safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 21 August 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 29 August  2003 at 17:00

Lifestyle - Leefstyl


Raring to go

[ Top ]


wwynandMOTORISTS in Main Road, Paarl, recently did a double-take as two horse-drawn vehicles - a spring wagon and a bokkiekar - ambled past them.

This was much to the delight of both parents and children who only too seldom see such sights these days.
No one was more delighted though than young Wynand Fourie, who is the fifth

generation in his family to ride in the "bokkie" cart.
This vehicle was built in Ladismith, Cape, by blacksmith Middleton and was known as a "Ladismitter".
The Fourie family of the farm "Die Eiland" at Volmoed district, Oudtshoorn,

AUTHENTIC. Victor Kalis (on seat) and Piet Lourens will be the drivers of the cart which will travel along the old diamond route from Kimberley to arrive in Paarl in time for Heritage Day in September.

bought the bokkiekar in 1929.

For four generations it was used just like today's family car to take the family shopping and on Sundays to church.

Then in 2002, David Clift retrieved the "Ladismitter" from a shed on the farm and Mike Pope-Adams, wheelwright at Clifts, repaired the wheels and made the bokkiekar ready for the road again.

Next week the bokkiekar will be taken to the Gariep Festival in Kimberley.

Thereafter it will follow the old wagon road through the Karoo to Ceres, take part in the Bainskloof festival and arrive in Paarl for the Heritage Day festivities on 24 September.

The vehicle will be pulled by two "Saron boerperde", trained and driven by Piet Lourens and Victor Kalis of Porterville.


Pas kinders op

[ Top ]


AS ons hoor van kindermishandeling wat soms onder ons oë gebeur, dan voel dit of ons almal gefaal het. Só het Trix Marais, streekdirekteur van die SA Nasionale Raad vir Kindersorg, gesê tydens die diplomaplegtigheid van die 'Oog op die Kind'-projek.

Dit is die tweede jaar dat vrywilligers van die Paarl en Distrik Kinder- en Gesinsorgvereniging opgelei word om te kyk na die voorkoming van kindermishandeling en -verwaarlosing asook die beskerming van kinders.

Die vrywilligers sal kindermishandeling rapporteer en sal verantwoordelik wees vir berading en monitering van kinders wat blootgestel word.

"Wat julle hier doen is nie vir julself nie, maar om 'n veiliger gemeenskap te skep," het sy die studente aangemoedig.

Die projek is nou reeds op 178 dorpe landwyd gevestig.


Dreaming of a clean environment

Susan Botha

[ Top ]


MY dream for the Valley is a clean environment, where children go to school, where parents are involved, where companies fulfil their social responsibility and where the economy and tourism are flourishing.

This is the vision of Eunice Kotzé, the driving force behind the Drakenstein Clean-up Action Group.

Kotze has taken president Thabo Mbeki's appeal for volunteerism to heart and for the past 18 months she has put all her energy into creating a better environment for all Drakenstein's people.

Working with schools, concerned individuals and communities, she organised several drives to clean streets and neighbourhoods. "We realise that we need the support of business to sustain our efforts and to really make an impression on the situation in Drakenstein."

To this end she invited Pauline Sithole, principal of Banareng Primary School in Atteridgeville near Pretoria, to share her success story with local people.

"We should look at challenges as stepping stones to success." This from the dynamic Paulina Sithole, principal of Banareng Primary School in Atteridgeville.

She took over this "place of snakes" five years ago, a school covered in dirt and rubbish, the garden overgrown with weeds.

The change came with Buzz Bezuidenhout of BMW walking into her office and announcing that his district office had identified Banareng for an environmental project.

"Buzz became Moses to our school," she says of the man who said he would teach them to fish, not bring them fish.

Up to today his company has only donated R250 to the school for sand and cement, choosing rather to become involved in sustaining the process with motivation and advice.

Today the school's 738 pupils are fed a cooked meal every day with vegetables from their own garden.

