safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 22 May  2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 29 May 2003 at 17:00

Sport


Groot Wellington, Ceres stryd kom

[ Top ]


wtackleDIE goeie seisoen wat Wellington Rugbyklub tot dusver beleef, het Saterdag voortgeduur toe hulle 'n goeie 38-14 oorwinning oor Robertson behaal het.

Dit was egter nie heeltemal so 'n maklike wedstryd soos wat die telling aandui nie.

Wellington kon in die eerste helfte, met die wind van agter, slegs 14 punte aanteken danksy drieë deur Chris Joubert (heelagter) en Paul Bester (agtsteman), met Arthur Snyders wat met die doelskoppe slaag.       

GEEN WEGKOMKANS. Japie Wiehann, stut van Wellington, gryp 'n aanvaller van Robertson vas in hul Boland A1 ligawedstryd wat Saterdag op Boland Stadion gespeel is. Agter kyk spanmaat, Paul Bester wat drie drieë gedruk het.             Foto: Leon Steenkamp

Heelwat hanteringsfoute, vorentoe-aangeë en gapings in die verdedigingslinie deur die tuisspan het die gevaarlike agterlyn van Robertson kans gegee om binne trefafstand van die doelgebied te kom.

Die tuisskare is tot naelskou gedryf toe Robertson se linkervleuel Lionel Philander sy weg deur 'n paar verdedigers

oop-dartel en volspoed op die hoekvlag afgepyl het.

Slegs 'n goeie laagvat deur Wellington se Kris Joubert (heelagter) wat Philander by die kantlyn uitgeboender het, meters van die doellyn af, het 'n besliste drie gekeer.

Robertson se toewyding is beloon toe Riaan Heyes (skrumskakel) kort voor rustyd druk en hulle op 14-7 gaan water drink nadat Donovan Smit (15) die doelskop oorsit.

Vroeg in die tweede helfte maak Robertson se Rubin Snyman (stut) sake gelyk, nadat 'n strafskop die besoekers in Wellington se kwartgebied gebring het.

Hierna het die tuisspan egter spel begin lewer wat hul eersteplek-posisie bo aan die ligapunteleer regverdig.

Die uitgewerkte agterlyn-bewegings wat in die eerste helfte nie gevlot het nie, het nou seepglad verloop.

Hier het binnesenter Rudy von Pittius met sy bedrieglike voetwerk uitgeblink.

Met Wellington wat spel voorlangs oorheers en die agterlyn wat met vinnige hande die bal die werk laat doen, het Bester nog twee drieë gedruk vir sy driekuns, Joubert ook sy tweede drie en het Neels Nieuwenhuizen (plaasvervanger-vleuel) ook agter die doellyn gaan kuier. Snyders het met nog twee doelskoppe geslaag.

Verlede Saterdag se wedstryd was ook geskiedkundig deurdat dit die laaste tuisligawedstryd was wat Wellington Rugbyklub op Boland Stadion se A-veld sal speel.

Behalwe vir die afgelope vier jaar waar Wellington van die Onderwys Kollege Boland se veld gebruik gemaak het, is al hul tuiswedstryde in die klub se 104-jarige bestaan op Boland Stadion gespeel.

Eerskomende Saterdag speel Wellington vir die eerste keer op sy nuwe tuisveld, die Boland B-veld, teen Moorreesburg. As Wellington vyf punte kan inpalm in dié wedstryd, wag daar 'n groot stryd op Ceres volgende Vrydagaand.

Die onoorwonne span van Wellington is tans bo-aan die ligapunteleer met 40 punte, gevolg deur Ceres met 35.

Die wenner van die eerste ronde wedstryde kwalifiseer om aan die SA Supersport Klubkampioenskappe deel te neem. As beide spanne die naweek met bonuspunte wen, is die druk vierkantig op Ceres.

Selfs al klop Ceres vir Wellington en eindig hulle gelyk met 50 punte elk, is Wellington tans 14 punte voor op die punte vir/punte teen gemiddeld.

Hoe dit ook al sy, toeskouers kan hulle regmaak vir 'n uithalerstryd wanneer dié twee spanne mekaar oor 'n week op Ceres pak.   


Young cricket has big dreams

Leon Steenkamp

[ Top ]


wwicketTHE young cricket talent of Paarl, Vince Pennazza, is currently keeping his fingers crossed for inclusion in the SA o.19 cricket team which tours England in June.

