|
|
 |
Letters - Briewe |
 |
 |
|
Beoogde toilette op plein skok diep |
|
|
 |
|
 |
 |
|
AS een van die omliggende inwoners, vind ek die besluit van die munisipaliteit om toilette by Van der Poelsplein in die Paarl op te rig, skokkend en ondeurdag.
Is dit esteties reg om die reeds beperkte oop parkruimtes in die dorp so te ontsier?
Van der Poelsplein het 'n nes geword van ongewenste elemente, waar drank vrylik vloei, die kruuste taal denkbaar aangehoor moet word en menige keer al bloed vanweë bakstene en messe gevloei het.
Kinders kan nie meer in die parkie speel nie, mense kan nie meer met hul honde daar gaan wandel nie en inbrake vier hoogty in dié omgewing.
Nou gaan plak die munisipaliteit 'n pleister op die seerplek.
"Nou gaan ek eers lekker brassery hou, sommer al my vriende nooi, want daar is mos toilette naby."
Gaan staan net een Saterdagoggend op die parkeerterrein naby Pick 'n Pay en neem waar hoeveel mense nie eens die toilette haal nie en sommer nabygeleë bome gebruik.
Ek stel voor dat hierdie historiese wamakersparkie weer toegekamp word soos in die ou dae. Dit sal baie minder kos en leeglêers, morsige en vieslige gedrag in ons buurt stop.
Ons maak staat op 'n billike en objektiewe besluit in belang van die belastingbetalers.
Die inwoners is meer as gewillig om 'n gespreksforum hiervoor in te ruim.
Inwoner |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Pawn shops buy stolen goods, support crime |
|
|
 |
|
 |
I AM very concerned about the escalation of criminal activities in our town as I have also fallen victim to offenders.
I'd like to send condolences to the family of Sheila Stander whose life was taken away by criminals as if it was worth nothing.
I also want to congratulate the police who are doing everything in their power to ensure that criminals are removed from the community.
The criminals are not only selling stolen articles to township residents these days. Official businesses like pawn shops have become the market. This I experienced on Thursday 22 April when I saw my Ricoh Kr10 camera in Lady Grey Street.
I last used my camera on Easter Friday evening and only found out on Easter Monday evening, when I wanted to take out the used film, that there were only extra lenses and flash units left in my camera bag.
The next morning I went to the pawn shop to see if there was any affordable camera to buy since I can hardly do without one. Any hope of getting my camera back was already gone by then, because I did not know where or when I had lost it.
I couldn't believe it when I saw my camera in the shop and I immediately asked to see the manager, who told me that he had bought the camera for R600 on Easter Friday.
The man refused to tell me the name of the person from whom he had bought it and said that the only option I had was to buy the camera back from him for R600.
I went to the police and laid a charge of theft, after which the camera was handed into their custody pending investigations.
The police handed the camera back to me after I produced proof of purchase and three suspects were arrested.
I think the pawn shop managers should also ask for proof of ownership from the people who sell unwanted goods to them. This will make it difficult for criminals to find a market for their stolen articles.
After all, it is a criminal offence to buy stolen articles.
ME Mjungu |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Die gemeenskap het nou genoeg gehad |
|
|
 |
|
 |
 |
|
HIERDIE versoek rig ek aan die hoof van die Polisie in die Boland, kommissaris Ganief Daniels, met 'n baie seer hart.
Op Donderdag 17 April met die begin van die langnaweek kuier ek vir die dag by my suster in 'New York', Paarl-Oos. Ses jeugdiges stap by die taxi-staanplek heen en weer oor die pad.
Toe ek reg kyk, sien ek hulle is besig om alle mans wat uit die werk uit kom, voor te keer.
Hulle sakke word geskud en rugsakke word afgeneem. Die mense word van hul fietse afgeruk. As hulle weerstand bied, word hulle geslaan.
Ek bel so teen 16:10 die polisie. Die antwoord wat ek kry, is dat daar nie 'n vangwa is nie, maar as daar nou een kom, stuur hulle dit onmiddellik.
Ek is so teen 18:30 daar weg, toe was daar nog geen vangwa nie.
Maar waar kry jy die vangwaens? Hulle staan by die winkelsentrums - hulle families doen inkopies en hulle is die verniet-"taxi's".
Die vrouens en kinders wat oor die landjie in Chicago stap met hul kruideniersware, se sakke word net afgeneem en niemand kan iets sê of doen nie. Die vroue se hangertjies word van hul nekke geruk en die ringe van hul vingers gepluk.
Ek dink Paarl-Oos se gemeenskap het nou genoeg gehad.
Ek vra dus aan die Munisipaliteit waarom hierdie stuk grond nog so oop lê? Kan dit nie gebruik word vir iets nuttigs nie?
Ek vra ook aan kommissaris Daniels vir 'n vergadering in Paarl-Oos. Laat ons die Strauss-saal kry vir hierdie doel.
