safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 21 August 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 29 August  2003 at 17:00

People - Mense


Tiener aangehou deur rowers

Leigh Reitz

[ Top ]


wJACQUES_FC"MY broer sou waarskynlik die een of ander skopboksbeweging toegepas het, maar ek het net koel en kalm gebly en gesê hulle moet net die geld vat."

Só vertel Jacques Carstens (18), 'n Laborie matrikulant wat by sy tante loseer in Williamstraat, Noorder-Paarl, nadat drie gewapende mans hom twee Sondae gelede in sy ouers se huiswinkel op 'n kleinhoewe in Joostenbergvlakte beroof het.
Dié betrokke aand is sy ouers, Karen en Koos, kerk toe en moes Jacques sorg dat

die sake voortgaan, terwyl broer Stiaan (20) gelê en sussie Mia (6) met 'n maatjie voor die televisie was.

BEROOF. Só het die mans hom vasgebind in die huiswinkel, wys Jacques Carstens.

"So omtrent 20:00 het 'n man ingekom op soek na melk en ek het 'n emmer vir hom volgemaak. Toe het hy nog langer by die deur vertoef, maar ek het my nie daaraan gesteur nie.

"Toe die tweede man egter die winkel binnekom, het ek geweet hier's moeilikheid. Toe pluk dié man twee wapens uit en druk een teen my kop en een in my sy.

"Hy het toe my hande vasgebind en 'n stuk lap in my mond gedruk en gesê hulle sal my nie seermaak nie. 'n Derde man het toe ook ingekom en geld in 'n sak begin gooi," het hy van sy nagmerrie-ervaring vertel.

Drie ander mans het buite gewag.

"Toe kom my sussie en haar maatjie in die gang af en sien wat aangaan. Hulle het eers 'n lawaai opgeskop, probeer weghardloop en daarna in die slaapkamer gaan wegkruip.

"Hierna het die mans te voet gevlug met die kontant in die winkel."

En heeltyd het ouboet Stiaan onbewus van die drama wat hom afspeel, in sy kamer regs langsaan die huiswinkel gelê en slaap

Die bure langsaan, wat besig was om buite te braai, het ook nie onraad vermoed oor die mans nie, omdat daar altyd mense by die huiswinkel is.

Maar Jacques aanvaar maar die misdaadvlaag in Suid-Afrika. 'n Paar minute later was hy alweer kliphard besig om kliënte te help.

* A Paarl teenager was robbed at gunpoint in his parents' house-store


'Nie Seegie nie'

Malané Bosman

[ Top ]


SEEGIE was 'n engel hier op aarde, wat van menseblom tot menseblom gegaan het, maar soos wanneer 'n vlinder aan die einde van sy lewe kom, het ook hy gesterf.

So onthou pa Ernestus Seegers sy 16-jarige seun wat verlede Donderdagaand in hul woning te Louistraat 11, Paarl, sy lewe geneem het deur homself op te hang.

Tydens 'n bymekaarkoms van Seegie se vriende Maandagaand het ds Fanie Kriel gevra: "Het julle dit verwag van Seegie?"

En die antwoord het sonder aarseling gekom: "Nee nooit, nie Séégie nie."

Sy hartseer ouers sê: "Luister na jou kind, wees bedag op die tekens, let op wat hy lees, die lirieke van die musiek, wees ingestel op die vers wat hy skryf."

Seegie was sy ouers se "liefste ding". Sy broer Ernst (22) was na aan hom en het hom graag met sy huiswerk gehelp. Hy en sy suster Karlien (19) het gereeld saam klere gekoop en gefliek.

Ná die samekoms met sowat 60 jong mense dié week het Ernestus en Annamarie Seegers besef: "Ons kinders is dieper as wat ons dink. Dat die jong kinders met sulke insig kan praat, het ons verstom."

"Seegie het nie gepraat nie. Hy was kunssinnig, sy eie mens. Hy was so skerp, wonderlik in tale en kon enige aksent namaak.

"Seegie het in jou hart ingeklim. Hy het soveel maats gehad terwyl oumense en jong kindertjies gek was na hom."

Sy vriende sê uit een mond: "Seegie was altyd daar vir ons. Ons kon met hom oor ons probleme praat."

Sy pa sê Seegie wou 'n verandering in die lewens van sy maats maak. Kort voor sy dood het hy nog vir sy maats gevra wat hulle met hul lewens wil bereik.

