safetop
ppostgothic
uitlefstreep

Wednesday 22 December 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 13 January 2005.

Aida
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

 Letters - Briewe


'n Tyd vir vrede en rus

[ Top ]


KERSFEES is net om die draai en vir baie mense beteken dit 'n laaste, koorsagtige aanslag op die winkels.

Tradisioneel was Kerstyd 'n tyd van rus en besinning vir Christene, 'n tyd om weer opnuut hul geloof in die Kind van Bethlehem te betuig.

Dit was ook nog altyd 'n tyd waar kinders grootoog van verwondering geluister het na die verhaal van die krip en alles wat daarmee gepaard gaan.

Deur die jare het dit gebruik geword om geskenke aan geliefdes te gee, nes die wyse manne geskenke vir die Kind gebring het.

Hierdie pragtige gebruik word deesdae terdeë uitgebuit deur die sakewêreld vir eie gewin.

Kersgeskenke het 'n doel op sig self geword, in plas van 'n simbool van God se liefde vir die mensdom.

Kom ons knyp vanjaar 'n tydjie af om weer aan hierdie eindelose liefde te dink en dit te laat weerkaats op die mense om ons.

Net daarna begin die gebruiklike vieringe wat die einde van die ou jaar aandui en ook die begin van 'n nuwe jaar.

Die meeste mense gebruik hierdie viering ook om sogenaamde nuwejaars voornemens te bedink.

Meestal is hierdie voornemens gegrond op die tekortkominge en gebreke van die verlede en het dit nie veel te doen met realistiese doelwitte en selfkennis nie.

Dit kan net tot 'n mens se voordeel strek om vanjaar 'n bietjie meer tyd hieraan af te staan en 'n jaarplan uit te werk wat haalbaar is.

Mag die feestyd geseënd en vol vreugde wees.

 


Poskantoor-personeel steel pakkies se inhoud

[ Top ]


DIE feit dat 'n mens waarskynlik niks vir jouself of familie meer kan koop nie, omdat dit gesteel gaan word, is lankal nie meer 'n grap nie.

Ek het onlangs egter ervaar dat by die Poskantoor die grootste skelms is, wat mense se pospakkies oopmaak en die goed binne-in steel.

'n Groot teleurstelling het my oorgekom toe ek ons familie se Kersfeesgeskenke van Amerika by die Poskantoor gaan afhaal het en agtergekom dat die boks half leeg is.

Die personeel van die Poskantoor wat die pos hanteer het, het sonder twyfel die boks oopgemaak en drie waardevolle Fossil-horlosies wat elk R1500 werd is, gesteel.

Die dief het die boks aan die onderkant oopgemaak en weer toegeplak  met Poskantoor kleeflint" en dit is hoe ons besef het dat die dief wel iemand is wat by die Poskantoor werk.

Die leë houers en geskenkpapier waarin die horlosies toegedraai was, is weer terug in die boks geplaas.

Hoekom skryf die Poskantoor die inhoud van die pakkie op die boks pleks van 'n kode te gebruik? Dit lok mense aan om waardevolle goed te steel.

Die vraag is, wie hanteer die pos en waar kon dit dan gebeur het, "Johannesburg, Kaapstad of Amerika"? Hoekom is daar geen videokameras in sig wat kan bewys wie dit kan wees nie, en wanneer kry die persoon of persone kans om te krap by die pos?

Ek is woedend omdat my suster wat die geskenke gestuur het baie hard werk en haar geld bymekaar geskraap het om vir ons ordentlike geskenke te koop omdat sy ons meer as 'n jaar laas gesien het.

Ek het dadelik die saak aangemeld en die boks weer terug na die Pos-kantoor geneem. Die bestuurder van daardie spesifieke poskantoor het sekere dinge agtergekom soos dat die seëls en plakkers van die versekering afgeskeur is.

Die bestuurder het die boks gehou as bewys vir verdere ondersoeke. Ons het haar verseker dat ons nie die saak daar gaan los nie.

Sulke diewe moet hul werk verloor.

Ek hoop almal besef dat indien jy besluit om iets te pos deur die Poskantoor, twee keer sal dink.

Sonder enige twyfel verloor die poskantoor baie van hul kliënte deur die swak dienste wat hulle lewer en ons gesin sal glad nie meer van die Poskantoor se dienste gebruik maak nie.

