|
|
 |
Sport |
|
|
 |
 |
|
|
TAKE THAT. Bawu Dinwa (left) of the African Youth Boxing Club in Mbekweni represented Boland at the Interprovincial Cadet Boxing Championships that were held in Paarl on Saturday. Dinwa here faces Gerswhin Walters of Western Province. He won the fight on points after three rounds. Pic: Leon Steenkamp
|
|
|
 |
Paarl netbalnooiens verras Maties |
|
|
 |
|
 |
 |
|
DIE eerste span van die Paarl Netbalklub het Saterdag verras deur Maties A op Pniel met 45-33 te klop.
'n Goeie spanpoging deur Paarl in beide aanval en verdediging het die studente deurgaans getoets.
Met die Paarl se doelwerk wat nie so akkuraat was nie, was dit tog verrassend dat hulle met so 'n groot punteverskil kon wen.
Die studente se spel is gekenmerk deur baie foute, met die Paarliete wat op hul beurt hul kanse beter benut het.
Die netbalseisoen is reeds diep in sy tweede helfte, met Paarl wat tweede lê in die Boland Superliga agter die onoorwonne Boland Oud-Studente (Bos).
Die span se sukses is ook grotendeels te danke aan hul afrigter, Bennie Saayman.
Paarl A speel Saterdag op Stellenbosch teen Maties III.
Saayman was ook die afrigter van die Boland netbalspan wat onlangs vir die derde agtereenvolgende jaar as die provinsiale kampioen gekroon is.
Boland het in die eindstryd die Oostelike Provinsie met 43-34 geklop.
Paarl Netbalklub se Rose Wolmarans en Dianthea Thyssen was deel van die Boland span.
Volgens Saayman het die kern van die span oor die afgelope drie jaar dieselfde gebly en het die ervaring van dié spelers 'n groot rol gespeel in hul sukses in vanjaar se toernooi.
Saayman is ook as SA Netbal se afrigter van die jaar aangewys. |
 |
|
 |
Departement kyk strenger na sport-fondse |
|
|
 |
|
 |
DIE sportkodes in die Boland het vanjaar aansienlik minder geld ontvang van die Wes-Kaapse Departement van Sport en Ontspanning (WKDSO) as verlede jaar.
Daarby sal strenger riglyne vir die aanwending van fondse vanjaar geld. Federasies sal gegradeer word volgens die geslaagdheid van hul ontwikkelingsprogramme wat weer bepalend sal wees van volgende jaar se bydrae van die Departement.
Volgens Davis Maralack, assistent-direkteur van ontwikkeling by WKDSO, is die vermindering van verlede jaar se R2,5m na R1,2m te danke aan besparings tydens verlede jaar se departement-verdeling.
"Die normale toekenning is R600 000, maar na sterk motivering en herpriorisering het ons 'n bykomende R600 000 ontvang," het Maralack verlede week gesê tydens die Departement se uitdeel van die geld in die Paarl.
"Aangesien ons 87 federasies het wat vir befondsing aansoek gedoen het, is die gemiddelde toekenning per federasie R13 000.
"Verskeie toekennings berus egter op die grootte van die kode, nuwer kodes, asook fokus op vroue, gestremdes en agtergeblewe gebiede," het Maralack gesê.
Hy het verder gesê dat die oorweging van toekenningsbedrae suiwer op 'n wiskundige proses bepaal is, met die klem op deursigtigheid.
Maralack het ook pryse en slae uitgedeel aan federasies wat dit toekom.
Hy het Boland Skaak geluk gewens met hul stigting.
"Ons is bewus dat daar groot dinge op die horison is vir Skaak aangesien hulle graag die Wêreld Skaakkampioenskappe hier wil aanbied."
Tafeltennis het vanjaar vir die eerste keer befondsing ontvang en Maralack het 'n beroep gedoen om tafeltennis weer te laat herleef as 'n sport vir die menigte.
Boland Krieket het vanjaar geen befondsing ontvang nie.
"Weens die groot druk om die finansies te versprei en die geld wat hulle met die aanbieding van die Krieket Wêreldbekerwedstryde gekry het, asook die bydrae wat ons vooraf gemaak het, sal Boland Krieket vanjaar geen befondsing kry nie."
Hy het ook 'n dwarsklap uitgedeel aan die fisies gestremdes vir hul onbereidwilligheid om deel te neem aan die Departement se inisiatiewe.
Volgens Maralack is daar vanjaar slegs R150 000 toegestaan vir ad hoc-befondsing.
Hy het aangekondig dat 'n dispuut-komitee gestig gaan word om al die dispute in die Wes-Kaapse sport te hanteer.