The whole project is learner-driven and children were taught to sustain the garden. On Mondays they bring vegetable peels for mulch and on Tuesdays every child brought two litres of water for the garden, but first it was used in maths and science classes.

Recycling has also become a part of the school routine, with paper collection on Wednesdays and tins on Thursdays.

"The solution to a cleaner, more responsible country, lies with business and not with NGO's," said Bezuidenhout.

He emphasised that it is not about money, but about accountability: "It is quite simple, what sort of community can a company do business in: a corrupt, crime-ridden society or one that is sound and viable?"

Kotze will now approach some big businesses to try and start a similar programme in Drakenstein. "We want to start small. If we can get companies to 'adopt' schools, they can help to establish vegetable gardens and recycling projects."

Interested parties can phone Eunice at 863-0397 or 082-808-1114.


Interessante Bainskloof herdenk

[ Top ]


'n GROOT kultuurfees gaan van 12 tot 14 September op Wellington gehou word om die 150ste herdenking van die opening van Bainskloofpas te herdenk.

Die pas is in September 1853 geopen en het, totdat die Du Toitskloofpas in 1949 oopgestel is, as hooftoegangspoort na die Noorde diens gedoen.

Daar is verskeie interessanthede langs die pas te sien:

* Brandewyndraai: 'n Onbekende korrespondent van die Worcester Standard het in 1915 vertel hoedat hy een oggend op pad berg-af na Wellington opgemerk het hoe die waspore voor hom op die gruispad gewys het dat die wa wat voor hom daar af is by elke draai al nader na die afgrond se kant geneig het.

So kry hy toe die wa om een van die draaie onder in die rivier lê, met die span osse veilig in die pad met slegs 'n kort stukkie afgebreekte disselboom aan hulle trektou vas.

Die drywer het nie eintlik seergekry nie, maar die vrag van brandewyn en rosyntjies het saam met die water weggespoel.

Jare later het 'n sekere Retief van Wellington vir hom vertel van een oggend toe hulle drinkwater uit die sloot so snaaks gesmaak het; dit natuurlik as gevolg van die brandewyn waarvan die Retiefs toe niks weet nie. Van daar die naam Brandewyndraai.

* Bain se tonnel: Daar is oorblyfsels van 'n murasie naby Bain se tonnel. Niemand kan verklaar wat die moontlike gebruik van 'n gebou op daardie plek was nie.

Hoewel die posisie van die bandietstasie aan die westekant van die pas nog nie vasgestel kon word nie, is dit redelik seker dat hierdie murasie een van Bain se oorblyfsels moet wees.

* Gawie-se-water: By die randsteen wat Gawie-se-Water aandui, tuimel 'n sterk stroom water teen die skuinste af op pad na die Kromriviervallei aan die Wellington kant ver onderkant die pas. Dié kom uit die Witterivier wat eintlik aan die anderkant van die bergrif vloei.

Boere van die Wagenmakersvallei, soos Wellington toe bekend was, het reeds op 23 April 1815 aan Goewerneur Charles Somerset per brief toestemming gevra om 'n sloot deur die berg vanaf die Witterivier, wat in die Breërivier invloei, na die Kromrivier, wat na die Bergrivier vloei, te grawe. 

Toestemming is gegee, maar weens 'n tekort aan geld is dit nie uitgevoer nie. In 1849 vra hulle toe weer toestemming en dit word toegestaan - maar weer kortwiek 'n tekort aan geld die projek.

Bain bied toe aan om die voor te grawe en hy stel selfs voor dat 'n tonnel deur die berg gegrawe kan word om as watervoor sowel as pad te dien.

Die Kromrivierboere het egter gevoel hulle kon dit vir goedkoper as Bain se kwotasie doen en Gawie Retief het met die werk begin. Dit is uiteindelik in 1860 teen drie maal die prys van Bain se aanvanklike kwotasie voltooi.

* Die "Spookhuis": Bainskloof se "Spookhuis" is reeds gedurende 1979 gesloop, maar dit het vir meer as 30 jaar reisigers se aandag getrek waar dit hoog bokant Gawie-se-Water teen die berg gestaan het. Die eiendom waarop dit geleë is, is amptelik as Oostenberg bekend. Hugo se familie het die huis Wolkerus gedoop.