Laat die Paarl-Oos gemeenskap u ontmoet. Laat ons bors skoonmaak en vrae stel wat pla.
Ek respekteer die Polisiediens se werk. Ek erken die besondere taak wat aan hulle opgedra is, maar ons wil van aangesig tot aangesig met julle praat.
Ek hoop hierdie saak sal u aandag geniet. Hierdie jeugdiges en kwaaddoeners moet gestop word. Help ons asseblief!
Lutisia Daries (raadslid) |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Oppas vir akkers! |
|
|
 |
 |
|
EK wil net by "Hilda" aansluit wat verlede week geskryf het dat drie akkers gelyktydig op haar kop geval het toe sy onder die gewese akkerbome voor Nico Boshoff se perseel deurgeloop het - letterlik en figuurlik.
Ja, laat ons sommer al die verdomde bome dadelik afkap... Ek het eenkeer onder een deurgeloop toe drie tortelduiwe gelyktydig op my kop blerts!
Liewer 'n boomlose Paarl as akkers of akkies op die kop, of hoe? Foeitog, dalk moet ons maar al die tortelduiwe ook doodskiet?
Cassie |
 |
 |
|
Min water in begraafplaas |
|
|
 |
 |
|
OP Moedersdag wou ek blomme op die graf van my moeder gaan sit in die Parys-begraafplaas. Daar was ook baie ander mense daar wat blomme gebring het.
Maar om water uit 'n kraan te tap, was 'n saak van onmoontlikheid en al die blomme het net lê en verlep.
Ontevrede
Die munisipale bestuurder reageer: Deur die jare het die Parys-begraafplaas voortdurend uitgebrei, en die pype vir water is verleng. So het die druk al swakker geword totdat dit nou onvoldoende is, veral wanneer baie mense tegelykertyd die krane wil gebruik. Die saak word ondersoek. |
 |
 |
|
Hoe kom Provinsie weg met hul vuil erwe? |
|
|
 |
|
 |
 |
|
OORKANT my huis in Maasdorpstraat, Paarl-Oos (erf 6465), is 'n groot erf wat nog nooit bebou is nie. In die twintig jaar wat ek hier woon, is hy ook nog nooit skoongemaak nie.
Intussen teel die rotte en ander ongediertes lustig voort in die dik gras en ons klagtes baat niks.
Die erf het blykbaar aan die ou Departement Gemeenskapsbou behoort, en nou behoort dit aan die Provinsie.
Snaaks dat al wat private eienaar is, elke jaar 'n brief kry dat leë erwe skoongemaak word voor die somer, ander sal dit namens hom op sy koste gedoen word - maar dit gebeur blykbaar nie met die Provinsie nie.
Of dalk is die Munisipaliteit te laks om so 'n briefie uit te stuur? Is dit omdat Provinsie hom nie aan Munisipaliteite steur nie?
En wat dan van die provinsiale terrein teen Paarlberg agter L'Ideal Close, wat vroeër jare aan Hoër Meisieskool behoort het?
Geld dieselfde beginsel hier - Provinsie maak nie skoon nie, en die Munisipaliteit "worry" nie, maar hou net hul eie grond skoon, al is dit 'n massiewe brandgevaar soos onlangs bewys is?
Dalk moet daardie inwoners agter die skool sommer die Provinsie en die Munisipaliteit tegelyk dagvaar vir nalatigheid as hulle skade gely het.
Howard Hendricks
Die munisipale bestuurder reageer: Provinsiale Departemente, net soos private eienaars van vakante erwe, word jaarliks in kennis gestel om hul eiendomme skoon te maak. Niemand kry voorkeur nie.
Die Munisipaliteit gebruik egter nie private kontrakteurs om die erwe te laat skoonmaak, soos in die geval van private erwe nie. Die rede hiervoor is dat die Raad geen wetlike magte daartoe het nie.
Die onderskeie Provinsiale Departemente volg hul protokol met betrekking tot die vra van tenders vir die skoonmaak van hulle eiendom, wat veroorsaak dat lang periodes kan verloop voordat dit skoongemaak word.
Daar is intussen opnuut 'n versoek gerig tot die Departement Behuising (eienaar van erf 6358) om so spoedig moontlik die betrokke erf te laat skoonmaak. So 'n versoek is reeds in Oktober 2002 skriftelik gerig. |
 |
|
 |
 |
|
Rassistiese aanval maak my hartseer |
|
|
 |
|
 |
 |
|
SATERDAG 10 Mei het ek besef hoe onverdraag-saamheid en padwoede tot 'n onaangename voorval kan aanleiding gee.
Omstreeks twaalfuur het ek in die agterste parkeerarea by Pick 'n Pay in die Paarl, aangrensend aan De Villiersstraat, gesoek na parkering.
Een van die "informele" plekaanwysers het my beduie dat 'n motor gaan uittrek, reg agter in die hoek.Die verkeer was nogal druk en die uitsig beperk, wat beteken het ek moes my totaal verlaat op die plekaanwyser.
