safetop
ppostgothic
uitlefstreep

Wednesday 22 December 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 13 January 2005.

Aida
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

Sport


Paarl placed perfectly

[ Top ]


This ensures that Paarl's senior teams remain at the top of the log after sweeping the boards with the opposition over the last three months.

In their Boland Premier League match at the Pen Basson Grounds, the unbeaten Paarl Novel team was disrupted when Wesley Euley received a late call up to play for Western Province/Boland against the Lions in a Standard Bank Cup match at Newlands.

The team rallied magnificently, however, even after a few scares after lunch, to clinch victory by four wickets.

`

THE Paarl Cricket Club closed the first half of the season on a high note on Thursday, with convincing victories against Wellington in the Premier League as well as the Premier Reserve League.

Wellington posted 178/9 in 60 overs after losing opening batsman Stroebel with the third ball of the day.

Bronwyn Williams (56) with four boundaries, was the main contributor until he was beautifully stumped by Bobby Nicholson off the bowling of Faghrie Jacobs (3/25).

The Wellington batsmen were cleverly contained through tight bowling by Anwell Newman (2/22) and Ultalyn Ernstzen, who conceded only 13 runs in 11 overs, to give the log leaders a target of less than three runs per over.

Fine bowling by Jaco Carstens (2/19) and Henko Borman, who impressed with an economical 15 overs, saw the visitors stumbling at 65/4, after leg before wicket decisions against Nicholson and Marco Walters in quick succession.

When captain Lynal Jansen was run out without a run being added shortly afterwards, tension began to mount, but seasoned campaigners Hilton Solomon (54 in 87 balls) and Ultalyn Ernstzen (54 in 89 balls) took the stage for a sixth wicket partnership of 105 runs, to remove any chance of an upset by the home team.

Solomon's four massive sixes and four boundaries took the sting out of the bowlers, but Ernstzen's patient anchor role cannot be over estimated. He faced 30 balls for his first 10 runs, but then accelerated to his half century with a stylish eight boundaries, to show that he should be rated as a genuine allrounder in the Paarl team.

When Solomon was trapped leg before, nine runs short of victory, Wellington achieved the honour of being the first team this season to dismiss the hard hitting middle order batsman.

With this win the team showed that they deserve the three day team-building breakaway early in January, which was approved by the Executive Committee last week.

At the Parys Grounds Paarl's second team was in devastating form, rattling up a massive 317/6 in their alloted 60 overs against Wellington II.

Man of the Match William Wilson, with 181 not out in only 189 balls, entertained the home crowd with six sixes and 23 boundaries, to stake a strong claim for promotion to the first team during the second half of the season.

Wilson went from 100 to 181 in 30 balls in a desperate attempt to reach his double century during an unbeaten seventh wicket partnership of 81 runs with Paul Campbell, effectively putting the match out of reach for the visitors.

He was also involved in an opening partnership of 54 runs with Wayne Williams, and, although Kurt Martin (43) failed to reach his second half century of the season, his 92 run sixth wicket partnership with Wilson was one of the highlights.

Heinrich Daniels (4/71) put Wellington under early pressure, but Jaco Conradie (79 in 39 balls) hit three boundaries and 10 sixes in an attempt to save his team from humiliation.

After his departure Richard Cunningham (3/27) and Rohan Goetham (2/43) restricted the visitors to 149, ensuring that their team's eighth victory of the season is recorded by a massive 168 runs.

Both teams will play at home against Easterns Cricket Club from Kraaifontein on 8 January.


Thomas is Boxing Day Gunsteling

[ Top ]


DIE wenner van verlede lede jaar se 25 Myl Boxing Day wedren, Garth Thomas, is sekerlik een van die groot gunstelinge om vanjaar weer met dié titel weg te ry.

Thomas wat in 2001 die 25 Myl vir die eerste keer gewen het, het die afgelope seisoen in Johannesburg vir die beroepsfietsryspan, Excell, gejaag.

Hoewel hy hoofsaaklik daar in padwedrenne deelgeneem het, sal die ervaring wat hy opgedoen het, hom 'n gedugte teenstander maak by vanjaar se Boxing Day byeenkoms.

