|
|
 |
|
Sport |
|
STORMERS SWEET KWAAI. Die oefengroep van die Stormers rugbyspan het vandeesweek hard gesweet tydens hul oefenkamp wat op die Primi-plaas in Bainskloof gehou word. Die spelers het Maandagoggend in temperature van 30°C plus, naellope teen 'n bult uitgehardloop. Ondanks die hitte was daar nie 'n gebrek aan onderlinge kompetisie nie en het die spelers mekaar hard gedruk om die vinnigste tyd oor sowat 30m af te lê, met kaptein Corné Krige (bo) wat luidkeels aangemoedig het. Die twee nuwelinge in die groep, Kambamba |
|
|
|
Floors en Tonderai Chavhanga, was onder die vinnigste spelers tydens die oefeninge. Stormers-ondersteuners kan met groot afwagting dié twee spoedvrate wat verlede jaar ook vir die Sewes-Bokke gespeel het, dié seisoen dophou. |
|
Last call for entries for Paarl Post cycling race |
|
|
|
CYCLISTS who have their sights set on the Pick 'n Pay/Argus Cycle race, can start their exercise plan with a decent workout by entering the Paarl Post/Paarl Motors Wine Route race on Saturday.
Serious cyclists can pit themselves against the testing conditions, which include the Helshoogte Pass, of the 78km race while less confident riders can take on the 38km route.
For climbing of a different kind, mountainbikers can take on a 38km and 22km route up Paarl Mountain.
The road races start at the Market Street bridge at 07:00 (78km) and at 07:45 (38km).
As this is also a league race, points achieved will go towards the season's total of all registered cyclists.
Those who prefer the ruggedness of gravel, rock and sand, however, can opt for the mountainbike routes.
Both races start at 07:30 with all riders starting en mass.
Both routes follow Berg River Boulevard and then onto Main Street before heading up the mountain on Jan Phillips Drive.
Entry forms are available at the Pedal Power Association or Cycle Shops and late entries on race day can be done at the registration tables.
For enquiries, contact Marcia on 863-3333 or Dave on 863-2343. |
|
Naelbyt-derby eindig onbeslis |
|
|
|
'n DESPERATE terugvegpoging het Saterdag gekeer dat die geskiedenis hom herhaal en dat Young Peoples se eerste krieketspan weer die knie buig voor hul bure Paarl Krieketklub.
Die wedstryd wat voor 'n groot skare op Daljosafat gespeel is, het onbeslis geëindig met Peoples wat die meeste punte uit die wedstryd verdien het.
Young Peoples was vroeg in die moeilikheid op 18/2. Die tuisspan het egter 'n gelukkie gehad toe Utalyn Ernstzen op tweede glip 'n hou van Justin Ontong (0) laat val.
Henley Julies (2/16) was die naatbouler wat vroeg reeds skade aangerig het. Elrich Jansen is ook 'n tweede lewe gegun toe 'n moeilike vangskoot, vanaf Anwell Newman se boulwerk, grond toe is.
Ontong (82), Jansen (48) en Brendon Gabriels (43) het die tuisspan na 219/9 in 60 beurte gelei.
Alfredo Adams (3/44) en Newman (2/48) saam met Julies was Paarl se beste boulers.
'n Honderdtal deur Erasmus Hendrickse (101) het Paarl op koers gehou vir 'n gemaklike oorwinning.
Dié staatmaker het met 'n paar groot sesse die klubhuis se dak gepeper in antwoord op Ontong se draaiboulwerk.
Nog 'n Boland-speler, Wesley Euley (71), het met sy breë kolf die bal gereeld lug gegee en tot in 'n nabygeleë stroompie gemoker.
Die twee inklim-kolwers se poging is egter nie genoegsaam ondersteun nie. Daarby het die Tiere se akkurate boulwerk en flink diens in die veld verseker dat die besoekers slegs 213/9 in hul 60 beurte kon behaal.
Ontong (5/71) en Janse (3/6) het die Paarl kolwers in dié naelbyt-stryd ontnugter.
Peoples II het op Stellenbosch 'n skokkende nederlaag gely toe hulle met een paaltjie teen Stellenbosch/Distrikte verloor het.
Peoples word vir 102 uitgehaal, met slegs Faghrie Jacobs (56) wat lopies kry.
Die tuisspan behaal die wenlopies met nege paaltjies plat. David Gabriels (2/19), Lester Opperman (2/39) en Jacobs (3/13) het moedig met die bal probeer.
Saterdag speel Peoples I tuis teen Wellington, Peoples III speel op Daljosafat teen Paarl III.
