.

I wonder how people like these sleep at night or live with their conscience? If you need anyone to ferret out his monster, I am available...

Another animal lover


Pas kan nie wag

[ Top ]


IN die vroeë ure Maandag het 'n vragmotor met sleepwa dit weereens deur Bainskloofpas gewaag.

Om die eerste skerp draai en brug (Bredasbrug), net na Bayleyskrans, het die sleepwa oor die afgrond gegly en sy hele vrag bier oor die afgrond gestort.

Die besoedeling van glasskerwe, plastiek- en kartonverpakking is onbeskryflik. Dit gaan weke se opruimingswerk verg. Wie betaal hiervoor?

Die skade aan die 150 jaar oue klipmure gaan duisende rande kos om te herstel. Wie betaal hiervoor?

Word die drywer en vervoerfirma aangekla? Die drywer het tog 'n wet oortree.

Wanneer gaan die vernietiging van ons pas end kry? Hierdie historiese pas is nie gebou vir hedendaagse swaar verkeer nie.

Ons kan nie langer wag vir die owerhede om te besluit watter lengte trok die pas met veiligheid kan gebruik nie. Daar moet NOU opgetree word teen diegene wat met opset ons erfenis vernietig.

Sieg Kröger


Diewe slaan toe

[ Top ]


ONS weet almal dat Paarl die naweek van die Interskole tussen Gim en Boishaai uit sy nate bars en blykbaar weet die diewe dit ook, want hulle trek so voordeel uit baie "transaksies" wat hulle kan doen daardie naweek!

My seun se motor was een van daardie "transaksies". Ek weet 'n mens kan feitlik niks doen om so 'n motor weer op te spoor nie, maar ek wil net vir die persoon/persone sê wat nou met daardie mooi geel Golf ry - my seun het hard gespaar en baie van sy geld uitgegee om sy kar so oulik as moontlik te maak.

Hy kon nie geld afknyp om dit te verseker ook nie, so nou ry julle rond met sy swaarverdiende kar en hy moet sukkel om sonder sy ryding by sy werk te kom en sal hy maar van voor af moet begin spaar om daardie kar te vervang.

Daar is Iemand wat weet wat julle gedoen het en onthou: julle kan nie vir Hom wegkruip nie, al wil julle ook.

Net 'n ma


Waar is 1953 se oudstudente van HJS?

[ Top ]


DIE 50ste reünie van die 1953 matrieks van Hoër Jongenskool Paarl vind op Saterdag 13 September om 16:00 in die klubhuis plaas.

Van die oorspronklike 78 is daar nog 56 wat lewe, waarvan twee nie opgespoor kan word nie. Hulle is George Decker en Pieter J Botha wat albei tussen 67 en 69 jaar oud moet wees.

George Decker se pa het 'n klein koeldrankfabriek gehad, naby waar die Protea Bioskoop vandag is. Hy het na matriek na die VSA gegaan, eerstens na Pasadena, Kalifornië, en blykbaar later na Philadelphia.

Daar is aan my gesê dat hy hom as 'n mediese dokter bekwaam het, maar indien wel so, verskyn sy naam nie op die lys van 906 322 dokters in die VSA nie.

Hy het 'n getroude suster in die Paarl, maar haar naam is ongelukkig onbekend.

Pieter J Botha het spoorloos verdwyn vanaf 1953 en was nie naspoorbaar in 1993 met die 40ste herdenking nie.

Enigeen met inligting kan my kontak by Posbus 3134, Tygervallei 7536 of 083-391-4532.

Dennis Siebrits


Redaksioneel:

Voorsorg is beter as nasorg

[ Top ]


DIE afgelope week het Bolanders behoorlik hulle deel van die winter gehad, met stortreën, stormwinde en snerpende koue.

Die afgelope paar dae is Wellington en die Paarl ook omring van sneeu, selfs tot op Paarlberg, wat mense vinnig laat gryp het na jasse, musse en handskoene.

Eintlik is daar niks vreemds aan die koue nie, Augustus is tradisioneel die maand waarin ons sneeu kry, soos enige deurwinterde Valleier vinnig vir jou sal vertel.

Hiermee saam het die reën 'n bietjie laat begin val vanjaar, maar dit is as sulks ook nie eintlik besonders nie.

Tog is daar talle inwoners (en die natuur) wat hul rieme styfgeloop het met die onlangse warm weer.

Oral het bome begin bot en hiermee saam het mense hul somersklere begin uitpak.

Maar, soos ons almal weet, een swaeltjie maak nie die somer nie, en vanjaar was nie 'n uitsondering nie.

Met die skielike koue is baie mense onverhoeds betrap en dit is veral mense in informele behuising wat die spit moes afbyt met lekkende dakke en huise wat oorstroom.

Bolanders moet onthou dat voorsorg altyd beter is as nasorg. Moenie wag om jou huis te beveilig en dig te maak teen die weer totdat die wind stormsterkte waai nie.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za