safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 22 August 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 29 August 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

 Letters - Briewe


Tikopdragte was toe deurentyd 'n klugspel

[ Top ]


EK as werkende moeder het gedink dat so 'n ekstra inkomste uit tikwerk net die regte ding sal wees aangesien ek op my eie tyd kan bepaal hoeveel ekstra geld ek vir die maand wil verdien. 

Nadat ek my eerste opdrag ontvang het, het 'n kollega by die werk my vertel dat sy dit ook gedoen het en toe sommer gestaak het na die eerste opdrag nadat dit teruggestuur was met kwansuis korreksies wat aangebring moet word.

Eerstens het dit my laat wonder - hoeveel mense moet dan nou dieselfde opdrag tik (aangesien my opdrag presies ooreengestem het met hare). Wil hulle vir my sê niemand kon dit nog reg doen nie? 

Dis bloot 'n duplisering van opdragte om die hele land aan die tik te hou - verniet - en daar gaan jou R195.

Ek het twee weke daarna my uitslae ontvang - omraam met al die kammafoute wat ek begaan het.

Dit is 'n klug. 

En ek daag Reitz se bestuur uit om dit anders te bewys. 

En dis sowaar die mense wat nie kan bekostig om daai registrasiegeld te mors nie wat dit aan die einde van die dag verloor.

Nou voel ek baie sterk om die hele land bewus te maak.

 Ek daag diegene uit wat ook so ingeloop is om na vore te kom en ons dwing die bestuur van Reitz Personeel om ons registrasiegelde terug te betaal.

ME Philander

Mense wat klagtes het oor Reitz Personeel kan kontak maak met Helga Louw by Posbus 95, Huguenot 7645, tel 868-3185 of info@dehoopsteenwerwe.co.za. - Red.


Haweloses krap gedurig in vullissakke in buurte

[ Top ]


ELKE Woensdag, wanneer die vullis in ons straat verwyder moet word, is daar mense wat vooraf by elke huis aandoen, die vullissakke oopmaak en uitgooi en daarin krap, dit nie toemaak nie en alles net so laat.

Onlangs in Muscadelstraat was daar tot en met 09:20 nie minder nie as drie groeperings wat met kettingwinkelwaentjies (wonder of die waentjies geskenk, "herwin" of deur middel van "affirmative shopping" bekom is) by die huise aandoen, die sakke op die sypaadjie en/of in die middel van die straat oopmaak, krap en neem wat hulle wil hê en dit net so laat en verder gaan.

Daar kan nou wel gesê word dat hulle besig is om karton of dergelike items te herwin om 'n lewe te maak, maar is dit onaanvaarbaar aangesien hulle dit dan op die rommelhoop kan gaan beoefen. In werklikheid werk sommiges van hulle vir sindikate wat groot geld maak uit dié herwinningsbedryf.

Verder kan hulle dan besluit dat kartonherwinning nie so lonend is nie soos die "herwinning" van eiendom in onbewaakte wonings soos televisiestelle en videomasjiene.

Ongelukkig gaan die kriminele element dikwels hand-aan-hand met hierdie oënskynlik onskuldige lewenswyse.

Dit lyk my ons sal ons eie buurtwag moet stig om Woensdae wag te staan voordat ons buurt "oorgeneem" word.

W du Plessis

Die munisipale bestuurder, Jacques Carstens, reageer: Die toenemende probleme met indringing van woonbuurte deur mense wat vullisdromme deursoek is 'n groot kopseer.

Die vullis word deurgesoek om twee redes: mense wat kos soek, en mense wat herwinbare materiaal soek. Laasgenoemde probleem sou opgelos kon word indien mense, soos in Europa, bereid is om herwinbare materiaal self af te lewer by depots wat daarvoor vergoeding betaal.

Dit is egter te betwyfel of dit hier sal gebeur sonder 'n groot opvoedingsveldtog.

Mobiele vullishouers bied wel 'n oplossing vir rommelstrooiing, soos blyk uit ondervinding waar dit reeds in sommige buurte in gebruik gestel is.

Ongelukkig is dit 'n baie duur produk wat langsamerhand geïmplementeer word. Vullisverwyderingsvragmotors moet ook toegerus word met spesifieke hystoestelle ten einde die houers te hanteer.


Beware of ruthless thugs outside Kruger Park

[ Top ]


BEWARE my fellow Paarlites of that dream holiday to the Kruger.

The Kruger was rather large for first time visitors. We underestimated the time it would take us to get back to our camp Timbavati outside the park about 30 km from the Orpen gate.

The time was 07:00 and we were eight km from Timbavati. Our six-year-old daughter was sitting in the middle of the backseat, talking to my husband and me.

