safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 22 May  2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 29 May 2003 at 17:00

People - Mense


Verlamming is nie 'n doodsvonnis

Leon Steenkamp

[ Top ]


wprinsOP die laaste dag van 1984 het Ferdi Prins se lewe vir ewig verander.

Prins, toe 'n jong man van 22, het saam met vriende in die Bergrivier geswem op 'n tipiese hete Paarl somersdag.

"Ek het halflyf in die water gestaan en net vorentoe geval soos 'n dolfyn, toe ek in 'n sandbank vasduik," vertel Ferdi wat in 1979 aan die Hoër Jongenskool Paarl gematrikuleer het.

"Ek kan niks onthou nie, maar vriende het vertel dat ek met my gesig na onder in die water gedryf het, waar hulle my uit die water gehaal het."

Daar is met Ferdi na die Paarl Hospitaal gejaag en hy is daarna na Tygerberg oorgeplaas waar hy eers drie dae ná die ongeluk wakker geword het.

'n Ondersoek het gewys dat hy sy vyfde nekwerwel beskadig het. Hy is na die Spinale Eenheid van die Conradie Hospitaal oorgeplaas waar hy vir 'n maand in traksie gelê het. 'n Span personeellede het hom elke drie uur moes omdraai.

INTERESSANT. Ferdi Prins, 'n kwadrupleeg wat deesdae 'n tehuis vir gestremdes help bestuur, sit hier voor sy rekenaar besig met sy gunsteling-stokperdjie op die internet, sterrekyk. Op die skerm is die bekende Perdekop Newel. Prins en nog 'n ster-entoesias, Adri Louw, wil graag 'n Astronomieklub stig. Belangstellendes wat dié interessante stokperdjie wil deel, kan Ferdi skakel by 939-5331 of 082-643-7440 (f.prins@absamail.co.za) of Adri by 083-761-4457. Foto: Pieter van der Vyver

"Toe ek wakker word, het ek geglo dit sal miskien 'n operasie wees en ná fisioterapie sal ek weer reg wees.

"Maar ná 'n maand van fisio- en arbeidsterapie, het die dokters vir my gesê: 'Soos jy nou is, so gaan jy vir die res van jou lewe wees'," vertel hy.

"Ek was kwaad en hartseer, 'n warboel van gedagtes gaan deur jou kop," beskryf Ferdi sy emosies daardie tyd.

Hy was 22, het aan die Maitland Technikon gestudeer en by Spoornet as elektriese passer en draaier gewerk en in sy eie woonstel gebly. Hy was jonk en het net sy onafhanklikheid begin geniet.

"Alles het goed gegaan tot op daardie tyd. Ek was finansieel goed af en het in 'n woonstel in Pinelands gebly - toe word my appelkarretjie omgegooi."   

Soos verwag kan word, was die aanpassing nie maklik nie. Hy was nou van die nek af ondertoe verlam - 'n kwadrupleeg en heeltemal afhanklik van die hulp van die mense om hom.

"Ek was baie rebels nadat ek uit die hospitaal gekom het. Ek moes weer by my ma in die Paarl gaan woon.

"Ek het toe nog nie besef hoe afhanklik ek was nie en ná drie maande moes ek uittrek, want dit het nie gewerk nie.

"In 1985 het ek by die Cheshire Homes tehuis vir gestremdes in Milnerton gaan woon. Daar het ek steeds baie baklei en deur 'n rowwe tyd gegaan.

"Ek het vreeslik gedrink in 'n poging om nie die ding te ervaar nie," beskryf Ferdi sy eerste jare as 'n gestremde.

"Maar ek het stadig besef - dit is die realiteit, dit gaan nie weg nie en ek kan nie weghardloop nie. Ek moes 'n ander benadering probeer.

"Ek het baie geleer van die gestremdes saam met wie ek gebly het - hoe hulle dinge vir hulself probeer doen het," vertel hy.

"Nou, ná 18 jaar is dit maklik om terug te kyk, daar was ook baie goeie dinge wat met my gebeur het.

