|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DIE bekende sanger en komediant Alvin Bruinders is weer te sien by die Kersliggiefees in die Paarl op Vrydag 13 Desember. Die feesliggies word op 12 Desember deur die burgemeester aangeskakel en die aand sal ingelui word met gewyde Kersmusiek met begeleiding deur 'n blaasorkes. Die Saterdagmiddag word 'n fietskermesse van 14:00 en 'n straatmyl om 17:00 aangebied in die middedorp. Die aand tree Kinders van die Ses op met hul vermaaklike aanbiedings. Verskeie plaaslike sangers en dansers sal aldrie aande optree. Onder die sterre is Perfect Harmony, Essentials, Volume Four, Protegé, Rodney en Francisca. Van hierdie sterre sal op Saterdagaand 7 Desember ook op Saron te sien wees, saam met Vader Kersfees. Mense wat stalletjies wil bespreek vir die Kersliggiefeeste in die Paarl en Wellington moet opskud. Om stalletjies vir die drie dae in die Paarl te bespreek, skakel 083-430-8410 of 872-4842. Om 'n stalletjie by die Wellingtonse Kersliggiefees te hê op Vrydag 29 November, kan die HOP-forum se kantoor by 864-2126 geskakel word. Die Paarlse Kersliggie-feeskomitee het 'n beroep op besighede en huiseienaars, veral in Hoofstraat, gedoen om mee te doen aan die feesgety deur Kersliggies op hul eiendom aan te bring. |
|
|
|
|
MAAK gereed vir 'n dag van pret en heerlike kos Saterdagmiddag van 14:00, wanneer die Franschhoek Legal Advice Centre (FLAC) sy heel eerste kermis as fondsinsameling loods by Groendal Sekondêre Skool. Besoekers kan uitsien na 'n minimark/vlooimark, heerlike kos, danse en drama. Belgiese aartappelskyfies (frietes) en ander lekkernye is op die spyskaart. Die aand om 18:00 word Meneer en Juffrou FLAC gekroon, geoordeel nie aan die uiterlike nie, maar ook kreatiwiteit en intelligensie. Sekuriteitsdienste sal omsien na motors en die terrein. Toegangsgeld is R5 vir die dag en R5 vir die aand. Die Social Change Assistance Trust (SCAT) het beloof om enige donasie met vyf te vermeerder, so elke Rand wat mense skenk, is vyf Rand werd. Stalletjies is beskikbaar teen R50. Vir navrae skakel Ilse, Rosy & Loretta by tel 876-4510. |
|
|
|
|
THE Cape Philharmonic Orchestra, under the direction of George Michie, will give a benefit Symphonic Pops concert of light and popular works at Grande Roche in Paarl on Sunday at 17:00 in aid of the Association for the Physically Disabled Western Cape. Entrance is a donation of R50 and refreshments will be served. All money raised will go to help the disabled at the Drakenstein Centre for Persons with Disabilities and the Association itself in the Western Cape. The beguiling programme ranges from Elgar's Pomp and Circumstance March no 4 and Finlandia by Sibelius to Gershwin, Gould and Paul McCartney. The orchestra is donating the major part of its services in line with its commitment to the community of the Western Cape. The Association for the Physically Disabled Western Cape is now 68 years old. Proceeds from this concert will be used to increase services such as retraining, self-help support groups, day care facilities and to send social workers into the community. Call Jenny 872-5708/Ray 555-2881 or a/h 558-5451 and tickets can be delivered. |
|
|
|
|
DIE Stellenbosch Libertaskoor, onder leiding van Johan de Villiers, hou dié Sondag en Sondag 1 Desember om 20:15 hulle twee afsluitingskonserte in die Endlersaal, Stellenbosch. Tydens die eerste helfte van die uitvoering, wat identies vir die twee aande sal wees, sing die koor 'n verskeidenheid van gewyde en sekulêre werke, asook inheemse volksmusiek. Na pouse word die program uitsluitlik gewy aan Kersfeesmusiek vanuit verskillende wêrelddele. Die orrelbegeleiding word waargeneem deur Zorada Temmingh. Telefoniese besprekings, asook die koop van kaartjies, kan nou reeds gedoen word by die konservatorium in Neethlingstraat, Stellenbosch (808-2345). |
|||
|
|||