Paarl II se wedstryd teen Brackenfell II het onbeslis geëindig en die derde span het teen Worcester II verloor.
Saterdag speel Paarl I teen Paarl-Oos op New Orleans en Paarl IV speel teen De Wet (Worcester) op die Parysvelde. |
|
Libbie, Cloete skitter vir Bergrivier |
|
|
|
TWEE prag-kolfbeurte van Waylon Libbie en Jacques Cloete het Saterdag op Darling daartoe bygedra dat Bergrivier Krieketklub hul voorsprong in die Boland Premierliga behou.
Hoewel die wedstryd onbeslis geëindig het, het Bergrivier 12 punte uit die wedstryd verdien teenoor Darling se drie.
Die besoekers moes hulself blameer vir die segelose naweek. Ses verbroude vangskote het hulle die wedstryd gekos.
Bergrivier het 311/9 aangeteken danksy Libbie (92 8x4, 1x6), Cloete (87 11x4, 1x6) en Wes Goetham (46 2x4, 1x6) wat Darling se boulers gestraf het.
Libbie en Goetham het 'n vennootskap van 82 om die tweede paaltjie aangeteken, terwyl Libbie met die hulp van Cloete 88 lopies om die vierde paaltjie opgestapel het.
Dit was veral die 17-jarige Cloete wat die oog gevang het. Sy klassieke dryfhoue het die een bal na die ander na die grenstou gemoker.
Danver Thomas (3/90), Mark Thomas (4/60) en Steven Hoogbaard (2/21) was die tuisspan se beste boulers.
Darling kon in hul beurt slegs 158/8 aanteken nadat hulle in een stadium op 52/5 teen die planke was.
Swak veldplasing en veldwerk deur Bergrivier het egter verseker dat Darling nog 100 lopies kon aanteken voor hulle almal uitgehaal is.
David Stringer (45), Patrick Tango (33) en Christy Adams (30) was die tuisspan se beste kolwers. Nathan Thomas (3/21) en Ryan Mouton (2/39) was Bergrivier se beste boulers.
Bergrivier se tweede span het op Wellington met Coronations II afgereken deur met drie paaltjies te wen.
Die besoekers wat in 'n hoër liga as Bergrivier speel, het eerste gekolf en is almal uitgehaal vir 195. V Stubbs (63), Colin Myburgh (37) en G Boughley (26) was die top kolwers.
Die draaier, Ashwill de Vries, was die tuisspan se beste bouler met 5/39.
Bergrivier was vroeg in die moeilikheid toe hy sy eerste paaltjie verloor het sonder 'n enkele lopie op die telbord. Delwayne van Niekerk (28), Eathan Pietersen (47 7x4,1x6), Allistair Claassen (29nun) en Darren Isaacs (27) was die voorste lopiemakers.
Myburgh (4/35) was die besoekers se suksesvolste bouler.
Bergrivier hou Sondag 'n gesinsdag op hul veld met 'n braai-ete. Die span speel teen Worcesters Moslems terwyl die tweede span Saterdag op Wellington teen Van der Stel III kragte meet.
(Jerry Seale) |
 |
|
 |
Drie Bolanders in o.19 Wêreldbeker |
|
|
 |
|
|
DRIE plaaslike krieketspelers is in die SA o.19 span ingesluit wat volgende maand in Bangladesh aan die o.19 Wêreldbekertoernooi deelneem.
Vince Penazza (oud-Boishaaier), Godfrey Stevens en Waylin September, albei van New Orleans, sal volgende maand hul staal in die toernooi wys.
Die snelbouler, Vince Penazza, was ook deel van die SA o.19 span wat onlangs die Statebond Toernooi in Faridabad, Indië gewen het.
Die Suid-Afrikaners het Bangladesj in the eindstryd vernietig. Bangladesj is in die 34ste beurt uitgehaal vir 119 nadat SA 369/3 behaal het.
Dit sal die eerste keer wees dat Stevens oorsee krieket speel en die jongman lek behoorlik sy lippe af vir die geleentheid.
"Ek sien uit om op die stadige blaaie te boul en te kolf," het die linkshandige nommer-drie-kolwer en draaibalbouler gister gesê.
Stevens, wat ook verlede jaar in die Boland Coca-Cola en SA Skole Colts-span opgeneem is, het bygevoeg dat dit 'n voorreg is om SA te verteenwoordig.
Penazza en September was albei vandeesweek in Durban saam met die Boland o.19 span en kon nie vir kommentaar bereik word nie.