"Daardie tyd is jy té gefokus op jouself. Jy sien nie die mense raak wat jou deur die moeilike tye help nie. As jy terugkyk sien jy dat jy hulle ook seergemaak het met jou selfsugtigheid.

"Ek wil graag my dankbaarheid betoon vir Cheshire Homes en wat hulle vir my oor die jare beteken het."

Ferdi vertel dat hy ook sedert die ongeluk radikaal tot bekering gekom het, 'n gebeurtenis wat 'n groot rol gespeel het in sy aanvaarding en positiewe benadering van sy lewe as gestremde.

Deesdae sien hy ander mense se probleme ook raak en reik 'n helpende hand na sy medemens.

"My gestremdheid het my geleer om mense se verborge talente raak te sien."

Vandag is Ferdi 41 en dien hy op die bestuur van Quasar Huis, 'n huis vir gestremdes. Dit is een van verskeie sulke inrigtings wat deur die Kwadruplegiese Vereniging van Suid-Afrika in plek gestel is.

Anders as by Cheshire Homes waar die tehuis deur nie-gestremdes bestuur word, word Quasar House deur die gestremdes self beheer.

Ferdi is een van die ses gestremdes (vyf mans en een vrou) in dié tehuis in Parow.

Die groep het 'n ervare korps van nie-gestremde personeel wat 24-uur aan diens is om hulle te help.

'n Tipiese dag vir Ferdi is om  07:00 wakker te word, waarna twee helpers hom uit die bed en in sy stoel help.

Hy word gestort, afgedroog en aangetrek. Wanneer hy in sy stoel getel word, het hy 'n bietjie onafhanklikheid.

"Ek kan die spier van my skouer en bo-arm beweeg en deur 'n rubber 'vinger' aan my hand te koppel, kan ek op my rekenaar werk.

"Die tegnologie het wonderlike deure vir gestremdes oopgemaak. Ek kan net so effektief op 'n sleutelbord werk soos 'n nie-gestremde, net nie so vinnig nie. Só kan ons ook meer kompeterend wees in die mark," sê Ferdi wat die tesourier en personeelbestuursbehoeftes van die tehuis behartig.

Elke inwoner het spesifieke take wat hy of sy moet vervul om die tehuis wat reeds 20 jaar bestaan, aan die gang te hou. Volgens Ferdi was daar vroeër sewe inwoners.

"As iemand die tehuis verlaat, kom daar iemand anders in sy plek maar ons het besluit om nou die orige kamer in 'n gastekamer te omskep vir oorsese gestremdes wat hier kom toer."

Hulle hoop om so bykomende fondse te genereer.

Ander fondsinsamelingsprojekte behels die reël van gholfdae. Daarby verdien die inwoners self ook 'n inkomste deur werke soos die finale afwerking van posstukke vir besighede te doen.

"Dit is belangrik om 'n positiewe vriendekring te hê. Gestremdheid is soos baie dinge in die lewe - dit wat jy insit, is dit wat jy gaan uitkry," sê Ferdi.

* A man who became paralysed after diving in the Berg River, talks about the life of a quadruplegic.


Fietsryer sterf onder wiele

Malané Bosman

[ Top ]


'n ALOMBEKENDE Paarlse fietsryer het die naweek gesterf toe hy op sy fiets in die Hoofstraat in Suider-Paarl deur 'n vragmotor getref is.

John Crause se rymaat, Wessel Fourie, is skrams getref en het die slag oorleef.

Polisiebeamptes van die Paarl was stomgeslaan deur die dood Saterdagoggend van insp Crause, hul kollega in die speurdiens.

Vir sy vrou, Mary-Anne, wat nou agterbly met hul seuntjie van drie maande, Jason, en dogtertjie Jenny (4), was die ongeluk 'n groot skok.

In fietsrykringe is die tragiese gebeure met verslaenheid aangehoor.

Crause (32) van Williamsstraat, Noorder-Paarl, het vroeër jare provinsiaal fietsgery vir Suid-Westelike Distrikte en die Oostelike Provinsie.