Pennazza is one of two Boland players who was selected to be part of the squad of 24 considered for the coming tour.

The other is Waylain September, also of Paarl, who was featured in the Paarl Post earlier this year after his inclusion in the SA Schools team.

Neither of the two were chosen for the initial team, but are shortlisted as immediate reserves.

WICKET WIZARD. All that fast bowler Vince Pennazza is interested in, is taking wickets.

The team of 15 will only be finalised after the players pass their fitness tests just before they leave.

Pennazza, a left-arm fast bowler, matriculated at Boys' High last year and this season represented the Victorian club side of Stellenbosch University, playing for Maties A in two games.

"I started playing in Grade 2 mainly as a batsman. Although I started bowling at a young age, it was only in Grade 10 that I was chosen as opening bowler," Vince recalls the start of his cricket career.

His talent was obvious from an early age and he made his way through the ranks playing for Boland in the u.15 PG Bison week, the Boland u.18B side while in Grade 11 and also took his place in Boland u.18 team at the Coca-Cola week the following year.

The highlight of his career so far was playing in the United Cricket Board's provincial u.19 games where he once again represented Boland.

It is thus fitting that it was at this stage where he scored his best bowling figures of 5/72 in 18 overs against Eastern Province. No doubt it was this performance which got him an invitation to try out for the national team.

"You learn a lot about cricket itself, but also about the mental side of the game. It felt great just being there, to be a part of the setup and to see how professional things are done on that level," the 18-year-old enthused about the SA training camp in Johannesburg.

Alongside this Vince also rates his inclusion in the Boland Academy team as another highlight.

"Unfortunately I had to miss the game which they played against NorthHampshire, due to my involvement with the SA training camp," says Vince.

Vince is not sure at what speed he is currently bowling, but he's following a gym programme to improve his upper body strength and also receives close attention training from Deon Muller, coach of the Boland provincial side.

"I want to bowl a bit faster, but must also concentrate on not bowling too short." 

Asked if there is a desire to become more of an all-rounder, Vince says: "Every bowler wants to improve his batting. Coming in at number 9 or 10, I don't get that much batting practice in the middle, but I'm happy with where I am."

But is his tongue as lethal on the pitch as his fast deliveries?

"I get angry at the batsman, like most bowlers do, when I get knocked around. Now and again I'll have something to say, but not much," he says with a sly smile.

His policy to let his bowling speak for him, is reflected in the player that Vince cites as role model.

"I don't want to use an Aussie, but I would like to have a positive influence on a game similar to that of Glen McGrath. He doesn't say much, just gets on with the job."

As far as his plans for the future go, Vince aims for inclusion in the Boland Academy or hopefully the provincial side, while his sights are set on making the SA squad for the o.19 World Cup next year.


Brodiespan wen net-net

[ Top ]


DIE plaaslike Brodie-gholfspan is nog 'n tree nader aan 'n plek in die semi-finaal van die Boland-liga ná onlangse oorwinnings oor Stellenbosch C en Porterville op Somerset-Wes.

Porterville het min weerstand gebied en is met 7-1 verslaan. Die stryd tussen Paarl en Stellenbosch C was uiters spannend.

Ná die eerste vyf wedstryde was Paarl kniediep in die moeilikheid met 'n agterstand van 1,5-3,5.

Herman Fredericks (no 3) en Kurt Müller (no 2) het kwaai teruggeveg met oorwinnings van 1-0 en 2-1 om die agterstand uit te wis.

Renso Nel (no 1) het in die laaste wedstryd vir Francois de Vries met 3-2 geklop wat 'n naelskraapse oorwinning van 4,5-3,5 aan Paarl besorg het.


Maties en Rhadsport jaag mekaar

[ Top ]


IN die Elite-afdeling van die Boland Padkampioenskappe wat Saterdag in die Paarl gehou is, was dit hoofsaaklik twee klubs wat aanspraak gemaak het op die voorste plekke.

Die junior en senior ryers het sake uitgespook in dié groep wat 'n sirkelroete deur Simondium en Klein Drakenstein drie keer moes voltooi vir hul wedren van 120km.

'n Sterk wind op die Simondium-pad op pad na Franschhoek het die ryers laat klippe kou. Die pas was egter makliker met die terugdraai na Paarl waar die wind hulle van agteraf aangehelp het op die pad wat verby die Drakenstein Gevangenis strek.