Thomas sal egter ewe groot teenstand kry van sy Excell-spanmaat, Nolan Hoffman, en Rhadsport-ryer, Ashley Kulsen. Albei die ryers was verlede jaar onderskeidelik tweede en derde in die 25 Myl, met Hoffman wat die wenstreep slegs 'n halwe wielbreedte agter Thomas oorgesteek het.

Ivanhoe Siebrits (Rhadsport), die Matie Leonardo van Olsen, Chris Willemse en die Kaapse ryers van CVT sal oudergewoonte ook 'n groot bedreiging inhou vir dié plaaslike aanspraakmakers.

In die veterane-afdeling is die City Cycles-ryers, Willie Newman en John Moss, die twee ryers om dop te hou.

Ander fietsryers wat ook die toeskouers met aanskoulike fietsry sal trakteer is Rèniell Matthysen, Reginald Benjamin, Bertram Siebrits en Magdalene Nicholson.

Die byeenkoms sal vanjaar nie op 26 Desember plaasvind nie aangesien dit op 'n Sondag val, maar wel op Maandag 27 Desember.

Die byeenkoms begin om 14:00 en hekke open om 12:30.

Kaartjies is R10 vir die hoofpawiljoen en R5 vir die walle.


Mixed success for Sundowns early on

[ Top ]


THE soccer club of Mbekweni Sundowns, national winner of the Castle League for 2004, have started their season in the stronger Vodacom League with mixed success.

Sundowns have thus far played 13 games, winning five, drawing two and losing six. The team is however positive that they will give good account of themselves in the remainder of the season.

On 7 December Sundowns played a friendly match against a team from the Drakenstein Correctional Services as part of the 10 years of democracy celebrations. The Mbekweni team won the match 1-0.

In their last two matches of the year Sundowns took on Premier United, winning 4-2 while drawing 1-1 against Sea Point Swifts, with captain Fiphelo Skafu scoring the goal.

The club wishes to thank all its supporters and those who helped with donations this passed season - Alley's Panel Beaters, Paarl Exhaust, Sasko and Max Super Market. The club also thanks Lady Grey Fisheries and Dennis Minitzer of Omnicars for their continued sponsorship of the club.


Kavaliers honger vir sterk spanne

[ Top ]


DIE sukses wat die Boland Kavaliers oor die afgelope twee seisoene behaal het, het dié Wellingtonse rugbyspan oorgehaal gelaat om volgende jaar hul stempel in die uitgebreide provinsiale arena af te druk.

Met die krag-teen-krag konsep wat vanaf volgende jaar nie meer van toepassing is nie, sal al 14 provinsies weer teen mekaar te staan kom in beide die Vodacom en Curriebeker kompetisies.

Boland het vanjaar vir die tweede agtereenvolgende keer die eerste ligakompetisie van die Curriebeker gewen en was ook vroeër vanjaar die wenners van die Vodacom-Skildkompetisie.

"Vir die groter (rugby)unies is dit seker 'n beslommernis om teen ons te speel, maar vir ons is dit 'n groot uitdaging. Die spelers wil sien hoe vaar hulle teen die groter spanne," het die Boland-breier, Hawies Fourie, verlede week gesê.

Die Kavaliers het verlede Dinsdag hul laaste oefening vir die jaar gehad. Tydens dié ses weke is daar hoofsaaklik na kragwerk, balvaardigheid en fiksheid gekyk.

"Elkeen van die spelers het sy eie program wat hy nou moet volg totdat ons weer op 10 Januarie begin oefen," sê Fourie.

Die Kavaliers speel al op 29 Januarie in hul eerste wedstryd, 'n vriendskaplike kragmeting teen die Stormers waarskynlik op Wellington.

Die meeste name wat vanjaar op Fourie is inkopielys was, is dié van agterspelers.

