|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
In 1907 was die argitek terug, en het hy die Strooidak-kerksaal in Klein Reservoirstraat ontwerp. Hy het landwyd meer as 120 kerke ontwerp, baie daarvan saam met die bekende argitek Moerdijk. In 1914 het hy sy tuiste, Die Hoogte, oorkant die KWV-hoogebou in Suider-Paarl ontwerp en daarna dié van burgemeester Alf Devine langsaan (in Sardiniese styl). Hy het ook die "rondawelhuis" (toe met rietdak) te Hoofstraat 34A, net noord van sy eie woning, ontwerp. Wynand Louw het geboue vir die Universiteit van Stellenbosch, Volkskas, KWV en Santam ontwerp. Hy was 'n veelsydige argitek wat in verskillende style kon ontwerp. Daar was die Eduardiaanse invloed by die kerksaal in Reservoirstraat, die klassieke invloed by Huis Robert Mohr in van der Lingenstraat, die Paarlse stadsaal, die Athlone kollege (nou Noorder-Paarl Sekondêr) aan Sanddriftstraat en KWV se hoofgebou. Die gebou van die uitrusters op die hoek van Lady Greystraat en Bergrivier Boulevard is in die Art Deco styl ontwerp, die Mauritz Uys winkelgebou in die Hoofstraat is Victoriaans/Georgiaans en die Paarlvallei pastorie in Noorder-Paarl is in die Kaaps-Hollandse herlewingstyl gebou. Wynand Louw is op 21 Augustus 1967 oorlede in Die Hoogte, die woning wat hy vir hom en sy bruid, Maria Norval, ontwerp het. * Paarl architect Wynand Louw is honoured with an exhibition. |
|
|
|||||||||||||
|
EK was baie hartseer oor my fiets, vertel die sesjarige Jandré Wentzel van Primrosestraat in die Paarl van die groot skrik toe sy splinternuwe wiele voor sy maatjie se huis verdwyn het. Jandré het by 'n maatjie, Francois du Toit, in Groenvleilaan gekuier toe die ramp hom getref het. Die tweetjies het buite gespeel toe 'n kind van 'n nabygeleë plaas hulle genader het. "Ek ken die kind, maar ons speel nie met hom nie, want hy is stout," vertel Jandré. Die seuntjie het hulle vir 'n plastieksak gevra en, sonder om tweekeer te dink, is die tweetjies die huis in om een te gaan soek. "Toe ons terugkom het ek my amper doodgeskrik, want my fiets was weg!" Anél, Jandré se ma, sê die eerste wat sy van die treurmare gehoor het, was toe 'n kliënt uit Groeivleilaan haar bel en vra waar Jandré is. Dié man, Jaco Rheeder, het gesien hoe Jandré se fiets, sonder hom, straat-af verdwyn. "Almal in die omgewing ken die fiets, want Jandré was so opgewonde oor sy nuwe fiets," vertel Anél. Sy vorige fiets is in Desember gesteel. Jaco en Francois het saam met hul ma's in twee motors begin soek. "Langs die pad het ons die polisie gekry en hulle het ook gehelp, maar ons kon niks kry nie." Gelukkig was dit nie die einde van die storie nie. Jandré, in graad een by Noord-Eind, het pouse buite gespeel toe hy skielik sien hoe 'n seuntjie met sy fiets die pad af kom saam met 'n vrou. "Ek het amper bollemakiesie oor die draad geslaan," lag Jaco. Anél sê sy kon self nie haar ore glo toe Elizma haar skakel om te sê dat die fiets terug is nie. "Die ouma van die kind, het dit teruggebring. Volgens haar het sy 'n groot probleem met die kind wat by haar bly. Hy vat blykbaar gereeld goed wat sy dan maar weer terugvat." Anél het haar en al die ander mense wat gehelp het, bedank vir hulle moeite. * A youngster has recovered his stolen bike when the thief was forced to own up. |
|
|
|
|
TWEE oudleerlinge van Hoër Jongenskool is die afgelope maand skielik oorlede. Francois Visser (20) is voorverlede Saterdag 10 Augustus in Londen oorlede aan 'n asma-aanval. Francois was een van drie kinders van Christo en Monica Visser van Lambertsbaai. Vroeg die volgende oggend, 11 Augustus, is nog 'n oudleerling, Nicolaas van Reenen (27), oorlede in 'n motorongeluk tussen Graaff-Reinet en Middelburg in die Oos-Kaap. Hy was een van twee seuns van Nicky van Reenen van Meerlust, Stellenbosch, en wyle Rauch van Reenen. |
|||||
|
|||||