In die brief wat hy agtergelaat het, maan hy sy vriende by name dat hulle hul "nonsens moet los en teruggaan na die ou lewe, want dis die goeie lewe."

'n Ander maat word aangesê om hom reg te ruk, en dat hy hom gaan "dophou van waar ek nou is".

Ernestus sê hulle probeer sin maak uit die sinneloosheid.

"Almal was altyd welkom hier, maar nou kom hier wildvreemde kinders en praat met ons.

"Ons huis moet die plek bly waar kinders kan tuis voel. Ons seun is nou nie meer hier nie, maar ons is nou hier vir ander kinders."

Ernestus praat op 25 Augustus in Gimnasium Hoërskool se saal met Seegie se mede-leerders. Hy wil by ander skole ook praat, daarom het hy gevra dat sy telefoonnommers - 872-1161 of 082-566-7299 - gepubliseer word.

Van Donderdagaand af kom steek kinders op die sypaadjie en in die Seegers-woning kerse aan en word blommekranse deur vriend en vreemdeling in die tuin gelaat.

Ons kry soveel krag en berusting in die ondersteuning, het Annamarie gesê.

Benewens sy gesin, word Seegie oorleef deur sy  ouma Sannie Riekert en oupa en ouma Jacob en Lettie Seegers van Pretoria.

Die roerende herdenkingsdiens, gister in 'n vol Strooidakkerk, is gelei deur die leraar van die Hervormde Kerk, ds Tenie Hendricks.


Beseerde Wellingtonner wil Metrorail dagvaar

Malané Bosman

[ Top ]


MET verbande oor vyf messteekwonde, het 'n Wellingtonner hierdie week besluit Metrorail moet pa-staan vir die aanval op hul trein.

André Steyn het Maandag om 15:30 op Brackenfell die trein gehaal nadat hy sy motor vir herstel daar gelaat het.

"Dit was die eerste keer in 24 jaar dat ek treinry," het Steyn vertel.

"Toe doen ek wat die mense voorstel, en klim in die derdeklas, in die eerste wa agter die drywer waar daar baie pendelaars is.

Op Daljosafatstasie het daar drie jong mans ingeklim wat hom dadelik ongemaklik laat voel het.

"Ek het op 'n ander plek gaan sit, maar die mans het op my afgestap en na my gesig en keel begin steek terwyl hulle sê 'We want watch, we want watch'.

Steyn het die mes met sy hande afgekeer terwyl nog twee booswigte hom van agter vasgehou het.

"Die hele wa was vol mense, maar hulle het net hul koppe laat sak of weggekyk. Hulle is te bang om te help.

"Die volgende oomblik het die trein op Mbekweni gestop en het die drie afgespring.

"Daar was nie sekuriteit op die trein nie, my kaartjie is nie eens geknip nie."

Die beloeiende Steyn is haastig by  die Wellington stasiekafee  verbind en  na 'n dokter geneem.

Die aand het hy sy prokureur geskakel en Dinsdagoggend vir Metrorail.

"Ek het 'n verwysingsnommer gekry, en is deur Metrorail  aangeraai om nie na 'n prokureur te gaan nie, maar eerder om hom te gaan sien oor 'n eis.

"Maar om die saak onder die mat te vee sal nie hul treine veiliger maak nie. Ek wil hulle openlik dagvaar vir skadevergoeding," het Steyn gesê.

* A Wellington man has vowed to sue Metrorail after he was attacked on the train between Dal Josaphat and Mbekweni.


Man sterf na rugby

[ Top ]


'n KORT besoek aan Wellington Saterdagaand, het die lewe van 'n jongman gekos en 'n ander moontlik verlam gelaat, toe die BMW waarin hulle gereis het, naby die Weltevrede-pad in Wellington met 'n ander motor in 'n botsing betrokke was.

Vriende Gerrit Jakobs (42), Alvin Hendricks (43) en Sidwell Weimers (22) was kort voor elfuur saam met Paarl Rangers-rugbyspeler, Ivor Botha, onderweg om rugbysake te gaan afhandel.

Met die terugkeer na die Paarl het 'n motor by die Weltevrede-afdraai die bestuurskant van die metaalgroen BMW getref.

Jakobs, Botha en Weimers is met die impak uit die motor geslinger.

Weimers is later in die Paarl Hospitaal oorlede en Botha is met ernstige beserings na Groote Schuur Hospitaal oorgeplaas en is moontlik verlam. Jakobs is nie ernstig beseer nie.53L3Y3m3"


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za