Deesdae het hy meer sosiaal gery, maar steeds elke dag op sy padfiets geoefen.

"Saterdag was die WP kampioenskappe," het oefenmaat Hein Kroff gesê.

"John was met studieverlof en sou einde volgende maand weer kompeterend begin ry. Daarom was sy ander rymaats dié oggend by die kampioenskappe.

"Dit is 'n groot slag. John was altyd so professioneel in die ry."

Crause het Saterdagoggend skuins agter oudkollega Wessel Fourie gery toe die vragmotor by die Stuartstraat-kruising by die uitgang van Suider-Paarl agter hulle getoet het.

"John het oombliklik teruggeval en hy was agter my toe dit gebeur het," het Fourie onthou.

"Ek was teen die randsteen toe John onder die vragmotor beland het. Sy fiets is in myne vas en ek het deur die lug getrek, terwyl John onder die vragmotor deur is."

Fourie (48) van Weltevredestraat het 'n skouerbesering opgedoen. Die verfrommelde fietse het inmekaar verstrengel bly lê.

Die vragmotorbestuurder, wat houers vervoer het, is van Somerset-Wes.

"Ons sal John mis," het Kroff, sy fietsrymaats, familie en kollegas hierdie week gesê.

"'n Vriendeliker mens kon jy nie kry nie. Hy het altyd 'n lag om sy mond gehad."

'n Roudiens is gistermiddag in die Paarlberg NG Kerk gehou, voor die teraardebestelling Saterdag in Groot Brakrivier, waar sy ouma woon. Sy ouers is van Mosselbaai.

* A Paarl detective and cycling enthusiast died under the wheels of a truck in Main Street on Saturday.


Helpende hand vir verlamde seuntjie

Leigh Reitz

[ Top ]


BYNA soos die goeie feemoeder van ouds, is hoe die Botha-gesin die personeellid van 'n plaaslike supermark kan beskou, nadat 'n rolstoel aan die verlamde Conwill Botha (8) van Swaweltjiestraat in Paarl-Oos geskenk is.

Delicia Elias het die seuntjie en sy moeder, Adrian, in 'n dokter se spreekkamer in Paarl-Oos raakgeloop en kon nie anders as om hartseer te voel nie toe sy sien dat Adrian self haar kind heen-en-weer moet dra nie.

En verlede week het sy haar bestuurder genader om 'n helpende hand te verleen om dié gesin se lyding te verlig.

Soos wat dit 'n span betaam, het al die personeellede ingespring en sommer gou-gou deur middel van 'n fondsinsameling kon hulle 'n rolstoel vanaf Conradie Hospitaal bekom.

Ouma Jolene en Oupa Raymond Magir kon verlede week skaars hul blydskap beteuel toe die rolstoel tydens 'n formele seremonie oorhandig was.

Ma Adrian was by die werk en kon nie dié blye geleentheid bywoon nie.

"Conwill is weens 'n tekort aan suurstof na sy brein vanaf geboorte verlam," het Jolene vertel.

"Hy kry ook epileptiese aanvalle en weens dié toestand moet sy ma heeldag tuisbly, as sy nie los werkies doen nie, om na hom om te sien.

"As hy siek is, moet sy hom self dra na die dokter se spreekkamer toe en hy raak nou al hopeloos te groot daarvoor. Daarom is ons so dankbaar vir die skenking."

* Local supermarket employees opened their hearts and wallets to a paralysed eight-year-old boy from Paarl East and donated a wheelchair  to him.


Dokter knyp oor kreef

Malané Bosman

[ Top ]


'n PAARLSE geneesheer moes 'n paar uur in polisieselle deurbring toe hy van onwettige kreefvangs verdink is.

Dr Nolan McDonald het twee mans by Simonstad-hawe uitgeneem toe hulle sy boot vir die dag gehuur het om vis en kreef te vang.

Terug op land is hulle deur inspekteurs van die Marine- en Kusbeheer voorgekeer.