"Die dispuut-eenheid sal uit sewe lede bestaan en hulle sal nou saamwerk met die nasionale dispuutsentrum." |
 |
|
 |
Gardens skepskop troef Rangers |
|
|
 |
|
 |
'n SKEPDOEL in beseringstyd het Saterdag 'n oorwinning beklink vir Young Gardens in hul Premierliga B wedstryd teen Paarl Rangers.
Gardens se losskakel, Chesley Theo, het die 19-16 (13-3) oorwinning vir sy span beklink.
Paarl Rangers het 25 minute voor die einde nog 16-3 voorgeloop nadat Butch Green met drie strafdoele en 'n doelskop slaag en Eric Plaatjies (senter) 'n onderskep-drie druk.
'n Strafdrie is vroeg in die tweede helfte aan Gardens toegeken nadat Gardens twee keer 'n strafskop gekry het op Rangers se doellyn en dié bal in die losgemaal verhoed is om uit te kom.
Theo verdoel en slaag ook met twee verdere strafskoppe om telling gelyk te maak.
Met dié oorwinning, het Gardens nog 'n kans om sy plek in dié liga te hou. Dit sal egter vereis dat Gardens al ses hul oorblywende wedstryde wen en dat Franschhoek United en Paarl Rangers hulle 'n guns of twee bewys.
Rangers se tweede en derde span het met 10-3 en 12-3 gewen.
Hoewel Albions aanvanklik in beheer was in sy wedstryd teen Hands and Hearts op Daljosafat, het 'n gebrek aan afronding die Paarliete gekelder.
Albions se pak het as 'n eenheid saamgespeel en goeie besit vir hul agterlyn verseker.
Die besoekers het met rustyd 15-12 voorgeloop.
Vroeg in die tweede helfte verleng Hands and Hearts hul voorsprong met 'n strafskop en twee drieë.
Albions veg terug met 'n strafskop en 'n drie in die laaste 10 minute maar verloor tog 27-22.
Vir die tuisspan het Alwyn Hugo (vleuel, 2) en Ashley Manuel (heelagter) gedruk.
Hugo het ook met 'n doelskop en 'n strafskop geslaag. Fuad February (haker) het ook 'n doelskop oorgesit.
Albions se tweede span verloor 21-15 en die derde span verloor 29-5. |
 |
|
 |
Peoples onder druk |
|
|
 |
|
 |
 |
|
'n MAAND gelede was Young Peoples Rugbyklub nog 'n sterk aanspraakmaker op die Premierliga A-titel, maar ná drie swak vertonings is die span skielik onder druk om onder die top ses te eindig en in dié liga te bly.
Peoples het Saterdag op Milnerton weer vasgeval toe hulle met 24-19 teen Harlequins verloor het.
Peoples se staatmaker-vleuel, Jacques Lategan, het twee drieë gedruk terwyl Melvyn Hermanus suksesvol was met drie strafskoppe.
Die tweede span wen 28-12 en die derde span verloor 29-14.
"Die span se spelpeil toon 'n afwaartse kurwe en selfs die basiese dinge word nie reg gedoen nie.
"Balle word aangeslaan en by tye is daar tot drie voorspelers in die agterlyn terwyl Peoples se vleuels staan en koud kry.
"Die span se wen-honger het ook verdwyn en dit lyk of 'n paar spelers net die seisoen wil klaarkry," sê Trevor Davy van Peoples.
Dit is egter nog nie te laat nie en 'n grootskaalse regrukpoging kan die trotse klub weer met die bestes laat saampraat.
Peoples sal minstens vier van hul orige vyf wedstryd moet wen en verkieslik met bonuspunte, om relegasie te ontduik.
Paarl het Saterdag 'n naelskraap 24-23 oorwinning oor Young Stars behaal. Heelagter Marco Martin was Paarl se groot uitblinker met drie drieë terwyl kaptein, John Claasen, 'n vierde gedruk het vir 'n bonuspunt. Jacques Hendricks het twee doelskoppe oorgesit.
Paarl is tans bo-aan die punteleer met 66 punte. |
 |
|
 |
Bergrivier-derby eindig gelykop |
|
|
 |
|
 |
IN 'n taai wedstryd op Boland Stadion het die eerstespan-derbywedstryd tussen Bergrivier en Weltevrede Sekondêr Saterdag 3-3 gelykop geëindig.
Bergrivier het eerste punte aangeteken nadat hul losskakel, Conroy Gertse, met 'n strafskop suksesvol was.
Hoewel Weltevrede se pak heeltemal oorheers het in die vaste skrums en hulle telkens ver ente veld gewen het met hul rolmaal-dryfbewegings, het 'n gebrek aan afronding hulle gekelder.