Net toe ek wou intrek, moes ek sien dat nog 'n motor van die anderkant af gesit en wag het vir dieselfde plek.
Dié persoon is deur 'n vrou met 'n geel oorjakkie gehelp, wat seker meer wettig is as die man wat my gehelp het. Nogtans het ek gevoel ek het lank gewag en het maar vriendelik vir die mense gewaai.
Die volgende oomblik het die man agter my stilgehou, uitgeklim en op my begin skel.
Die onsmaaklikste rassistiese aanmerkings, soos "jou wit Boer" is op my geskree, terwyl ander mense net verslae toegekyk het.
Uiteindelik het hy gesê hy gaan sy motor net daar los tot hy klaar is met inkopies, en ek sal maar moet sien hoe ek daar gaan wegkom.
Gelukkig het daar 'n ander plek oopgegaan en hy het toe sy motor verskuif.
Ek is só hartseer dat iemand oor só 'n onbenulligheid die kleur van my vel moes insleep.
Hoe gaan ons ooit 'n gemeenskap bou as ons altyd net in die verskille vaskyk?
Ongelukkig, Paarl |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Arboretum - Quo Vadis? |
|
|
 |
 |
|
'n ONLANGSE besoek aan die arboretum het my met gemengde gevoelens gelaat.
Aan die een kant was daar waardering vir hierdie besondere bate van die Paarl, vir mnr AE Short en sy opvolgers wat 'n lewende erfenis vir die nageslag daargestel het, vir die verskeidenheid in die skepping waarin 'n mens jou kan verlustig.
Daarteenoor is daar 'n gevoel van teleurstelling oor die tekortkominge: pale wat omlê, naamplate wat gebreek is en baie pale sonder enige naambord (in die Afrika-afdeling alleen meer as 70!)
'n Mens se eerste reaksie is om te vra: wat gaan die Munisipaliteit doen? Dit is 'n geldige vraag, want ons is belastingbetalers.
Saam daarmee wil ek ook vra: Waar is die boomliefhebbers en die vrywilligers van die Paarl? Wat is die moontlikheid om 'n "Vriende van die Arboretum" tot stand te bring?
Miskien kan 'n vennootskap met die Munisipaliteit gesluit word in 'n poging om die arboretum op te bou tot 'n bate waarop almal trots kan wees.
Deon Rossouw |
 |
 |
|
Wagte suksesvol |
|
|
 |
 |
|
EK wil graag 'n lansie breek vir die sekuriteitswagte wat op die parkeerterrein van Shoprite Paarl diens doen.
In al die jare wat ek 'n winkel in die sentrum het, was daar maar altyd probleme en klagtes van klante oor rondlopers en booswigte op die terrein.
Vandat die nuwe maatskappy oorgeneem het, het die situasie aanmerklik verbeter.
Mense kan nou weer met 'n geruste hart hul motors parkeer, inkopies doen en hul sakke in die motors laai - sonder enige probleme.
Ek hoop dié mense sal sommer nog lank saam met ons wees.
Tevrede sakeman |
 |
 |
|
Polisie is tops! |
|
|
 |
 |
|
GRAAG wil ek die lede van die Drakenstein Plaaswageenheid, die Paarlse speurdiens en uniformpolisie en die Misdaadvoorkomingseenheid bedank vir hulle blitsige optrede op 14 Mei, toe daar in my woning te Denneburg, Paarl, ingebreek was.
Ek was by die werk verwittig van 'n inbraak by my woning, waarop ek onmiddellik die polisie geskakel het.
Die afdelings hierbo genoem was binne 'n paar minute op die toneel en die inbrekers is vasgetrek met my eiendom in hulle besit.
Inspekteur Salzmann en konstabel Lewis het met eersgenoemde se privaat voertuig na die toneel gehaas. Bravo Polisie!
Dankbaar van Denneburg |
 |
 |
 |
|
Editorial: |
|
|
To die or not to die |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
 |
 |
|
TO arrive alive at his or her destination is no longer something the law-abiding pedestrian, motorist or cyclist can take for granted.
The weekend alone saw three road deaths in and around Paarl - the fatality in Paarl North the fifth loss of life on the same stretch of road in three months.
Are drivers reckless? Do they speed? Do they drink and drive?
Are pedestrians careless? Are they intoxicated when they cross the busy roadway?
Or do road users and road builders simply no longer care?
Take a pinch of all the reasons, mix them together in a pot with the brandname "modern society" and your answer will rise like a well-kneaded loaf of bread.
Even with the most stringent traffic laws, motorists still drive as if they are late for their last meal, or should never have substituted that last glass for their car keys.
While some pedestrians, strong with liquor, think playing chicken with a lorry on the freeway is the way to go.
And sober cyclists and pedestrians risk their lives every time they venture onto roads without proper markings, shoulders, lighting or cyclist lanes.
That is why so many people on Drakenstein's roadways never reach their loved ones and the table laid with the next meal. |
|
|
|
|
|
|
|