"Ons het verlede seisoen op die aankoop van voorspelers gefokus, maar met 'n harde seisoen wat voorlê en sommige van my agterspelers nie beskikbaar sal wees nie, soos Jongikhaya Nokwe wat seker vir die Stormers sal speel en Ryno Benjamin wat 'n kontrak by die Sewes-Bokke het, wou ek verseker dat ek genoeg diepte in die agterlyn het."

Onder die nuwe gesigte in die span is Basil de Doncker (senter) en Francois Prinsloo (agsteman) albei van die OP Olifante, Enrico Swartz (senter/vleuel, Sharks) en die oud-Ceresiet, Gavin September (vleuel), wat die afgelope paar seisoene vir die Blou Bulle gespeel het.

Plaaslike spelers wat ook kontrakte aangebied is, is Louw Schabort (heelagter, Wellington Rugbyklub), Boela du Plessis (vaskop, Wellington), Claude Arendse (senter, Roses United), en Maurice Reid (agsteman, St Helenabaai).

Neil Papier wat wel voorheen, maar nie vanjaar by die Kavaliers gekontrakteer was nie, is ook volgende jaar weer op die Unie se boeke.

Cassie Carstens, Michael Noemdoe en Malan du Plessis is nie weer kontrakte aangebied nie, terwyl Vion Wium sy stewels opgehang het.

Dit blitsige vleuel, Alshaun Bock, het besluit om die Boland vir Kimberley te verrruil en sal volgende jaar vir die Griekwas uitdraf.

Fourie self se kontrak is tot en met 2008 verleng en die voormalige afrigter van Ceres het ook vandeesweek na Wellington verhuis.

Hawies is nietemin vol vertroue vir die komende seisoen.

"Ons is in die moeiliker afdeling vir die Curriebeker en moet teen die Sharks, Leeus, Blou Bulle, SWD, OP en die Valke speel. Ons mik egter eers om in die Top Agt te kom, wat beteken dat ons minstens vierde in die groep moet eindig en drie van ons ses wedstryde moet wen.

"Die uitdaging is groot, maar die spelers is lus daarvoor."


Peoples verniel Worcester

[ Top ]


DIE rekordboeke is herskryf toe Young Peoples Krieketklub se eerste span Donderdag vir Worcester United op Worcester met nege paaltjies geklop het.

Die wedstryd is 'n halfuur later begin weens 'n klammerige kolfblad en nadat Peoples die loot wen, stuur hulle die tuisspan in om te kolf.

Worcester word vir 'n rekord laagste telling van 42 uitgeboul, met Henley Julies (5/18) en Deon Smith (5/14) wat die skade aanrig.

Die besoekers haal die teiken met slegs een paaltjie plat, met Quinton Kannemeyer (22 nun) wat die meeste lopies kry.

Die sege besorg die Tiere tans 'n plek onder die top agt posisies van die Boland Premierliga.

Op Daljosafat Stadion het Peoples se tweede span ook min moeite ondervind om met Worcester United se tweede span af te reken.

Die jong Imraan Nackerdien (55) het Young Peoples gehelp om gemaklik die teiken van 165 te bereik.

Peoples se volgende wedstryd is op 8 Januarie teen Paarl-Oos I (weg) en II (tuis).


Hope fietsry aksie te sien by Nuwejaarsbyeenkoms

[ Top ]


FIETSRYERS in die Paarl begin die nuwejaar met die speke al singende wanneer die Yorkshire Fietsryklub sy tradisionele Nuwejaarsbyeenkoms op Faurestraat Stadion aanbied.

Die byeenkoms begin om 14:00 en verskeie wedrenne vir elke kategorie is op die spyskaart, met die hoofgereg die 25km wedren.

Ontwikkelingsryers sal ook die kans kry om voor 'n groot skare te wys wat daar in hul steek.

Deelnemers sal beslis hul alles gee vir glorie in die verwagte Paarlse hitte om te deel in die minimum van R5000 prysgeld wat op die spel is.

Die insluiting van die Paarl ryers - Magdalene Nicholson (Yorkshire), Reginald Benjamin, Ivanhoe Siebrits, Bertram Siebrits (aldrie Rhadsport) en Rèniell Matthysen (Paarl Fietsry) - in die SA span wat in Januarie aan die Jeug Spele in Australië gaan deelneem, is illustrerend van die Paarl se bydrae tot bevordering van Suid-Afrikaanse fietsry.