Die span wat op 8 Februarie na Bangladesj vertrek, word deur die Vrystater, Divan van Wyk, aangevoer. |
|
Wellington kolwers vernietig Paarl-Oos |
|
|
|
'n BLITZKRIEG van 'n vennootskap tussen die kolwers Steyn Basson en Wayne Groeneveldt het Saterdag die basis gelê vir Wellington se eerste krieketspan se vernietigende oorwinning oor Paarl-Oos.
Die manne van Paarl-Oos het sake goed onder beheer gehad tot en met die 50ste beurt, met Wellington op 153/6. Die laaste 10 beurte het egter in 'n skouspel van swaaiende kolwe en groot grenshoue verby geswiep. Basson (73) en Groeneveldt (43) het 95 lopies in die laaste 10 beurte gemoker om die tuisspan se telling op 248/6 te staan te bring.
David Stevens (49 5x4) en Timmy Cornelissen (23 4x4) het ook goed gekolf.
Justin Watts (2/57 in 15bb) en Graig Abrahams (1/26 in 12bb, twee leeg) was Paarl-Oos se beste boulers terwyl goeie veldwerk ook tot drie mooi uitlope gelei het.
Die versengende Bolandse son, en gevolglike tamheid, is al verklaring wat die Paarl-Oos bestuurspan Saterdag kon gee rakende hul span se skielike ineenstorting.
Maar die ergste was nog op pad. Die Wellingtonners was ook nie van plan om lank in die hitte rond te dans nie en hulle haal die besoekers in die 37ste beurt uit vir 'n skamele 75 lopies.
Elroy Abrahams (23 1x4) en Zynodien Fredericks (21 2x4) was die enigste lopiemakers.
Wellington se Sarel Wolmarans en Godfrey Stevens was die boulers wat korte mette gemaak het met die besoekers se kolfaanval.
Wolmarans het 4/9 in sy 10 beurte geneem waarvan ses leeg was en die draaibalbouler, Stevens, het 3/0 in sy 1,4 beurte geneem. Greg Jardine (1/18 in 8bb, 1 leeg) en Christo Ritter (2/24 in 12bb, 4 leeg) was ook ekonomies.
Paarl-Oos II het op Stellenbosch teen Spes Bona beter gevaar.
Die tuisspan is vir 133 uitgehaal, met Garth Lewis (4/18 in 14bb, 6 leeg) en Wayne Minnies (4/44 in 8bb, 1 leeg) wat die paaltjies inoes.
Paarl-Oos slaan die wenlopies in die 32ste beurt met slegs drie paaltjies plat. Angelico October (55nun) en Werner Erasmus (50) het die lopies gemoker. |
|
Gimmies raak touwys op vakansie-kriekettoer |
|
|
|
DIE eerste krieketspan van Gim het verlede week aan 'n kriekettoernooi in Pietermaritzburg deelgeneem.
Die betreklike jong span het waardevolle ondervinding opgedoen en dit was ook goeie voorbereiding op die kwartaal se krieketwedstryde wat voorlê.
Gim het vier wedstryde gespeel. Hulle het teen St Charles College en Westville Boys gewen en teen Durban High School en Pietermaritzburg College verloor.
Die uitblinkers vir Gim was Marinus van Vuuren met 196 lopies (waaronder 'n honderdtal), Dewald Duvenage met 113 lopies en Hendri Koch met 100 lopies.
Onder die boulers was dit Marnus Hugo (10 paaltjies) en Gysie van Zyl (vyf paaltjies) wat goed met die bal presteer het.
Die span se veldwerk was knap met Duvenage ook hier die uitblinker. |
|
Callaghan makes Paarl his home |
|
|
|
EX-PROTEA and Eastern Province cricket player, Dave Callaghan, recently moved to Paarl.
Callaghan, his wife Sharon and two children made the move some three weeks ago.
"We've been staying in Louis Koen's house who has been away on leave. My accommodation will only be ready in February and until then we're staying in a bed and breakfast," explained Callaghan on Tuesday.
He says their move was prompted by a business offer from close friend and Boland cricketer, Louis Koen.
Koen and Callaghan were befriended when the ex-Boland captain played cricket for EP.
Although Callaghan says his work responsibilties are priority he still wants to stay involved with cricket.
"I haven't been approached by any club yet, but I wouldn't mind playing. I hear Wellington is a very nice club. I want to stay in touch with the game, but will have to see to my business duties before I can commit myself," says Callaghan who played for Grey High School (who plays in the men's first league) in the last year.
Coming from a relative small community in Port Elizabeth, Callaghan says, they can relate to the people in Paarl.
"I was also tired of the wind, and the recommendation of the schools in Paarl also helped us make our decision."
Callaghan said that if Boland were to be interested he would play for the province but that he didn't have the time to commit to a player's contract. |
|
|