|
oudergewoonte op Hilda Fourie (13) se skouer in hul tuin in Vleistraat gesit, toe hy besluit dis vliegtyd.
Hoog in die bure se digte palmboom - dis waarheen gemik is.
Die huismense het met die tuinslang gedoen wat 'n mens moet doen om 'n wegvlieg-papegaai weer aarde toe te bring. Maar nee, met sopnat lyfie en al, klouter die seunskind net hoër.
Al die bure was later in die straat. Dit het gekyk tussen die takke, geroep en gespook, maar niks wou help nie.
"Toe onthou ek oorsee kan 'n mens die brandweer bel," het Hilda se ma, Sandra, gesê.
"Hulle was baie vriendelik, en hulle kom toe sommer dadelik help."
Die leer wat Quintie Lourens en sy span gebring het, was ook nie lank genoeg vir die geveerde boomklimmer nie.
"Ons het hom sopnat gespuit, baie versigtig, want daar is oorhoofse elektriese kabels op die erf," het Lourens gesê.
Toe ook die brandweer se harde waterstraal nie hond (papegaai) kon haaraf maak nie, is die raad van Iemraam Jacobs, opleidingoffisier van die brandweer, ingeroep.
"Nee, dis reg so, die leer van die 'Bronto skylift' skuif verder uit en die optrede kan goeie oefening wees."
Twintig minute lank het die manne gesukkel, maar die voël het vry gebly. Toe gaan die manne maar druipstert terug stasie toe.
Hulle was skaars om die hoek of papegaai klouter uit die boom - sopnat, maar springlewendig.
"Weetbix se een vlerk is dadelik geknip, maar noudat hy weet van vlieg, nou mik hy net bome toe," meen Hilda.
En die brandweer gaan nie weer help nie. Die manne het goeie oefening gehad, en 'n meisie gelukkig gelaat.
* Paarl's fire brigade came to the help of a distraught parrot owner. |