safetop
ppostgothic
uitlefstreep

Wednesday 22 December 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 13 January 2005.

Aida
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

People - Mense


Once a South African, always a South African

[ Top ]


"ONCE a South African, always a South African," says Cathy Mollica, when she speaks of her life of 25 years in the USA.

Born Catharine Fraser on 30 December 1924 in Cape Town, Cathy has just returned home to retire, after spending her life abroad.

She was raised in Paarl until her 21st birthday, when she went to work in Cape Town.

FAMILY. Cathy (in front) with Malika Kamalie on her lap. In the rear are Elizabeth Fraser, Zarreen Kamalie, Nabuwya Kamalie, Fadiel Kamalie and Yuna Sass.

She did housekeeping at first, then worked nineteen years at the City Health Department.

In 1942 during the Second World War, she met Joseph Mollica, an Italian who had been imprisoned at the POW camp in Du Toit's Kloof Pass.

They were married in 1946 in Paarl, but when Joseph was repatriated to Italy in 1947, Cathy remained behind.

It was a hard time for her, without her husband, who later moved to the USA. Things changed in 1978, when she left for California, where she met up with her husband. There they lived together in California, until his death in 1988.

In 1993 she bought a home in Las Vegas, where she lived until her decision to return to South Africa in September 2004.

The couple did not have any children although she has an adopted daughter who lives in Mitchell's Plain. They have not had contact from the day that she got married, however.

Cathy now lives with her sister, Elizabeth (Beathy) Fraser in 4 Rooseveldt Street, Paarl.

Cathy says that it was quite hard to get used to the lifestyle of South Africa again.

"In America everything is automated. You do not have to clean anything, it automatically does it on its own.

"I had to get to terms with living here, like the long distances I have to walk to the shops. The American lifestyle is very convenient so it will take time for me to adapt to Paarl."

"The weather is very different to what I'm used to. If it is winter there, then it is really cold, with snow, and when it gets hot, the temperature is extremely high, but everybody has central heating so it is not that big a deal."

Cathy speaks English, Italian, and Spanish, and her Afrikaans has not faded away. She is learning to speak it again.

"Even though I married an Italian, my language is still that of my mother."

Although she is now a South African citizen, she has to go back to America to finalise all the paperwork.

In 2005 she will go back to get her van, that was left behind, and when she comes back, it will be to live here permanently.


Loyal for 60 years

[ Top ]


MARRIAGE is all about give and take, says Neville Howell. Celebrating 60 years of married life, he should know what he is talking about.

"And loyalty," adds his son Anthony. "Dad washed dishes for 60 years - he is still doing it."

Pamela (83) and Neville (87) Howell met in Pretoria and were married during World War II. Pamela's beautiful mauve wedding dress is now a family treasure.

Neville worked for the Post Office, later Telecommunications, and retired assistant director.

In 1957 the couple moved to Fish Hoek with their three children, Peter, Chubby and Megan.

In October they left there to stay with Chubby on his farm at Slot van die Paarl.

Pamela is suffering from osteoporosis, but otherwise they are in good health and Neville is giving a helping hand around the farm.

The couple has nine grandchildren and nine greatgrandchildren.


Hy is tagtig jaar jonk

[ Top ]


Susan Botha

 

OM tagtig jaar oud te word, is nie vir baie mense beskore nie. Om dan nog gesond en aktief betrokke te wees in die gemeenskap, is beslis iets besonders.

Tom Abrahams van Wellington is só 'n man. Hy mis nie maklik 'n vergadering van die Drakenstein stadsraad nie en gaan die agendas met 'n fynkam deur.

Sy gehoor is miskien nie meer van die beste nie, maar hy het 'n grondige kennis van en insig in munisipale sake.

Miskien is dit dié belangstelling, saam met die vonkel in sy oë, wat maak dat hy nie sy jare lyk nie.

Oom Tom is 'n Wellingtonner in murg en been. Hy is tagtig jaar gelede gebore in Pentzstraat 38, en woon nog steeds daar.

Sy oupa het die eiendom 'n eeu gelede gekoop. Dit was deel van die oorspronklike Krommerivier plaas. In die jare vyftig is 'n deel van die Abrahams-eiendom onteien en gekonsolideer met die eiendom Schoongesig.

Ek het onmiddellik weer grond gekoop wat deel uitmaak van  Pentzstraat 38, en woon reeds sowat 40 jaar daar. Ek het ook by die 60 jaar 'n bestaan op hierdie adres gemaak," vertel hy.

In 1951 bou hy 'n gebou vir 'n kafee op die restant van die perseel. Hy bestuur die besigheid tot 1981, waarna hy dit verhuur. Sy vrou het aan sy sy gestaan in die onderneming.

