safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 23 January 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 30 January 2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

 Letters - Briewe


Ramptrein was nié wil van God gewees nie

[ Top ]


GEDURENDE die week van die treinramp was die sinsnede "God Praat" tot vervelens toe oor Radio KC deur inbellers gebruik. Tot my spyt het baie geestelike leiers ook hierdie refrein triomfantlik aangehaal, om die gemeenskap op aandag te laat staan.

Die indruk wat geskep was, is dat God al te graag rampe gebruik om met 'n gemeenskap of sy volk te praat. Ek wil my persoonlik van hierdie tipe wekroep distansieer.

Indien dit nou wel God se manier van "praat" sou wees, beteken dit dat ons gemeenskap nou eers weer vir God duidelik sal hoor praat wanneer die volgende ramp ons byvoorbeeld na tien jaar sou tref.

Met die ramp wat vir Lasarus en sy familie getref het (Johannes 11: 1-44), het God met die gemeenskap van daardie tyd gepraat deur die dooie lewendig te maak.

Ek sou slegs vir God in hierdie treinramp hoor praat het, as dit sou gebeur dat hy die tien oorledenes lewendig sou gemaak het. Watter vreugde sou dit nie vir ons bedroefde families gewees het nie?

God is liefde en derhalwe praat Hy uit 'n basis van liefde om ons na Hom toe oor te win. Van die begin van die eeue af kommunikeer Hy Sy wil, natuur en karakter in die vorm van liefde en troos. Sodoende win Hy ons om Sy seuns en dogters te word.

Kom ons kweek 'n gemeenskap wat vir God elke dag en in die alledaagse dinge herken. Sy bestaan en Almag besef sonder om krisis gedrewe bewus te word van sy bestaan en ingryping.

God praat en soek ons aandag deur dinge soos die pragtige natuur, 'n mooi glimlag en ja, deur Sy Woord.

Ten slotte wil ek wel glo dat sekere dinge uit 'n ramptoneel met ons praat, soos: menslike faktore, meganiese faktore of die toelaatbare wil van God.

Ek sal menslike of meganiese faktor as oorsaak aangee vir die ramp in plaas van die toorn van God om ons aandag te kry.

Past FC Vers


Persone doen besigheid onder vals naam

[ Top ]


DAAR is mense wat met motors in ons woonbuurte rondry en goud kollekteer, wat onwettig is, en aanvoer dat hulle van Cash 4 Gold is.

Ek, as eienaar, dra geensins kennis hiervan nie en volgens my kennis is dit onwettig. Ek weet dat 'n lisensie uitgereik word om besigheid te bedryf op die perseel wat op jou lisensie verskyn. Daarom is dit onwettig om rond te ry en goud te kollekteer.

Die voorwaardes van die lisensie is om 'n register te hou van die goedere wat jy inkoop en dit te hou in 'n kluis vir sewe dae. Indien dit nie binne sewe dae opgeëis word nie, kan dit dan die eiendom van die besigheid word.

Die persone wat so rondry, maak dit moontlik vir die skelms om gou ontslae te raak van die gesteelde goedere. Hulle betaal die mense ook baie minder as wat hulle regtig moet kry.

Behalwe ons is daar nog ander besighede in ons dorp wat ook lisensies het om in te koop en dis onregverdig teenoor ons.

Ons moet maandeliks belasting betaal aan die Streekdiensteraad en die ontvanger.

Ons moet huur, water, ligte, salarisse, ensovoorts betaal. Hulle betaal niks van bogenoemde nie en hulle loop ons mense nog in ook.

Grant Johnson


Polisie moet geprys word vir puik diens

[ Top ]


GRAAG wil ek hiermee my opregte dank en waardering aan lede van die Wellington SAPD rig nadat ek op 'n onverklaarbare wyse my beursie verloor het.

