ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 22 April 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 29 April  2004 at 17:30

People - Mense

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Van Dyk se droom word waar

[ Top ]


DIT was die verwesenliking van 'n groot droom toe die Paarlse rolstoel-atleet, Ernst van Dyk, Maandag die die Boston Marathon vir die vierde agtereenvolgende jaar gewen het.

Nie alleen het hy die rekord van vier agtereenvolgende seges van Franz Nietlispachs geëwenaar nie, maar selfs 'n groter droom bewaarheid toe hy in 'n rekordtyd oor die wenstreep gejaag het.

Van Dyk se tyd van 1 uur 18 minute en 27 sekondes was aansienlik beter as die .

whand

Ernst van Dyk

bestaande 1:21:23 wat in 1994 deur Heinz Frei opgestel is.

"Om Nietlispach se rekord te ewenaar was my eerste doelwit. Ek het baie hard gewerk om dit te bereik en dit voel wonderlik," het Van Dyk na die wedren gesê. "Franz is een van die beste jaers, en om sy rekord te ewenaar is 'n droom wat waar word. Ek wil nou volgende jaar terugkom en probeer vir vyf in 'n ry."

Met die Fransman, Joel Jeannot, wat hard in sy nek geblaas het, sê Van Dyk kon hy nie anders as om die rekordtyd te breek nie.

"Joel het baie hard gejaag en by die halfpad-merk het ek geweet en moet die rekord breek om net voor hom te bly. So ek het opnuut op die reseis begin fokus."

Jeannot het tweede geëindig in 'n tyd van 1:21:08, met Nietlispach (1:23:07) in die derde plek


Paarlse Maties toer

[ Top ]


DRIE Paarliete is onder agt studenteleiers aan die Universiteit van Stellenbosch wat onlangs na die VSA vertrek het op 'n studietoer oor leierskap en transformasiebestuur.

Hulle is Kobus Ehlers (2003 hoofseun van HJS), Marike Groenewald (ondervoorrsitter van die studenteraad) en Chirene Jelbert (.studenteraadlid), wat gekies is uit sowat 120 aansoekers.

Hulle gaan histories swart universiteite in die VSA te besoek om kennis en vaardighede op te doen oor die bevordering van diversiteit op die kampus.

Hulle gaan onder andere die Universiteite van Noord-Carolina, Howard, Maryland, Wake Forest, Winston Salem, Pace en die Sarah Lawrence-Kollege besoek.

Die groep staan onder leiding van Edna van Harte, uitvoerende assistent van die rektor, en Dineo Gaofhiwe, administratiewe beampte by US studentesake.

Dit is die tweede groep van Maties wat op dié toer gaan. Dit word geborg deur die Mellon-stigting om studente-ontwikkeling te bevorder.


Paarlite receives award

[ Top ]


THE efforts of a great sports lover and teacher were recently recognized when Eric Adams of Paarl received a lifetime achievement award from the Western Cape Department of Sport.

Adams has been engaged in sports administration for more than 40 years. He will however also be remembered as a outstanding cricketer, playing for the Foresters Cricket Club as well as Paarl Cricket Union in the 1960s and '70s.

He was also closely involved with rugby as well as serving as match-and-registration secretary of the Paarl Rugby Union for ten years. At the same time he was also secretary of the Paarl Cricket Union.

From club level to national level, beginning with the Foresters CC and Gardens Rugby Club, Adams has always been actively engaged in sports administration - doing service with the Western Province Rugby League, Western Province Cricket Board and the SA Athletics Board. Adams has previously headed the Boland Amateur Athletics Association and was vice-president of the South African Amateur Athletics Board.

He was also a member of the delegation that negotiated a new dispensation with the National Olympic Committee for all South Africans.

He is also a past chairman and honourary member of the Boland High Schools Sports Association (Ussasa).

Among others, Adams has received awards for his contribution in the field of education and sport from the Rotary Club of Drakenstein and Charleston Hill Secondary School.

He is currently the general secretary of Boland Athletics and is known in Paarl as an outstanding mathematics tutor.


Kommer oor lees

[ Top ]


'n WELLINGTONNER, dr Michael le Cordeur se proefskrif vir 'n doktorsgraad in Opvoedkunde, dui daarop dat leesonderrig op skool veel te wense oorlaat. Le Cordeur het verlede week die graad ontvang.

In sy proefskrif getitel "Die bevordering van lees in graad 7 deur middel van media-leesonderrigstrategieë" bevind hy dat leerders wat swak lees, dikwels intellektueel gelykstaande is aan enige ander leerder, maar dat onderrigmetodes hulle in die steek gelaat het.

Indien hierdie leerders betyds hulp ontvang, kan hulle ook suksesvol en met begrip lees.

Die studie bevraagteken leesonderrig slegs aan die hand van die tradisionele klankmetode, terwyl baie skole en opvoeders weer te veel na die holistiese benadering (die kyk-en-lees-metode) oorgehel het.

In lyn met die jongste navorsing wêreldwyd word die interaktiewe integrasie van die benaderings aanbeveel.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]