'n Sak met 100 kreef is op die boot ontdek. Beslag is op die boot en sy vierwielvoertuig gelê en dr McDonald en sy makkers is tot die vroeë oggendure in die polisieselle in Simonstad aangehou.

Die volgende dag is borgtog van R500 aan elk van die mans toegestaan en die hofsaakdatum is vasgestel.

Dr McDonald moes sy voertuie vier dae lank, totdat die ondersoek afgehandel is en hy sy saak in die hof kon stel, in polisiebewaking laat.

Paarliet William Gasson het intussen skuld erken aan die besit van 'n oormaat kreef. Hy is 'n boete van R10 000 opgelê.

Nadat prokureur Lloyd Fortuin verduidelik het dat  dr McDonald nie by die kreeftrekkery betrokke was nie, en slegs sy boot uitgehuur het terwyl hy vis gevang het, is die aantygings teen hom teruggetrek.

Hy het sy motorboot en voertuig teruggekry.

Die saak teen die derde man op die boot, Paarliet Gregory van der Berg, is ook teruggetrek.


Broers breek rekords met 'n barshou

Leon Steenkamp

[ Top ]


WboetDIT is nie aldag wat 'n gesin gelyktydig met twee SA kampioen-atlete spog nie.

Maar dit is juis wat die Jouberts van Wellington getref het - en pa Jurie en ma Grietjie is nie 'n bietjie trots op hul twee seuns, Sors en Muller, nie.

Die 13-jarige Muller het toeskouers by die Boland Atletiekkampioenskappe laat regop sit toe hy die spiesgooi vir o.13's met 'n rekordgooi van 42,64m gewen het.

Hy het reeds met sy tweede gooi die Boland rekord (42,38m) en SA-rekord van 42,38m gebreek toe sy spies op 42,51m vasgesteek het.

GOUE GLIMLAGTE. Die Joubert-broers het beslis rede om te glimlag nadat elkeen van hulle onlangs 'n SA-rekord op die atletiekbaan verbeter het.

In Bloemfontein het dié atleet van Hugo Rust Laer weer die rekordboeke herskryf met 'n gooi van 49,92m.

"Die ou van Noordwes wat uiteindelik tweede was, het met sy eerste gooi die SA-rekord gebreek," sê Muller.

Dit het egter nie die Wellingtonner ontsenu nie. Muller se tweede gooi was amper net so ver soos sy uiteindelike wengooi maar is as 'n geen-gooi beslis.

"My vyfde gooi het ook eers gelyk of die spies nie in die grond gaan insteek nie. Ek wou nie eens gaan kyk toe die tannie met die maatband my nader roep nie," vertel die  sproetgesig laggend.

Asof die spanning nie genoeg was nie, het die kommentator verkeerd afgekondig dat die Noordwes-atleet die wenner en nuwe SA rekordhouer is.

Die saak is egter gou uitgeklaar en Muller kon sy eerste plek op die podium neem.

"Dit was baie lekker, my pa was baie trots," sê hy met 'n groot glimlag.

Sy ouboet, Sors (18) is 'n onderwysstudent aan die Wellington kampus van die Kaapse Technikon.

"Ek het van graad agt aan tweekamp deelgeneem. Omdat ek redelik veelsydig is en in al die nommers wou deelneem, het ek besluit om vanjaar in die tienkamp mee te ding," vertel Sors.

Hy het vir die SA Junior Atletiekkampioenskappe in Pretoria gekwalifiseer nadat hy op die WP Kampioenskappe tweede was met 5300 punte.

Op die SA's het hy 5570 punte opgestapel om die rekord vir mans o.22 wat in 1994 deur Johan Calitz opgestel is, te verbeter.

"Dit was oorweldigend. Ek moes die laaste item, die 1500m, onder 4:30 hardloop om die rekord te verbeter. Ek het dit toe in 4:25 reggekry," vertel Sors.

Maar die atletiekseisoen is nou verby en vir eers konsentreer albei broers op rugby.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za