Bergrivier se agterlyn het op hul beurt gereeld vanuit hul eie kwartgebied gehardloop en dikwels tot net buite hul teenstanders se kwartgebied gevorder.
Kort voor rustyd slaag Weltevrede se Granville Rooi met 'n skepskop om sake teen rustyd gelyk te maak. Geen punte is verder aangeteken nie.
Hoewel die spanne oor en weer aangeval het, het albei te veel foute begaan en besit op kritieke tye in die vaste los afgestaan.
Daarby het altwee losskakels se gebrek om die bal uit te skop onder druk, dodelike teenaanvalle tot gevolg gehad.
Een so 'n geval het 'n doellose skop vanuit Bergrivier se kwartgebied in die hande van Weltevrede se Owill Lewis (slot) beland.
Met die bal wat vinnig by die agterlyn afbeweeg het, kon slegs 'n skitterende laagvat deur Bergrivier se Clifton Carolissen (flank) vir Dudley Baron (linkervleuel) by die hoekvlug uitboender om 'n versekerde drie te keer.
Vir Bergrivier het Jacquin Rudford (binnesenter) uitgeblink met sy klipharde verdediging in die middeveld, terwyl Weltevrede se sterk stutte, Nigel Pietersen en Morris September, die oog gevang het met hul kragtige stormlopies. |
 |
|
 |
Paulus wen in doodsnikke |
|
|
 |
|
 |
DIE eerste rugbyspan van Paulus Joubert Sekondêr kon Saterdag in die doodsnikke van hul derbywedstryd net-net daarin slaag om Noorder-Paarl met 5-3 te klop.
Losskakel Bradwell Swartz was Paulus se held nadat hy in die laaste minuut in die hoek gaan druk het.
Die wedstryd het vir die grootste deel baie gelykop verloop met Noorder-Paarl wat eers vroeg in die tweede helfte die eerste punte kon aanteken.
David Adams (losskakel) het die Groentruie die voortou laat neem, met 'n skepskop.
Hoewel die wedstryd min punte opgelewer het, was die spanning genoeg om die skare geboei te hou.
Paulus se uitblinkers was Alrick Armenville (slot) en Swartz. Albei spelers wat vanjaar vir die Boland o.16 span Cravenweek gespeel het.
Vir Noorder-Paarl het hul kaptein, Fabian Carter, en flank Elnico Adams goed gespeel.
Ander uitslae is o.19B PJ wen 5-0, o.16A PJ wen 20-0, o.15A 10-10, meisies 0-0, Ou Kroks NP wen 25-10, Oud-studente A PJ wen 35-12, B PJ wen 12-5. Netbal: o.14 NP wen 14-12, o.16 PJ wen 24-13, o.19 PJ wen 32-12. Sokker: o.16 PJ wen 3-2, o.17 PJ wen 2-1, o.19 NP wen 2-0. |
 |
|
 |
 |
|
Sesde wen vir Boland Landbou |
|
|
 |
|
 |
DIE eerste rugbyspan van Boland Landbou het aan alle verwagtinge voldoen en hul sesde agtereenvolgende sege ingepalm tydens hul interskole kragmeting teen Oakdale Landbouskool op Riversdal.
In 'n aanskoulike wedstryd het die span van die Agter-Paarl met 20-12 geseëvier.
Oakdale se swaar pak voorspelers met 'n SA Skole slot en twee SA Akademiespelers het onverwags sterk teenkanting gekry wat hul ritme versteur het.
Boland Landbou se voorspelers het in al die vaste fasette goeie besit gekry om so hul gevaarlike agterlyn aan die gang te sit.
Puik drieë deur Dawie van Wyk en Janno van Zyl het die Bolanders met rustyd 10-0 laat voorloop.
Kort na rustyd het 'n geslaagde strafskop van Boland se Wian Mouton die telling na 13-0 laat rek.
Oakdale lig egter hul spel en slaag met vier strafskoppe kort na mekaar om hard in die besoekers se nekke te blaas op 13-12.
'n Skitterende tweede drie deur Van Zyl en doelskop deur Mouton het die wedstryd vir Boland Landbou beklink.
Ander uitslae (Boland Landbou eerste genoem): o.14A 10-18, o.14B 10-15, o.14C 5-17, o.15A 31-0, o.15B 20-6, o.15C 8-5, o.16A 0-10, o.16B 13-10, o.16C 9-0, o.19B 14-15, o.19C 0-6, o.19D 0-6, o.19E 0-39, o.19F 10-31, o.19G 12-10. Gholfspanne eindig gelykop met drie wedstryde elk. |
 |
|
 |
 |
|
Soccer team uplifts with game against inmates |
|
|
 |
|
 |
THE Drakenstein Correctional Services hosted a soccer match between the famous people's team, Santos, and inmates' Drakenstein United last week.
