safetop
ppostgothic
uitlefstreep

Wednesday 22 December 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 13 January 2005.

Aida
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

Youth - Jeug



'n Stil Kerstyd by Kinderhuis

[ Top ]


KERSFEESVREUGDE. Die kinders van Andrew Murray Kinderhuis is opreg dankbaar vir die reaksie van skole van die Wes-Kaap wat hul Skoendoosprojek so goed ondersteun het. Skoliere is gevra om 'n skoendoos te vul met 'n geskenk vir 'n seun of 'n meisie, wat enigiets van klerasie, boeke en musiek tot speelgoed kon insluit. Hier is van die kinderhuis se kinders met van die geskenke. Onder die plaaslike skole wat dit ondersteun het, is Hoërskool La Rochelle, Hoërskool Bergrivier en Laerskool Courtrai.

 "WAT word van die kinders?" is seker die mees algemene vraag wat Dolf Etsebeth, hoof van die Andrew Murray Kinderhuis op Wellington, gedurende die feesgety moet antwoord.

"Dis met dankbaarheid dat ons seker vanjaar rondom Kersfees net vyf kinders by ons gaan hê, met die ander wat vir ten minste sekere tydperke uitgeplaas kon word na familie of vakansie-ouers."

Dit is egter nie altyd moontlik om al die kinders uit te plaas nie.

Van hulle bly op versoek van hul familie by die kinderhuis, sodat hulle met 'n besoek van hul ouers saam as gesin iets van Kersdag kan geniet.

Daarby is sommige van Murray Kinderhuis se inwoners eenvoudig nog te klein om na vakansie- of naweekouers uitgeplaas te word.

So het die Kinderhuis verlede week twee babas, wat Dolf die "krisiskindertjies van die Kersgety" noem, ingeneem op versoek van maatskaplike werkers.

"Hierdie is van die tye wanneer kinders die meeste verlaat word, of aan geweld en misbruik blootgestel word.

"Eintlik is Kerstyd een van die ongelukkigste tye van die jaar vir sommige kinders," vertel Dolf, wat saam met sy gesin reeds 22 Kersgetye saam met die kinderhuis deurgebring het.

Al is net 'n handjievol van die 160 kinders oor wat in twaalf huiseenhede 'n tuiste vind by die kinderhuis, en al is die minimum personeel van een administratiewe beampte, 'n maatskaplike werker en twee huismoeders vir die seuns en meisies aan diens, mag Huis Andrew Murray nooit sy deure sluit nie.

Die personeel is 24 uur en 365 dae van die jaar aan diens, aangesien die Kinderhuis 'n Plek van Veiligheid is.

"Ons moet enige tyd gereed wees om kinders in nood te kan opneem, al is dit net vir 'n paar dae."

"Die ironie is dat dit nie die kinders se skuld is dat hulle in die kinderhuis opgeneem word nie, maar eerder weens maatskaplike probleme in hul ouerhuis," vertel Dolf.

Hulle word deur die Kinderhof as sorgbehoewend verklaar.

Hy het sy dankbaarheid uitgespreek teenoor almal wat gedurende die afgelope weke Kerspresente onder hul Kersboom kom plaas het, en vir die talle plaaslike skole wat hul Skoendoos Projek so oorweldigend ondersteun het.

Daardeur kon skoolkinders 'n skoendoos vul met 'n geskenk daarin vir 'n dogter of 'n seun.

Dit is hierdie tipe ondersteuning deur die gemeenskap, wat die behoeftes van die kinderhuis oor die jare hul eie gemaak het, asook die ondersteuning van sy beheerraad, wat Dolf en sy personeel die moed gee om volgende jaar aan te pak ten spyte van finansiële swarigheid weens ingekorte subsidies.

Vir meer inligting oor die werksaamhede van die kinderhuis, skakel 873-3834 of besoek www.hamurray.com.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]