safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 22 January 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 30 January  2004 at 17:00

Youth - Jeug


wcairn1FC

NUWELINGE. Die nuwe hoof van Orleansvale Primêr in die Paarl, Hilgard Cairncross van Wellington, het vandeesweek as nuweling begin saam met graad eens soos Reshaun Roland (links) en Lethan-Kyle Samuels wat wys hoe oud sy is. Cairncross was voorheen adjunk-hoof van Newton Primêr.


Skoolbus nie vir dié kinders

John Goliath

[ Top ]


SKOOLKINDERS wat op plase in Suider-Paarl woon en Nieuwe-Drift Primêr noord van die Paarl bywoon, sal eersdaags ander vervoer moet kry.

Die departement van onderwys is tans besig om die busse na dié skool uit te faseer.

Volgens Bertus Jacobs van die Onderwysbestuur- en Ontwikkelingsentrum (OBOS) in die Paarl is die Wes-Kaapse departement van onderwys se beleid dat 'n leerling slegs gratis busvervoer geniet indien daar geen skool binne 5km van sy woning is nie.

Tans word net die kinders wat in 2003 nog in Nieuwe-Drift was, na die skool aangery, wat by verskeie ander laerskole verbyry op die roete noordwaarts.

Graad eens of kinders wat vanjaar vir die eerste keer na Nieuwe-Drift wil gaan, word nie op dié bus toegelaat nie en sal hul eie vervoerreëlings moet tref of hulle kan na die nabygeleë Laerskool Courtrai of Laerskool Gimnasium gaan.

Dié skole se skoolgeld is egter aansienlik hoër as dié van Nieuwe-Drift wat tans R140 per jaar is en is vir die meeste van die plaaswerkers onbekostigbaar. Ook die skoolklere en sportdrag is heelwat duurder.

Die Suid-Afrikaanse skoolwet sê dat indien die gekombineerde jaarlikse bruto inkomste van die ouers minder as tien keer die bedrag van die jaarlikse skoolgeld per leerder is, kwalifiseer die ouer vir volle vrystelling.

Indien die inkomste van die ouers minder as dertig keer, maar meer as tien keer die bedrag van die jaarlikse skoolfooie per leerder is, kwalifiseer die ouer vir gedeeltelike vrystelling.

Clarence Adams, waarnemende hoof van Nieuwe-Drift Primêr, sê die skool het 'n brief van die departement ontvang om hulle in kennis te stel dat die busse vanaf Suider-Paarl teen die einde van die jaar afgelas kan word.

Ouers is tans besig om planne te beraam om die vervoerprobleme op te los, maar die vervoer van kinders tot by die skool kan hulle duur kos. Sommige kinders gaan nou by ander familie moet inwoon, nader aan die skool, maar weg van hul ouers.

Adams sê van die families het meer as een kind wat dié skool bywoon en dan mag die een kind gratis bus ry, maar die ander kan nie.

Die skool het intussen kapsie teen die besluit gemaak, maar het nog nie 'n antwoord vanaf die departement ontvang nie.

Volgens Adams kan die aflas van die busse 'n stil dood vir dié skool beteken, wat vanjaar reeds klasse aanbied tot graad nege.

Jacobus Verneul, 'n plaaswerker op die plaas Laborie, se dogter is nou in graad drie en het eers op Wellington skoolgegaan.

Sy is ingeskryf om hierdie jaar by Nieuwe-Drift te begin, maar weet nie hoe sy daar sal kom nie.

"Niemand het vir ons laat weet van die veranderinge nie. Die skool het wel tydens inskrywing gesê daar kan dalk probleme wees," sê hy.

Volgens Verneul is dit onregverdig dat ander kinders nog kan ry, maar nuwe kinders kan dié jaar nie op die bus ry nie.

Private vervoer na Nieuwe-Drift kan ouers sowat R100 per maand kos.

'n Ander moontlikheid is dat die kinders die bus haal wat hoërskoolkinders tans van Suider-Paarl na hoërskole in Paarl-Oos aanry.

* The education department is phasing out a school bus which takes learners from farms in Paarl South to a school north of Paarl.


New school opens

[ Top ]


THE opening of Wellington Preparatory School on Diemersfontein Estate this week is a dream come true for a number of parents as well as other members of the Wellington community.

The school stems from Wellridge, a small private school that started on a farm outside Wellington four years ago. 

Wellridge needed to grow and locate to somewhere more accessible to people in the Paarl and Wellington area, yet still remain within a rural environment. 

The owners of Diemersfontein Estate, David and Sue Sonnenberg, have for some time had the vision of a school on their estate and so it was decided to marry the principles of Wellridge with the location of Diemersfontein to create a unique school known as Wellington Preparatory School.

The school is English medium and co-educational and caters for children from the age of two through to Grade 7. 

The uniqueness of the school is the use of practical, hands-on methods of teaching to achieve high academic standards, whilst simultaneously creating an awareness of the natural environment and resources.

It will be an affordable facility with small classes (maximum of 18 learners per class). For enquiries, phone 874-2943.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za