safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 22 January 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 30 January  2004 at 17:00

People - Mense


Operasie papegaai

Malané Bosman

[ Top ]


'n ONDEUNDE groen papegaai het verlede week die brandweer in die Paarl behoorlik laat les opsê.

Wat anders verwag 'n mens ook van 'n jaaroud Quaker-papegaai met 'n naam soos Weetbix? Een wat kordaat die woorde van "Who let the dogs out" kan na-sing en sonder moeite sy hokkie se deur kan oopmaak.

Hy (daar word gemeen dis 'n mannetjie omdat hy moleste maak) het

wnat02FC

SOET SEUN. Hilda Fourie van Suider-Paarl en brandweerman Quintie Lourens hou mooi dop dat Weetbix nie weer besluit dis tyd vir vlieglesse nie.

oudergewoonte op Hilda Fourie (13) se skouer in hul tuin in Vleistraat gesit, toe hy besluit dis vliegtyd.

Hoog in die bure se digte palmboom - dis waarheen gemik is.

Die huismense het met die tuinslang gedoen wat 'n mens moet doen om 'n wegvlieg-papegaai weer aarde toe te bring. Maar nee, met sopnat lyfie en al, klouter die seunskind net hoër.

Al die bure was later in die straat. Dit het gekyk tussen die takke, geroep en gespook, maar niks wou help nie.

"Toe onthou ek oorsee kan 'n mens die brandweer bel," het Hilda se ma, Sandra, gesê.

"Hulle was baie vriendelik, en hulle kom toe sommer dadelik help."

Die leer wat Quintie Lourens en sy span gebring het, was ook nie lank genoeg vir die geveerde boomklimmer nie.

"Ons het hom sopnat gespuit, baie versigtig, want daar is oorhoofse elektriese kabels op die erf," het Lourens gesê.

Toe ook die brandweer se harde waterstraal nie hond (papegaai) kon haaraf maak nie, is die raad van Iemraam Jacobs, opleidingoffisier van die brandweer, ingeroep.

"Nee, dis reg so, die leer van die 'Bronto skylift' skuif verder uit en die optrede kan  goeie oefening wees."

Twintig minute lank het die manne gesukkel, maar die voël het vry gebly. Toe gaan die manne maar druipstert terug stasie toe.

Hulle was  skaars om die hoek of papegaai klouter uit die boom -  sopnat, maar springlewendig.

"Weetbix se een vlerk is dadelik geknip, maar noudat hy weet van vlieg, nou mik hy net  bome toe," meen Hilda.

En die brandweer gaan nie weer help nie. Die manne het goeie oefening gehad, en 'n  meisie gelukkig gelaat.

* Paarl's fire brigade came to the help of a distraught parrot owner.


Tiener sterf na vis-ete

[ Top ]


'n TIENER van Groenheuwel, Paarl, het op 13 Januarie skielik gesterf nadat sy snoek geëet het.

Rosé Norman (16) was "baie lief vir vis", het haar ma, Karen, gesê, "maar op die ou einde was sy allergies daarvoor."

Rosé en drie vriende het die gerookte snoek in Groenheuwel gekoop en dadelik daarvan begin eet.

Die maats het niks oorgekom nie, maar Rosé het onmiddellik begin jeuk en opswel, het hulle vertel.

By haar ouerhuis het sy inmekaargesak en is deur 'n buurman na die Paarl Hospitaal gehaas.

Sy was drie dae lank aan 'n respirator gekoppel terwyl medici tevergeefs haar lewe probeer red het.

"Rosé was jare gelede allergies vir grondboontjies," onthou haar moeder.

"Maar toe het sy nooit weer neute geëet nie, en sy was vir niks anders allergies nie.

"Sy was so intelligent, en het so mooi gesing en geskryf - oor die sterre en die hemel."

Rosé se baie vriende moes hierdie week sonder haar in die graad 11 klas by Klein Nederburg Sekondêr sit. Sy is Saterdag ter ruste gelê.

Benewens haar ouers Rodney en Karen, word Rosé oorleef deur 'n sussie Chanel (10).


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za