My husband noticed a car flashing its brights at us and said to me that he would slow down for the car to get past. I too noticed the irritating flashing and encouraged my husband to slow down.

While watching my husband's side window for the car to pass, I realised that the car was not overtaking, but actually driving parallel with us.

Within the next moment I noticed sparks flashing and a thudding sound. I told my husband we'd just been shot at.

Fortunately he was slowing down, which caused the bullet to pass right through the car instead of his door.

We lay down flat and my husband simultaneously put his foot flat on the accelerator.

 I immediately started praying to God to keep us safe.

Fortunately the road was very hilly which helped my husband to lose the car chasing us as he sped into the gates of our camp.

Once in the camp, camp management told us that we had nothing to fear, as there was a police conference on at the camp and that these policemen would handle the situation.

The only thing I saw those policemen handle, was their cellphones and even when my husband insisted that they look for these criminals, there was no reaction. An hour and a half later the Hoedspruit police arrived to take a statement.

After speaking to locals, we were told that our experience was a regular occurrence - something we were never told.

I would just like to thank the good Lord for keeping us safe.

Nicki de Villiers, Paarl


Moenie los sigarette aan kinders verkoop nie

[ Top ]


VOLGENS 'n onlangse berig in die Paarl Post spreek British American Tobacco SA (Batsa) onder die opskrif "No Smoking Until 18" sy kommer uit oor jeugdige rokers en doen hulle 'n beroep op die regering om die wetlike ouderdom om sigarette aan jeugdiges te verkoop te verhoog van 16 tot 18 jaar.

Ek deel die bekommernis van ouers en onderwysers oor sigaretverkope aan jong kinders en meen dat hierdie probleem ook deur die gemeenskap aangespreek moet word. Daagliks sien mens die onwettige verkoop van los sigarette by sommige kafees en die pryse wissel vanaf 70c tot R1,20 per sigaret.

Ek het al die probleem aangemeld by die polisie wat blykbaar niks aan die saak kan doen nie.

Jy sien kinders van so jonk as nege jaar los sigarette koop. Jy sien ook kinders van vooraanstaande skole koop en jy vrees dat hulle heelwaarskynlik longsiektes in later jare mag ontwikkel.

Hoe gaan 'n hoër ouderdomsperk toegepas word?

Bekommerde gesondheidswerker


Toll road should be fought tooth and nail

[ Top ]


THE proposed toll road between Paarl and Cape Town needs to be fought tooth and nail not only by residents of Paarl and Wellington but by the commuters of Stellenbosch and Worcester and Capetonians themselves.

Most people will not be able or willing to accept these charges (R300 to R600 per month).

If they sell their houses in these towns the economies of these towns will suffer. Where they don't, at least half of these people are likely to find alternative routes to Cape Town through Stellenbosch and Bellville or Durbanville and surrounds. 

This will increase traffic flow through residential areas on roads not designed for this. The greater Durbanville area is already a mess during peak times. 

Can those roads cope with the Paarl and Wellington traffic and the new houses in these suburbs? 

Capetonians need to wake up to this possibility - their property values will be affected.

In addition most small truck companies do not seem to use the existing N1 toll road and are willing to travel via Wellington and Tulbagh (over 100km extra) just to avoid one toll gate (and probably all forms of traffic control). 

It's also highly unlikely that they will use the N1 if they have to pay tolls and would probably also find other roads to the industrial areas of Cape Town via Durbanville.

Can Paarl afford to have just 100 extra houses put on the market and 20 businesses relocated to Cape Town? 

The Drakenstein Municipality is in a very poor financial position but they are probably in the best position to take this fight up on behalf on the residents. We now need to get Stellenbosch, Worcester and Cape Town residents to join the fight. 

One thing is certain: If we don't all complain very loudly now this toll road is a given! Don't complain later!

Michael Heath, Wellington


Sekuriteitsfirma se laksheid stel teleur

[ Top ]


EK is bekommerd oor die laksheid van AC Rottweiler Sekuriteitsdienste in die Paarl.

Op Sondagaand 11 Augustus tussen 23:00 en 00:00 is daar by my onderneming Pitstop op die hoek van Jan van Riebeeckweg en Ambagsvalleistraat ingebreek.

Die alarm van die onderneming het om 22:40 afgegaan, en dié betrokke sekuriteitsmaatskappy is gebel om ondersoek in te stel.

Om 22:55 is gemerk dat die alarm sonder kragtoevoer is, en weer is AC Rottweiler daaroor ingelig.

Toe ek die Maandagoggend by die werk opdaag, was die slot aan die deur afgebreek en die diefalarm ontkoppel. Sowat 75 motorbande en onderdele ter waarde van R40 000 was gesteel.