Nadat ek my klerekaste en vertrekke seker tien keer gestroop het op soek na my beursie en ook alreeds navraag gedoen het vir heraansoek van my bestuurderslisensie, bankkaarte en ID dokument, kry ek 'n telefoonoproep van wie ek dit die minste verwag het - die Wellington SAPD, om my in te lig dat my verlore beursie by die aanklagkantoor is en dat ek dit kan kom afhaal.

My opregte dank aan konstabel André Smit wat my gekontak het, aan insp Solly Barends wat die beursie opgetel het, asook konst Heiny Pietersen wat dit by die aanklagkantoor ingehandig het.

Ten spyte van so baie negatiewe kritiek, stres en lae moraliteit van so baie manne in blou, is daar nog diegene wat daai ekstra myl sal loop om 'n professionele diens te lewer.

Aan hierdie polisiemanne, dankie vir 'n knap stukkie werk.

Ook aan jul eggenote en families, 'n geseënde 2003 en mag julle die vrede van Ons Meester in jul lewens ervaar en dit in jul werk weerspieël word.

GJ Mintoor, Wellington


Waarskuwing aan ouers

[ Top ]


OUERS, moenie dink julle kinders is saans veilig in die Paarl se middedorp nie.

My 17-jarige seun het elfuur Saterdagaand 11 Januarie op die sypaadjie voor CNA in Lady Greystraat gestap om vir hom 'n hamburger te gaan koop, toe hy deur vyf mans aangeval is.

'n Motor het langs hom stilgehou, drie mans het uitgespring en hom in die motor getrek.

Hy is tot op sy onderklere uitgetrek, van sy klere, horlosie en ketting beroof en is erg aangerand voordat hy bokant Paarl-Oos tussen plase afgelaai is.

My kind moes half-kaal by 'n boer om hulp aanklop.

Bekommerde pa


Hoekom mors hulle so?

[ Top ]


EK het Vrydagoggend 15 November gestap agter Shoprite Paarl. Daar het 'n groot bus gestaan met kinders en tot my verbasing moes ons sien hoe hulle piesangskille en sakke by die vensters uitgooi word.

Waar was die onderwyseres dan? Nie tien treë verder nie het die vullisdromme gestaan.

Word hulle dan nie geleer om nie so te mors nie? Nou word gevra mense moet die dorp skoonmaak. In sulke gevalle moet hul beboet word.

Inwoner van Paarl


Dankie aan barmhartige Samaritaan

[ Top ]


EK wil net graag die onbekende man bedank wat my bygestaan het toe ek Sondag 12 Januarie by 'n groentewinkel in Bergrivier Boulevard, Paarl geval het.

Ek het op die gladde opgang gegly en die man was baie behulpsaam. Hy het my opgehelp en gehelp waar hy kan, waarvoor ek hom ewig dankbaar sal wees.

S Samuels


Redaksioneel:

Slangdans help niemand

[ Top ]


'n SLANG in die gras kan dodelik wees, soos hondeliefhebbers in die Vallei vanjaar tot hul hartseer besef het.

Daar is egter 'n ander geritsel wat nie soos die familie se troeteldier begrawe kan word nie, 'n klip wat nog lang jare kringe in die poel sal maak.

Dit is die probleem met die akkommodasie vir leerders wat gretig gereed staan om hul hoërskoolloopbane te begin.

Dit gaan nie net om die teleurstelling wanneer daar nie toegang tot die skool van jou keuse is nie.

Nee, dit gaan hier om die gespartel om jou enigsins voor te berei op 'n belese toekoms omdat daar net eenvoudig nie 'n oop sitplek vir jou in 'n klaskamer naby genoeg aan jou woning is nie.

Dis net so verlammend erg soos die doodspik van 'n kobra.

Daar is ouers wat kan slange vang oor die toestand en meen die beplanners behoort darem vooruit te dink.

Die ouers kan met reg oor die jarelange probleem sê, as dit 'n slang was, het hy jou lankal gepik.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za