ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 22 April 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 29 April  2004 at 17:30

Arts - Kunste

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Levy vier 30 jaar

[ Top ]


AMEEN LEVY, beter bekend as Rappin' Donkey, is Saterdag 1 Mei dertig jaar op die Suid-Afrikaanse musietoneel en Radio KC bied dié aand, in samewerking met Rappin' Donkey Promosies, 'n uithang geleentheid in die Koinonia-sentrum, Paarl.

Sowat 200 gaste en van die Kaap se beste musikante gaan die geleentheid bywoon.

Levy het homself oor 'n tydperk van 30 jaar bewys as top kunstenaar en was

wlevy

MUSIEKLEGENDE. Ameen Rappin' Donkey Lev

ook in 1979 aangewys as die beste platejoggie in die Kaap.

Hy het ook vier suksesvolle CD's gemaak.

Daar is nog kaartjies beskikbaar by Amanda Potgieter of Georgette Frolicks, by  871-1438.


Laurinda sings

[ Top ]


DIE Paarlse musikant Laurinda Hofmeyr tree volgende Donderdagaand 29 April om 19:30 in die Ou Meulteater in die Paarl op.

Laurinda het spesiaal die vertoning geskeduleer sodat sy vir oulaas saam met die violis Mike Rennie en kitaarspeler Nic Turner musiek kan maak. Albei vertrek binnekort na New York om hul groep Mikanic daar te vestig.

Schalk Joubert (baskitaar) sal ook saam met hulle optree - dieselfde groep kunstenaars wat by die KKNK 'n toekenning vir beste kontemporêre musiek losgeslaan het.

Hoewel dit nie die produksie 'Hadedas en Sterre' is wat Donderdag te sien sal wees nie, kan die gehoor uitsien na heelwat musiek uit dié wenproduksie, uitgevoer deur die musikante wat as ensemble bekroon is.

Kaartjies kos R60 by Print Right, tel 872-7209.


Elfde nasionale Hennie Joubert Klavierkompetisie

[ Top ]


DIE twee-jaarlikse Nasionale Hennie Joubert Klavierkompetisie wat deur die Wellingtonse Musiekvereniging, in samewerking met die Kaapse Technikon, Wellington-Kampus aangebied word, begin Woensdag. 

Hierdie kompetisie is oop vir top pianiste tot en met die ouderdom van 18 jaar en het reeds Internasionale erkenning ontvang vir die top gehalte van repertorium en aanbieding.

Uit vanjaar se bykans twee dosyn inskrywings, verteenwoordigend van vyf lande van herkoms, het die seleksie-paneel elf deelnemers gekies om aan die semi-finale ronde deel te neem.

 Die semi-finale ronde begin Woensdag om 09:00 in die Goodnowsaal en behoort teen 20:30 afgehandel te wees. Verversings sal deur die dag te koop aangebied word.

Op Vrydagaand 30 April is daar 'n semi-finale konsert in die Goodnow waarin al die semi-finaliste sal optree.

Hierdie konsert begin om 19:30 en na afloop hiervan, sal daar 'n prysuitdeling plaasvind, waarin elke semi-finalis 'n goue sertifikaat sal ontvang.

Sekere kategorie-pryse word toegeken en dan word die vyf finaliste aangekondig wat op 24 Junie, begelei deur die Kaapse Filharmoniese Orkes, aan die finale ronde in die Endlersaal, Stellenbosch sal deelneem.

Die deelnemers speel (in alfabetiese volgorde)  elk eers 'n sonate van Scarlatti, daarna 'n Suid-Afrikaanse komposisie en dan 'n program van ongeveer 45 minute elk, wat insluit 'n Prelude en Fuga van JS Bach, 'n sonate uit die klassieke tydperk, asook  uitgebreide werke uit die 19e en 20e eeue.

Daar sal geen plekbesprekings vir beide die semi-finale rondes wees nie. Seisoenkaartjies is beskikbaar teen R50 wat 'n program insluit wat sal dien as toegangskaartjie vir beide die Woensdag en Vrydag. 

Persone wat slegs die konsert op die Vrydagaand wil bywoon, sal R40 toegang betaal wat 'n glasie wyn na die tyd sal insluit.  Skoliere en studente betaal R5 vir die Woensdag en die Vrydagaand.

Programme is by die deur beskikbaar.

Die beoordelaars vir vanjaar se kompetisie is: André Serfontein (voorsitter), John Roos (Unisa), Marie Gaerdes (SAVMO), Hendrik Hofmeyr( komponis), Sandra Kettle (UK), Cecilia Laurens (UK) en Johan de Klerk (Wellington Musiekvereniging).

Die elf semi-finaliste is James Bester (Port Elizabeth), Ammiel Bushakovitz (George), Pieter Crathorne (Stellenbosch), Klara du Plessis (Bloemfontein), Henco Espag (Polokwane), Julia Hong (Pretoria), Randy Hu (Windhoek), Esthea Kruger (Stellenbosch), Moonhee Lee (Pretoria), Gareth Ross (Johannesburg) en Bruce Williams (Stellenbosch).

Vir meer inligting kan die Kaapse Technikon Wellington-Kampus geskakel word by 864-5200/864-5228 of u kan die webwerf besoek by www.ctech./conf/piano


Concert at Barnyard

[ Top ]


TWO guitar icons, Steve Newman and Tony Cox are at the Barnyard Theatre in Groot Drakenstein on Saturday.

If guitar playing is your passion or if you just want to experience the beauty of two great South African guitarists in full flight, do not miss this show.

*On Friday 30 April "Station 70" plays at the theatre.

The show features a radio station live onstage and coers hits of the 70's.

Interspersed between songs are hilarious commercials guaranteed to keep the audience in fits of laughter.

Doors open at 18:30 and shows start at 29:00. Book at 874-1505 or

e-mail

theatre@bridgehouse.org.za.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]