ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 22 April 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 29 April  2004 at 17:30

Youth - Jeug


BAKLEI, BOETIE! Darius Louw (6), in rooi, en Vian Fourie lyk nie een baie meer lus vir die geveg nie, tydens die Paarl Ontspanningsklub Stoeiklub se jaarlikse toernooi wat Saterdag gehou is. Hoewel die trane weerskante gevloei het, tussendeur die kopgrepe en rondstoeiery, het Louw (Paarl Ontspanningsklub Stoeiklub) die kragmeting gewen toe hy sy teenstander van Brackenfell ná 2:49 vasgepen het. Benewens sy goud in die o.8jr 20-22kg vrystylafdeling het Darius nog 'n goue medalje in die o.22kg SA President-afdeling gewen.

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
wsteunFC

Sarvu sê oor grens

[ Top ]


DIE president van die Goue Leeus Rugbyunie, prof Pietie Ferreira, sal vandag sy aanbeveling rakende die sportgrens-dispuut in die Boland aan die Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie (Sarvu) voorlê.

Ferreira is alleen die taak opgelê om tot 'n gevolgtrekking te kom, maar het bevestig dat hy wel hulp kon inkry.

"Ek het die vrye reg gehad om enige advies in te win, selfs regsadvies," het hy Dinsdag gesê.

Gevra of hy met enige van die ander betrokke partye onderhoude gevoer het, het Ferreira gesê dat dit op dié stadium uitsluitlik 'n Sarvu-aangeleentheid is.

"Die bedoeling was nie om met Ussasa te onderhandel nie, maar om slegs korrespondensie rakende die dispuut wat aan Sarvu gerig is, deur te werk en 'n aanbeveling aan die uitvoerende komitee voor te lê," het hy gesê en ook bygevoeg dat geen Ussasa-amptenaar na vandag se Sarvubestuur- en raadsvergadering in Johannesburg genooi is nie.

Volgens Ferreira is daar sover sy kennis strek, geen soortgelyke dispuut in ander provinsies nie.

Die kwessie van sportkode-grense wat oorvleuel is 'n algemene verskynsel, met die Valke, Blou Bulle en Leeus wat almal in die Gauteng streek val.

Prof Ferreira wou geen verdere kommentaar lewer oor die beveling wat hy vandag aan Sarvu gaan voorlê nie.

Die Wes-Kaapse minister van sport, Patrick McKenzie, het verlede maand tevergeefs probeer om die geskil op te los nadat die vier hoërskole in die middel van die kwessie - Paarl Gimnasium, Hoër Jongenskool Paarl, Boland Landbou en Paul Roos Gimnasium - beswaar gemaak het toe Boland-Ussasa 40 van hul top atlete, wat in die Boland atletiekspan opgeneem is, se name nie uitgeroep het nie.

Boland USSASA het die name weerhou totdat die skole aandui waar hulle later vanjaar hul Cravenweek-rugby gaan speel.

Volgens Ussasa se grondwet moet die skole wat by hulle geaffilieer is, hul rugby in die Boland speel.

Alle skole oor die hele land moet hul sport onder Ussasa se vaandel speel. Die vier Boland skole val in Boland Ussasa se grense, maar volgens Sarvu-grense in die WP en moet hulle Cravenweek-rugby in dié provinsie speel.

Volgens onderwysers by die skole is hulle omtrent keelvol vir die stryery en sal hulle inval by enige besluit wat Sarvu en Ussasa saam neem.

* Sarvu is to reveal the findings of an investigation into the boundary dispute between Sarvu and Boland Ussasa today.


Derbystryd tussen laerskole

[ Top ]


DIE jaarlikse Derbystryd tussen Nederburg en Amstelhof Primêre Skole vind op Vrydag 7 en Saterdag 8 Mei plaas.

Vrydag se program, wat by Nederburg Primêr is, skop af met 'n pretloop/stap

Later die dag sal 'n derbydans dan vir die leerlinge gehou word (R2).

Saterdag se program vind by Paulus Joubert Sekondêr plaas en sluit af met oudstudenterugby (0.19). Oudstudente moet  862-1900 skakel.

Hekgelde is R2 (R1 vir akoliere).


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]