Hierdie eiendom is op 15 Augustus 1839 as plaas aan JJ van der Merwe toegeken.

Daarna het die Wellington Electric Light Power Syndicate dit in 1892 bekom, toe De Beers Consolidated Mines in 1899 en daarna PJ Hugo in 1938.

Na Hugo se dood is dit in 1946 aan die Paarl Munisipaliteit verkoop.

Hugo moes eers 'n pad skuins bokant die pas vanaf die Nek tot bokant Gawie-se-Water laat bou voordat die bouwerk aan die huis kon begin.

Hy het nooit die huis betrek nie daar hy ernstig siek was en dit is nie seker of Hugo ooit die eindproduk self gesien het nie, want hy is op 15 Maart 1941 oorlede.

Wolkerus het op 22 Februarie 1949 afgebrand nadat die wind vonke van 'n veldbrand op die riet-dak gewaai het.

Hierdie indrukwekkende sesslaapkamerwoning het 'n murasie geword en was daarna die slaapplek vir menige droster. Vandaar die naam "spookhuis" wat daaraan toegeken is.

Op 21 November 1978 is 'n jong Harlé-egpaar deur John Smith by die murasie vermoor - eers die man by Junction Pool, en daarna sy eggenote Jane naby die spookhuis.

Die murasie is toe gedurende 1979 gesloop en deesdae is net die fondasiemerke en 'n stutmuur nog getuie van dié eens indruk-wekkende herehuis wat daar gestaan het.


Clean up Bains Kloof Pass

[ Top ]


THE Friends of Bain's Kloof will hold a working weekend to fight alien plants on Saturday 23 August and Sunday 24 August, meeting at Eerste Tol on both days.

They are tackling the black wattles on the western side of the road and at the old picnic sites.

They have also launched an Alien Invader Plants Liaison Committee, whose members include DWAF, WCNCB, Dept of Agriculture and Paarlberg Nature Reserve.

WCNCB has donated a substantial amount of herbicide for invader plant removal. The Roads Dept is looking at more effective signage, as most of the damage in the kloof is done by huge trucks which take a short cut to avoid the Huguenot toll fees.

The Friends are organising the Bain's Kloof Festival on 13 and 14 September to raise funds for restoration of the pass.

The foundations, retaining walls and culverts are still in superb condition, after 150 years, but it is the kerbstones, low walls, narrow bridges and bends which have been seriously damaged by modern traffic.

They hope to recruit people keen to learn the art of building stone walls, and to set about the restoration and repair of the Pass.

Enquiries: Sieg Kröger, 082-745-9810.


Mans praat saam

[ Top ]


'n CHRISTENFORUM vir mans in die Paarl word beoog. Die voorlopige naam vir dié forum is "Christen Mans in aksie".

Alle Christen-mans wat die doelwitte van die forum onderskryf, is welkom om aan te sluit.

Die forum is nie-polities en dit word geensins oorweeg om die politieke terrein te betree nie. Dit is ook geensins die bedoeling om bestaande kerke, kerkgenootskappe, kerklike en sosiale strukture te benadeel nie.

Belangstellendes kan Ben de Goede by 872-9602 of by Hospitaalstraat 75, Paarl, kontak.


Vroue gaan vonkel

[ Top ]


DIE Wellington VLV bied op Saterdag 6 September om 09:30 'n heerlike vroue-oggend aan by Provence, Wellington.

Hannan Botma, wat landwyd bekend is as voorkomskonsultant, is die spreker. Hy bied ook grimeer- en harewerkwinkels aan en sy praatjie is beslis 'n moet vir elke vrou.

Daar is ook 'n modeparade aangebied deur JS Fashion Designs van die Paarl. Hierna sal gaste 'n vonkelwyn-noenmaal geniet.

Kaartjies is by Francina Marais (873-2929) of Hanneke Malan (864-1017 of 083-661-7083).


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za