The match marked the launch of DCS's sport codes for rehabilitation with the aim of developing sporting talent among inmates.
The main theme of the event was "a person in sport is a person out of court".
Despite their 9-0 defeaTHE Drakenstein Correctional Services hosted a soccer match between the famous people's team, Santos, and inmates' Drakenstein United last week.
The match marked the launch of DCS's sport codes for rehabilitation with the aim of developing sporting talent among inmates.
The main theme of the event was "a person in sport is a person out of court".
Despite their 9-0 defeat, the inmates felt inspired by their opportunity to play against a top team like Santos.
Santos captain, Edries Burton, said that it is their duty, as a people's team, to involve themselves in the rehabilitation of those who found themselves on the wrong side of the law.
He appealed to other professional teams to follow their example.
Area Commissioner, Kosie Sinclair, said that his management area was committed to accommodate all inmates in different sporting codes.
Drakenstein is currently busy upgrading an unused piece of land next to the maximum security prison for longterm inmates to participate in sport.
t, the inmates felt inspired by their opportunity to play against a top team like Santos.
Santos captain, Edries Burton, said that it is their duty, as a people's team, to involve themselves in the rehabilitation of those who found themselves on the wrong side of the law.
He appealed to other professional teams to follow their example.
Area Commissioner, Kosie Sinclair, said that his management area was committed to accommodate all inmates in different sporting codes.
Drakenstein is currently busy upgrading an unused piece of land next to the maximum security prison for longterm inmates to participate in sport. |
 |
|
 |
 |
|
Paarliet in SA Skole tennisspan |
|
|
 |
DIE kranige, jong tennisspeler Aden Demas het tydens die skoolvakansie sy ta-lente ten toon gestel in drie junior tennistoernooie.
Demas, 'n lid van Paarl Hugenote Tennisklub, het in Benoni tydens die Super Ses Toernooi die drie kwalifiserende rondtes gewen. Hy het egter 2-6, 4-6 teen die nommer een gekeurde Kevin Anderson vasgeval.
In die Durbanse toernooi het hy beter gevaar en deurgedring na die kwarteindrondte.
Hy klop die vierde gekeurde Saul Glass 2-6, 6-4, 7-5 en verloor daarna teen die tweede gekeurde Boyd Miga 4-6, 2-6.
Demas het sy beste tennis in Pretoria ge-speel waar hy Boland in die interprovinsiale toernooi verteenwoordig het.
Hy wen vyf uit die ses wedstryde wat hy gespeel het, maar be-haal sy grootste prestasie tot dusver deur in die SA o.18 Skolespan opgeneem te word. Hy gaan saam met die span in Zim-babwe en Egipte toer. |
 |
 |
|
Dog jumpers over the moon |
|
|
 |
 |
|
TWO teams of the Boland Dog Training Club won a string of rozettes at the second dog jumping interprovincial competition that was held in Bloemfontein recently.
Boland's A-team in the category for mini-dogs once again came first after achieving the same result in the first interprovincial.
In the category for standard dogs, Boland A came third.
These achievements were enough to give team member Michelle Turner her full Boland colours.
Michelle, Roché and Karen Vermaak and Johan Botha have been selected to represent Boland at the Super Sport SA Dog Jumping Championships in Pretoria later this month.
These members and their dogs will be in action at the Hill's Boland Dog Training Club's Championship Show to be held at Huguenot High School in Wellington on 6 September from 08:30.
The public will be able to see the dogs and their handlers compete in obedience, dog jumping and agility. They will also answer any questions of people interested in joining. |
 |
 |
|
Brodiespan in finaal |
|
|
 |
DIE Brodiespan van Paarl Gholfklub is in die finaal van die Boland Unie se ligakompetisie.
'n Groep van 42 spanne, met 'n totaal van 336 spelers van regoor die Boland, het vanjaar om die spankompetisietitel meegeding.
Paarl het eerste in sy afdeling, Brodie Wes A, geëindig en het die onoorwonne wenner die Brodie Wes B afdeling, De Hoek A, in die semi-finaal geklop.
Paarl het harde bene gekou teen 'n begeesterde en onoorwonne De Hoek A, met slegs een punt wat die spanne uiteindelik geskei het, met 4½-3½.
Renso Nel, Paarl se nommer een speler, het uiteindelik die spannende wedstryd vir sy span beklink deur sy eweknie, Eddie Mostert, met 3-2 te klop.
Op 30 Augustus kom Paarl in die finaal teen Kuilsrivier A te staan, met die kompetisie wat of op Robertson of Ceres gespeel sal word. |
|