Hy vertel van die opoffering en dissipline wat dit kos om vir jouself te werk.

Maar hy hy het dit geniet en sal entrepreneurskap enige dag aanbeveel by die jonger geslag.

"Een ding wat baie gehelp het om 'n ondernemer in die jare vyftig te wees was dat die lewe eenvoudig was. Besigheid was ook nie so kapitaal intensief nie.

"Jou klante het rondom die besigheid gewoon wat ook dan sentraal was."

Die ekonomie van Wellington was daardie jare redelik stewig met vier skoenfabrieke en 'n droëvrugte aanleg.

Die dorp het toe sowat 10 000 inwoners gehad en werkloosheid was tot die minimum beperk.

Oor die politiek van die dag, sê oom Tom: "My politieke siening was altoos links van die politieke spektrum."

Hy beskryf die gemeenskap van daardie jare as uiters konserwatief, met wit en swart wat nooit mekaar as gelykes aanvaar het nie.

"Toe kom apartheid en slaan die laaste spyker in die doodkis.

"As tiener het ek geweldig in landsake belang gestel," onthou hy die veertigerjare.

"Daardie dae het die Kommunistiese Party my baie beïndruk. Ek het ook baie na vergaderings van hul jeugliga in Kaapstad gegaan."

In die jare vyftig word die Kommunistiese Party verban en oom Tom sit toe sonder sy helde.

"Die politieke bootjie skommel van een linkse party na die ander."  Toe ontdek hy die Non European Unity Movement (NEUM).

"Op oulaas sluit ek by die Anti-Cad (Anti Coloured Affairs Department) aan. NEUM het bestaan uit die Anti-Cad, die All African Convention (AAC) en die South African Indina Congress (SAIC).

"NEUM het vir 'n redelike tyd goed fungeer, totdat binnegevegte veroorsaak het dat die AAC weggebreek het.

"Dis nou wat die Teachers League of South Africa (TLSA) na vore kom."

Hy vertel van die TLSA se "voetsoldate" om die gemeenskap op grondvlak te bereik, die Parents Teacher Association. "Van hierdie organisasie was ek toe lid en later voorsitter."

Die binnegevegte in NEUM word egter so groot dat die liggaam tot niet gaan.

"My politieke bootjie skommel weer en ek kan geen veilige hawe vind nie.

"Gelukkig hoor ek toe so baie van mnr Mandela, wat in die tronk sit vir reg en geregtigheid. Ek besluit toe om sy bewonderaar te word.

"Nou gaan ek nie weer bolmakiesie slaan nie, ek is happy," is sy laaste woorde oor die politiek.

Oom Tom is sedert 1968 lidmaat van die Anglikaase Kerk St Albans and St Augustine.

In 1969 sluit hy by The Church Men's Society aan en is etlike jare betrokke daar.

"In 1971 was ek een van 'n groep wat gekies is as Parish Councillor, iets wat die Wellingtonse Anglikaanse Kerk nie geken het nie."

Op 14 Desember 1991 ontvang hy 'n sertifikaat van waardering van Pater (vader) Williams.

Hy is ook sowat 18 jaar lid van die Unity Brass Band Society.

"Die vereniging was as't ware die voorloper van die mediese skema. Dit was bedoel om die gewone werker te help met doktersgelde.

"Wanneer die lid siek word, word die dokter betaal en as hy of sy 'n tyd by die huis bly, was daar 'n bedrag aan die sieke gegee.

"Daar was ook 'n sedelike komponent ingebou om die lid moreel gesond te hou."

Later jare het die siekefonds van fabrieke oorgeneem en nog later die mediese skemas. Laasgenoemde was die oorsaak dat die vereniging moes ontbind.

Oom Tom was veertien jaar lank op die beheerraad van die Val du Charron Meisiekool en ook lank betrokke by die Wellingtonse Bejaardesorgvereniging.

Hy was ook twaalf jaar lid en voorsitter van die Newton seniorklub.

Oom Tom se belangstelling in die openbare lewe kom 'n lang pad.

Só is hy in 1992 aangestel as vrederegter vir die distrik van Wellington en in 1995 word hy lid van die Waardasieraad.

Hy is 'n aktiewe lid van die Wellington Gemeenskapspolisieforum, die Wellington Estetiese Komitee en die Vriende van die Wellington Museum.

Tussendeur het hy nog tyd vir sport gehad en in die jare vyftig speel hy tennis vir die Wellingtonian klub.

Oom Tom was 43 jaar getroud met Annie, 'n nooi van Sitters van die Paarl, wat in 1997 oorlede is. Hulle het twee seuns en twee kleinkinders.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]