 

Ongelukkig, Huguenot


Verneukspul of skelm?

[ Top ]


HET u al hoender of vleis gekoop wat netjies op polistireen verpak is en wanneer u dit oopmaak voel u dat u ingeloop of verneuk is?

U koop 'n mooi stuk hoender en vind dan dat dit 'n stuk vel is met 'n homp vet  onder die hoender ingevou. Baie van ons is al so ingeloop, maar het ons dit maar so aanvaar om net weer volgende keer ingeloop te word.

Het u al 'n mooi stuk beesvleis/steak so gekoop en wanneer u dit oopmaak is die vleis aan die onderkant so swak, dat u dit nie eens wil gaarmaak nie? Ek is so ingeloop deur 'n plaaslike supermark in die Paarl so 'n klompie maande gelede.

Ek het die stuk vleis nogal gebêre met die doel om dit vir hulle terug te vat. Na 'n paar maande in die vrieskas is dit toe maar vir die hond gegee.

Het ek miskien toe opgetree, sou ek nie weer in dieselfde posisie gewees het  hierdie naweek nie. Weer het my vrou by dieselfde winkel 'n stuk beesvleis gekoop uit haastigheid en teen my wense ná die vorige verneukery.

Groot was my teleurstelling toe ek die vleis uithaal en vind dat bo vertoon 'n dun randjie vet, maar onder is die vleis so verpak dat die helfte is vet, wat onder andere die vleis laat vertoon asof dit 'n ordentlike stuk vleis is.

Nou sit jy by die see, gereed om te braai en jy sit met so 'n stuk gemors-vleis. Jy braai dit maar, want jy het nie ander nie en jy het ook nie 'n bewys om terug te gaan om jou lot te bekla nie.

Moet 'n mens woedend voel, moet jy verneuk voel? Hoekom doen die winkels dit? Ek sien dit as skelmgeid. Jy as verbruiker kan nie sien wat jy koop nie.

Ek stel voor dat die verbruikers koop net vleis wat vakuum verpak is. Sodoende kan jy darem die vleis van weerskante bekyk.

 

Voel verneuk


Werkgewers het regte

[ Top ]


ALLE vroue wat huishulpe het moet daaraan dink om by 'n werkgewersunie aan te sluit.

Ek het 'n huishulp ontslaan omdat sy my kind geslaan het. Sy het my by die CCMA verkla en het haar saak gewen.

Nou is ek verplig om haar vir 'n hele aantal maande te vergoed, al is sy reeds uit my diens.

Die werknemers word beskerm, so hoekom nie die werkgewer ook nie?

Lidmaatskap van 'n werkgewersunie beskerm jou teen huishulpe wat steel, huishulpe wat besluit om weg te bly omdat dit reën en ander misstappe begaan.

Ek het by so 'n unie aangesluit - dit kos my R50 per maand, maar hulle sal my raad gee en bystaan indien ek weer by sulke prosedures betrokke raak. Moenie dat spyt te laat kom nie.

 

Bekommerde moeder


Amfiteater bied beter uitsig

[ Top ]


EK verwys na die klagte oor die uitsig van sekere sitplekke in die Paarlberg amfiteater in verlede week se Paarl Post.

Dit is vir my verblydend dat Paarliete ook besef watter wonderlike bate ons het in die amfiteater.

Ek wil weer beklemtoon dat ek alle voorstelle waardeer en dat ek so ver moontlik elke voostel sal implimenteer ten einde elke verdere konsert beter te maak.

Wat die sigbaarheid van die kunstenaar betref, kan ek u verseker dat met die volgende optrede van Drie van die Bestes, op 12 Februarie, ons 'n verhoog gaan bou wat die kunstenaars op 'n beter hoogte sal plaas en sodoende die agterste rye se uitsig ook sal verbeter.

Daar is ook reeds versoeke tot die eienaars van die amfiteater gerig oor die muur langs die paadjie wat ook die gesigslyn beïnvloed.

Ons het reeds 'n ver paadjie gestap sedert die eerste konsert verlede jaar en wil u verseker dat ons die amfiteater wil vestig as 'n plek wat puik vermaak teen bekostigbare pryse bied.

 

Gerhard Meyer


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]