|
Paarlvallei Botteleringsmaatskappy
beskik tans oor die volgende pos:
SENIOR LABORATORIUM-ANALIS
Daar sal van die kandidaat verwag word om die volgende te doen:
• Uitvoer van mikroskopiese analise en steriliteite
• Uitvoer van standaard analise • Kalibrasies, opmaak van reagense en standaarde • Suurstofontledings • Bulkontvangste op Ezy Winery stelsel • Huishouding en veiligheid
Die suksesvolle kandidaat moet oor die volgende opleiding, vaardighede en ondervinding beskik:
• BSc graad of Diploma in Voedselwetenskap, Chemie, Biochemie of Mikrobiologie • 'n Minimum van 2 jaar ondervinding in 'n wynlaboratorium • Vermoë om probleme vinnig en doelgerig op te los • Vermoë om verantwoordelike besluite te kan neem • Rekenaargeletterdheid (MS Word & Excel) • Ondervinding in Ezy Winery stelsel sal in guns tel
Indien u aan bogenoemde vereistes voldoen, kontak asseblief vir Surette Jonkers by (021) 864-2860 of stuur u CV na Posbus 254, Wellington, 7654 of faks dit na (021) 864-2862.
Sluitingsdatum: 28 Januarie 2004
Indien u nie binne 14 dae na die sluitingsdatum enige terugvoer kry nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. |