Die diewe moes tog baie tyd tot hul beskikking gehad het om soveel voorraad weg te dra.

Hoe is dit moontlik dat die sekuriteitswagte van AC Rottweiler nie onraad vermoed het nie? Was daar nie 'n verdagte voertuig op my perseel gewees nie?

Ek is uiters ontevrede en gaan beslis my besigheid na 'n ander sekuriteitsmaatskappy neem.

Whaleed Baker

Mnr Alan Carolissen, eienaar van AC Rottweiler, antwoord: Nadat Total Sekuriteit ons ingelig het, was ons reaksie-eenheid twee keer op die toneel en daar was niks fout nie.


Gevaar vir voetgangers

[ Top ]


ONLANGS is daar weer eens iemand raakgery in Kerkstraat, Wellington.

Kan die Munisipaliteit nie 'n voetoorgang of spoedbrekers in die straat aanbring nie? Daar is so baie voete wat daagliks die pad oorsteek.

Beskerm asseblief ons kliënte en maak dit vir hulle veiliger om in Kerkstraat inkopies te doen!

Sakeman


Puik webwerf

[ Top ]


EK wil 'n pluimpie gee aan die redakteur en die mense verantwoordelik vir die Paarl Post se web koerant.

Dit is die beste van al die web koerante in Suid-Afrika wat ek al gelees het en ek het almal gelees. Die aard, inhoud en konteks is indrukwekkend maar meer belangrik, dit is genotvolle interessante leesstof.

Johann Koen, Victoria, Kanada


Wat gaan hier aan?

[ Top ]


KAN iemand wat weet, asseblief vir my (en ek glo ander inwoners ook) verduidelik wat die posisie is omtrent die parkeerterrein op Patriotplein?

Die Paarl het so 'n geweldige parkeerprobleem, veral in die sentraal besigheidsgebied, dat ek nie kan verstaan dat daar soveel van die parkeerplekke daar afgesper is nie.

Klaarblyklik is dit gedoen vir smousdoeleindes, maar ek het nog nooit enige smouse daar sien besigheid doen nie.

Al wat ek sien, is mense wat daar rondom sirkel. Ek kan ook nie verstaan dat die parkeerplekke in die middedorp so nutteloos staan sonder dat enige mens daarvan gebruik kan maak nie. G'n wonder iemand het nou 'n paaltjie omgery sodat almal weer daar kan parkeer nie!

Wie het die beplanning daarvan gedoen, voordat net voortgegaan is om die parkeergebied te sluit? Of is dit weer eens gedoen voordat behoorlike beplanning gedoen is - soos wat deesdae aan die orde van die dag is?

ME de Jager

Volgens die munisipale bestuurder, Jacques Carstens, was die verskuiwing van smouse uit Lady Greystraat na Patriotplein onderhewig aan proklomasie. Die proses is feitlik afgehandel en die verskuiwing sal plaasvind sodra reëlings vir permitte met die smouse gefinaliseer is.


Hoekom so baie drank?

[ Top ]


INTERSKOLE is verby en albei spanne het goed gespeel. Wat my as toeskouer geweldig pla, is die groot getal oud-studente en toeskouers wat hulle vergryp aan drank.

Dit word elke jaar net erger. Gaan dit om Interskole rugby of hoeveel daar gedrink word? Dit maak 'n mens bekommerd.

Rugby-ondersteuner


Redaksioneel:

Konflik swak hanteer

[ Top ]


DIE uitgerekte stryd oor skolerugbygrense het nou 'n duur een geword.

Nadat plaaslike skole wat binne die WP rugby speel, onlangs summier deelname in alle sportkodes ontsê is deur Boland Skolesport, het die betrokke skole hulle tot die Hooggeregshof gewend.

Die hof het beslis dat die skorsing tydelik opgehef moet word.

Boland het nou tot 20 September om te verduidelik hoekom die skorsing nie hersien moet word nie.

Maar die stryd het oor jare so fel geword, dat selfs nie die provinsiale minister van sport se ingryping, die twee partye kon versoen nie.

Die geskorste skole kla dat hulle die onskuldige slagoffers is van sportliggame (Ussasa en Sarvu) wat nie tot 'n vergelyk kan kom oor hul onderskeie grense nie.

Boland Skolesport meen egter alle kodes moet binne dieselfde grense gespeel word, en basta.

Hierdie langdurige konflik is deur onversetlikheid en boikottaktiek op die spits gedryf, pleks van deur onderhandeling 'n oplossing te vind. Nou moet duur hofsake regmaak wat krom is.

Is dit 'n volwasse voorbeeld om vir ons kinders te stel?


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za