"Dit is juis om dié rede dat ons ons jaers die nodige kompetisie moet bied en hul moet blootstel aan hoë profiel byeenkomste en wedrenne," sê Ian Goetham, organiseerder van Yorkshire.

Goetham voeg by dat die sukses van die afgelope baanontwikkelingsbyeenkomste wat die klub ook aangebied het, getuig van die belangstelling van nuwe ryers om by die sport betrokke te raak.

Skoliere word ook aangemoedig om vir die drie ontwikkelingswedrenne in te skryf wat tydens die Nuwejaarsbyeenkoms aangebied sal word.

Die deelname van Garth Thomas en Nolan Hoffmann, twee Paarliete wat vir die Excell beroepspan ry, en tans met vakansie in die Paarl is, beloof ook om vir groot opwinding te sorg. Dit sal ook interessant wees om te sien hoe die plaaslike ryers teen dié ervare manne vaar.

Die byeenkoms begin om 14:00, die hekke open reeds om 12:30 en toegang is R5 (R2 vir kinders). Lesers kan 'n komplimentêre kaartjie losslaan deur vir Kevin Green Sport by 872-3193 te skakel.

Vir meer inligting oor die byeenkoms, skakel Ian by 083-949-4501/862-5670.


Hermanus gee Paarl-Oos op hul herrie

[ Top ]


MET verkeerde besluite en ongedissiplineerde kolfwerk het Paarl-Oos Donderdag hulself in die voet geskiet teen Hermanus.

Op Hermanus het Paarl-Oos die loot gewen en verkeerdelik die tuisspan ingestuur om te kolf op 'n blad wat vroegoggend kolwer-vriendelik is.

Hermanus moker 239 met die tiende paaltjie wat in die laaste beurt kantel.

Nie eers 'n driekuns deur Elroy Abrahams (4/38 in 8bb) kon die Hermanus-kolforde van stryk bring nie. Abrahams het paaltjiewagter, Manfred de Kock, ná die wedstryd sekerlik met meer as net een bier bedank, nadat hy verantwoordelik was vir die val van aldrie paaltjies.

De Kock het eers vir M Robey van Abrahams se draaiboulwerk gevang, voordat die bouler vir F Forde en S Brookes ver genoeg uit die kolfkampie gelok het sodat De Kock hul kon stonk.

Zyno Fredericks (3/85 in 15bb) was die ander bouler wat paaltjies gekry het.

Paarl-Oos het aanvanklik stadig begin met die kolf, maar teen die agste beurt die tempo begin optel.

Ondeurdagte kolfwerk, met spelers wat almal groot houe wou slaan, het die Paarliete egter hul paaltjies gekos. Paarl-Oos kry slegs 148/10 in die 52ste beurt.

Hermanus se draaibalbouler, Wayne Truter (8/44 in 15bb), het amok gemaak onder die kolwers.

De Kock (30 4x2), Jacky Daniels (27 4x1), Fredericks (19 4x3) en Craig Abrahams (19 4x1, 6x2) was al kolwers wat lopies gekry het.

Op New Orleans het Paarl-Oos II egter baie beter vertoon teen Hermanus II.

Paarl-Oos moker 'n goeie 311 voordat die laaste paaltjie in die 60ste beurt platgetrek word.

Werner Erasmus (129 4x19) het die bal na alkante van die veld gemoker, terwyl Randall George (66 4x8, 6x1) en Enrico Davy (20 4x4) ook waardevolle beurte gespeel het.

Die besoekers se kolwers is almal terug in die kleedkamer met slegs 195 op die bord.

Brendon van Schoor (3/36 in 9bb) en Davy (2/10 in 3bb) het goed geboul.

Paarl-Oos speel op 8 Januarie teen Young Peoples. Die eerste spanne pak mekaar op New Orleans en die tweede spanne speel op Daljosafat.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]