|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
'n VERGADERING om 'n veiligheidsnet vir plaaslike kinders te loods, word op 29 Augustus om 19:00 in die Wellingtonse gemeenskapsentrum vir bejaardes gehou. Alle welsynsorganisasies op Wellington werk tans gesamentlik aan die loodsing van die Gesinsinstandhoudingsprojek wat sal dien as veiligheidsnet vir die beskerming en versorging van plaaslike kinders. 'n Dringende behoefte bestaan om saam met ander rolspelers in die gemeenskap 'n veiligheidsnetwerk vir die versorging en beskerming van kinders en gesinne in Wellington te verseker. Die projek is in 2001 deur die Departement Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting geïnisieer. Alle skoolhoofde, leraars, diensverskaffers en gemeenskapleiers van Wellington word hartlik uitgenooi om die geleentheid by te woon. Vir navrae, skakel Carin van der Merwe, Projekkoördineerder by tel 873-3834/5. |
|
|||||