Heelwat van die ryers het tou opgegooi, met slegs twee van die oorspronklike ses junior ryers wat die wedren voltooi het.

Met sowat 50m voor die wenstreep was dit 'n bondel van agt - vyf Matie en drie Rhadsport ryers - wat oopgelê en 'n naelrit vir die einde begin het.

Aan die voorpunt was Garth Thomas (Rhadsport) wat eerste begin rieme neerlê het. Sy eindpoging was goed genoeg om hom eerste oor die lyn te bring, gevolg deur Ashley Kulsen (ook van Rhadsport) en die Matie, Hyko Diehl, in die derde plek.

Ook in die bondel was Nolan Hoffman, wat die eerste junior was. Die enigste ander junior ryer wat klaargemaak het, was Anton Wynand van Maties.

In die veterane-afdeling het Nolan de Wee (Yorkshire) die eerste plek gevat, met Stefan Steyn van Ceres tweede en Greg Botha ook van Yorkshire derde.

Die o.16 afdeling was ook oorheers deur Rhadsport met al drie top plekke wat aan dié klub gaan. Bertram Siebrits het hier gewen gevolg deur Reginald Benjamin en Ivano Siebrits.

Ashley Daniels (Rhadsport) en Robin November (Yorkshire) was die enigste o.14 ryers wat hul wedren klaargemaak het.

In die o.10/o.12 groep het Avery Arendse (Yorkshire) koning gekraai, met Brandon Wentzel (Ceres) tweede en Nathan Cornelissen (Rhadsport) derde.

Onder die vroue-ryers het Maties heeltemal oorheers met Rona Laubscher eerste gevolg deur Maira Craven en Irene Wentzel, almal van die Universiteit van Stellenbosch. 


Peoples behaal goeie oorwinning

[ Top ]


DIE eerstespan van Young Peoples het Saterdag goed teruggekom om 'n omgekrapte span van Young Stars met 34-22 op Daljosafat te wen.

Young Stars het in die eerste helfte die pas aangegee en was voorlangs heeltyd in beheer.

Die tuisspan kon nie op dreef kom nie en 'n groot pak slae het onvermydelik gelyk, nadat die besoekers drie drieë gedruk het en teen rustyd 19-10 voorgeloop het.

Maar in die tweede helfte het sake vir die Tiere handomkeer verander. Peoples het Stars voor begin aanvat en stelselmatig die oorhand gekry.

Die Paarl span het in 'n oogwink 24 onbeantwoorde punte aangeteken en só Young Stars se rug gebreek.

Peoples se uitblinkers was Bradley Fortuin (flank), Carlo Carolissen (slot), Jacques Lategan (vleuel) en Melvyn Hermanus (heelagter).

Peoples se drieë is gedruk deur Hermanus, Jody Davids (vleuel, 2) en Cedric Williams (haker). Hermanus het ook met vier doelskoppe en twee strafskoppe geslaag.

Paarl Rangers het 'n goeie naweek agter die rug ná 'n wegwen van 13-7 teen Langa.

Rangers het ná 15 minute die voortou geneem toe Mark Adams (9) met 'n strafskop slaag. Geen punte is vir die res van die helfte aangeteken nie.

Vroeg in die tweede helfte druk Claude Vos (slot) vir Rangers.

Langa val hierna verwoed aan, maar 'n hanteerfout deur die agterlyn in Rangers se kwartgebied word deur Roger Ruiters (vleuel) uitgebuit toe hy die bal oppik en al langs die kantlyn af nael om die besoekers se tweede drie te druk.

In die laaste tien minute druk Langa. Hul voorspelers begin oorheers en hulle val aanhoudend aan. Rangers verdedig net so hard en bly klou aan hul ses punte voorsprong vir die oorwinning.

Goeie druk in die eerste helfte het Albions teen rustyd 10-7 laat voorloop in hul wedstryd teen Hamlets, maar 'n swak tweede helfte het die Paarliete gekelder.

Hamlets teken 'n verdere 11 punte aan wat nie deur Albions beantwoord word en hulle verloor 18-10.

Ju-Wayne Cyster het Albions se drie gedruk, met John Stevens wat met die doelskop en 'n strafskop slaag.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za